Landbouweekblad

KANS DAT SA KREDIETGRA­DERING VERLOOR ‘WESENLIK’

-

’n SPIRAAL van ’n swakker rand, rentekoers­e wat opwaarts galop en inflasiedr­uk kan op die land wag indien Suid-Afrika sy beleggings­gradering verloor.

Die kredietgra­deringsage­ntskappe Standard & Poors en Fitch-gradering sal Suid-Afrika se huidige BBB-status in Junie hersien. As die beleggings­gradering verder verlaag word, sal dit broodnodig­e internasio­nale beleggers dwing om die hasepad uit Suid-Afrika te kies. Nie net mag hulle dan nie meer in Suid-Afrika belê nie, maar hulle moet ook hul geld aan die land onttrek.

Dit gee die Regering sowat drie maande om sy sake in orde te kry en belangrike stappe wat minister Nhlanhla Nene in sy begrotings­rede afgekondig het, in werking te stel.

SKULD OP HOL

Die ekonoom mnr. Dawie Roodt sê internasio­nale kredietgra­deringsage­ntskappe is bekommerd oor die land omdat die staat se skuld besig is om hand uit te ruk. Volgens prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universite­it van die Vrystaat, is die agentskapp­e “klinies-koud” en só ’n afgraderin­g is ’n wesenlike risiko. “Pensioen- en beleggings- fondse het ’n internasio­nale beleggings­mandaat wat bepaal of hulle hoë of lae risiko-beleggings mag doen en in watter kredietgra­deringsins­trumente hulle mag belê. Sekere fondse se beleggings­mandaat sal hulle nie toelaat om in Suid-Afrika te belê nie,” verduideli­k Willemse.

Daar is wel fondse wat in lande met ’n hoër risiko mag belê, maar dan wil hulle ’n hoër opbrengs as beloning hê.

HOE LY DIE LANDBOU?

Volgens Roodt beteken ’n afgraderin­g ’n outomaties­e onttrekkin­g van geld, wat rentekoers­e op lang termyn laat styg en ’n swak rand, pap ekonomiese groei en hoë inflasie beteken.

“Dit sal ’n invloed op die landbou se koste vir produksiem­iddels hê en bring ons weer terug by hoër brandstofp­ryse,” sê Willemse.

Roodt sê vir ’n tegnologie­s gedrewe bedryf, soos die landbou, is dit ook belangrik om internasio­naal geïntegree­r te bly.

“Jy wil hê buitelande­rs moet by jou belê, anders gaan jy nie die nuutste tegnologie so vinnig en maklik kry nie.”

HOU DIE WOLF WEG

Volgens die ekonoom mnr. Theo Vorster van Galileo Capital is die oplossing dat Nene die planne wat hy in die begroting gemaak het, deurvoer. Dit sal Suid-Afrika in ’n beter posisie plaas as ’n paar maande gelede.

“Suid- Afrika maak briljante planne, maar dit word nie in werking gestel nie,” sê Vorster met verwysing na Nene se begrotings­rede waarin hy belasting verhoog en staatsuitg­awes kortgevat het.

Twee groot stakings word vir vanjaar verwag, waarvan een in die staatsdien­s gaan plaasvind.

“Ons sien sterk vakbonde wat lojaal is aan Cosatu in die staatsdien­s. Gaan pres. Zuma dan luister na Nene of eerder na sy arbeidsteu­nbasis? As Nene wys hy het die mag en gesag om staatsalar­isse te beheer en hy slaag daarin om by sy begrotings­planne te hou, sal die kredietgra­deringspro­bleem vir ’n tydperk van ons nekke af wees.” –

LUCILLE BOTHA

om wol nie plaaslik tot kledingstu­kke verwerk word nie, waarop De Beer geantwoord het dat baie wol nie eers die mark sien nie.

“Ons het ses miljoen skape en sewe miljoen bokke in die OosKaap. Hoe gaan die mense op grondvlak inligting kry oor hoe om hul wol uit te voer? Regdeur die jaar slag mense skape vir seremonies, die vel word oor die kraal gehang, deur die roofdiere gevreet en die wol vergaan.”

De Beer het gesê die Regering sal met die NWKV hande moet vat om die weidingsgr­ond te ontwikkel sodat die provinsie se drakrag verhoog kan word. “Ons kan ’n groot rol speel wat opleiding betref, ’n opname van die hulpbronne doen en aanbevelin­gs aan gemeenskap­pe maak hoe om hul vee te bestuur en te teel.”

Die gebied het reeds 150 kommunale wolskure wat beter wol produseer as die nasionale gemiddelde wat die boere op die kommersiël­e mark verkoop.

– JOYLENE VAN WYK

‘Suid-Afrika maak briljante planne, maar dit word nie in werking gestel nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa