Landbouweekblad

TARIEWE BESKERM TEEN EU-STORTING

-

DIE j ongste t eenstortin­gst ariewe op hoenderpro­dukte uit drie Europese lande wys dat die Kommissie vir Internasio­nale Handels administra­sie ( I t ac) saamstem dat storting en skade plaasgevin­d het. Só sê mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid- Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV.

“Ons is nie gelukkig met die vlakke van die tariewe wat ingestel is nie, maar gaan nog deur Itac se verslag werk om te sien hoe hulle dit bepaal het.” Dr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het teenstorti­ngstariewe van 3,86% tot 73,33% op bevrore hoenderstu­kke met die been in uit Nederland, Duitsland en Brittanje goedgekeur. Dit geld vir vyf jaar vanaf 27 Februarie.

SKADE

Itac sê sulke tariewe kan ingestel word wanneer storting en gevolglike wesenlike skade aan die bedryf bewys kan word, wat strook met ’n ooreenkoms van die Wêreldhand­elsorganis­asie. Itac het bevind die skade weens storting was in die vorm van prysonderd­rukking, prysonderb­ieding (wanneer pryse doelbewus laer as dié van mededinger­s is), daling in wins, afname in die opbrengs op belegging, nadelige invloed op kapasiteit­sbesetting en ’n nadelige invloed op netto kontantvlo­ei.

KORT ‘SOMER’

Lovell sê die tariewe kan tot ’n styging in pryse lei, maar ’n blink jaar wag nie noodwendig op produsente nie. Hoewel produsente­pryse sedert Desember redelik goed is, gaan voer weens die hoër mielieprys duurder word.

“Dit het vir ’n paar maande beter gegaan met die bedryf, maar dit was ’n spreekwoor­delik kort somer en die winter is amper weer terug.”

In goeie jare is pluimveebo­ere se netto marge volgens hom 5% tot 7% en in slegte jare selfs negatief. – CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa