’NET ELITE VIND BAAT BY HERVORMING’
DIE buit van voordele uit Suid- Afrika se grondhervormingsprogram deur elitegroepe neem verstommende afmetings aan, het prof. Ben Cousins van die instituut vir armoede-, gronden agrariese studies ( Plaas) aan die Universiteit van WesKaapland by die bekendstelling van die boek Land divided, Land restored gesê.
Die boek besin oor die betekenis van grondbesit, stel nuwe vrae en soek nuwe antwoorde. Cousins stel dit onomwonde dat die land nuwe maniere sal moet vind om grondhervorming aan te pak sodat die regte mense daarby baat vind. Hy en navorsers by Plaas is die afgelope 20 jaar besig om grond- en landboubeleid te ontleed en het altyd van die veronderstelling uitgegaan dat die Suid-Afrikaanse staat “goedhartig, maar dikwels dwaas” is. Wat nou besig is om te gebeur, is “bisar en buitengewoon” en vereis dat daar anders oor dié kwessies gedink moet word.
Hy sê as ’ n mens kyk na die heropening van die restitusieproses, is dit duidelik dat dit nie meer oor grond gaan nie, maar oor die bevoordeling van swart en wit elitegroepe, en dat die manier waarop grondhervorming gehanteer word, ’n aanduiding gee van wat besig is om in die samelewing te gebeur.
“Die nuwe restitusieplanne gaan waarskynlik net die tradisionele leiers bevoordeel. Die meeste mense gaan tien teen een kontant wil hê, want ons het ’n kontant-Regering, terwyl tradisionele rade grond gaan eis.”
Eweneens is dit net mediumen groot, swart boere wat ná dekades eiendomsreg kan kry op grond wat hulle van die staat huur volgens die beleid op die huur van st aatsgrond wat in 2013 bekend gemaak is.
“Dit is ’ n beleid met vele administratiewe vereistes wat in werklikheid armes uitsluit van die voordele van herverdeling. Dit is daarop gemik om ’n klein, ontluikende klas kapitaliste te bevorder, al word dit nie baie goed gedoen nie.”
Volgens Cousins is ander bevoordeeldes van die grondhervormingsbeleid wit boere en wit ondernemings wat die begunstigdes as mentors en vennote moet hê om vir finansiering in aanmerking te kom. “Die bevoordeeldes is baie omgekrap daaroor, maar dit is wat in herverdeling aangaan. In die naam van die armes word groot bedrae geld weggelei na ’n klein groepie mense.”
Cousins sê hulle het nou met die Regering saamgewerk in die eerste vyf jaar ná 1994. Dinge het vyandiger geword in die Mbeki- era, maar sedert pres. Jacob Zuma aan bewind gekom en mnr. Gugile Nkwinti Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming geword het, word grondhervorming baie vreemd gehanteer. “Die staat het ’n voertuig vir ’n ontluikende, swart, kapitalistiese klas geword en die vyand van landelike inwoners. Die mense is erg uitgesproke daaroor.”
Volgens Cousins is mense in die landelike gebiede besig om oor die grondkwessie te mobiliseer. Dié beweging moet gesien word in die lig daarvan dat hulle nie deur ’n staat verteenwoordig word nie, net soos in die vorige bedeling. Vir hom lyk dit na ’n nuwe vorm van klaspolitiek.
Cousins s ê akademici en navorsers moet lewensvatbare alternatiewe voorstel, maar meen dit sal ’n mors van tyd wees om met sulke voorstelle na die Regering te gaan. “Hy stel nie regtig belang nie. Ons het die afgelope tien jaar probeer om met die Regering in gesprek te tree, maar hy is net eenvoudig nie geinteresseerd nie. Ons moet met die mense in die landelike gebiede kommunikeer.”
Uiteindelik sal die politiek rondom die ongelyke verdeling van grond nie weggaan nie. “Tensy ons dit takel, gaan dit ’ n las op ons plaas, soos in Zimbabwe. Die kwessie is ook baie nuttig vir politici binne en buite die Regering. Die enigste manier om die kwessie uit die weg te ruim, is om groot stukke grond na swart mense te herverdeel.
“Voor ons dit doen, moet ons weet ‘aan wie’, ‘waar’ en ‘waarvoor’. Ons moet ook in gedagte hou dat die land se bevolking vinnig besig is om te verstedelik en desperaat werk nodig het.”
Een van die groepe wat vir ondersteuning uitgesonder moet word, is ’n klas klein landbouers wat groter kan word, maar ook die risiko loop om uit te val en gedwing kan word om vir iemand anders te gaan werk.
Hy noem die proses “akkumulasie van onder” en sê dat dit groot getalle boere kan insluit. “In die proses kies jy nie die wenners vooruit nie; jy ondersteun mense om in die landbou te belê en met grootskaalse kommersiële boere mee te ding.”
Cousins erken dat ’n aansienlik bekwamer Regering as die huidige een nodig is om die proses te laat werk. Andersins dink hy nie dit is so ingewikkeld nie. Waar die wil van die staat ontbreek, moet die druk kom van ’n alliansie van landelike en stedelike mense en sake-ondernemings – ’n gedagte wat volgens hom nie té vergesog is nie.
Die sosioloë prof. Ben Cousins en Cherryl Walker het pas ’n boek oor die geskiedenis en betekenis van grondbesit in Suid-Afrika bekend gestel:
was by die bekendstelling in
Kaapstad. ‘Die staat het ’n voertuig vir ’n ontluikende, swart, kapitalistiese klas geword en die vyand van landelike inwoners.’