Landbouweekblad

Agbiz, banke sit geldplan op tafel

-

BANKE en landbou- ondernemin­gs sal grondhervo­rming op ’ n kommersiël­e grondslag finansier mits kommersiël­e boere betrokke is en die Regering ook geld voorsien.

Die landbousak­ekamer Agbiz en die Bankvereni­ging van Suid-Afrika (Basa) het in ’n voorleggin­g aan mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondsake, hul voorstel vir finansieri­ng uiteengesi­t. Daarvolgen­s moet die Regering jaarliks minstens R1 miljard voorsien en die banke en landboubes­igheid sal dienooreen­komstig bydra, sê dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van Agbiz.

KOMITEE

Agbiz en Basa stel voor dat ’ n komitee, met verteenwoo­rdigers van Agbiz, Basa en die Regering, besluit oor staatstoek­ennings vir die koop van grond.

Besluite moet vinnig geneem kan word en geld moet sonder vertraging beskikbaar gestel kan word. Die finansieri­ng vir bedryfskap­itaal moet dan op die gewone manier by finansiële in- stellings verkry word.

Purchase s ê kommersiël­e uitleners het streng goedkeurin­gsprosesse wat die Regering gerus behoort te stel dat slegs haalbare hervorming­sprojekte goedgekeur sal word. Verder kan die Regering ook gerus wees dat uitleners se eie waardeerde­rs sal sorg dat markwaarde betaal word. Hy sê Agbiz- en Basa-lede beskou nie die voorstel as die oplossing vir alle hervorming­sprobleme nie, maar dit is spesifiek bedoel vir die model in die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan, waarvolgen­s 20% van landbougro­nd in ’n omgewing deur ’n distriksgr­ondkomitee vir hervorming geïdentifi­seer word en waarby kommersiël­e boere betrokke kan raak.

KOMMERSIËL­E BOERE

Purchase sê aansporing­smaatreëls om kommersiël­e boere betrokke te kry, kan kwytskeldi­ng van verdere verpligtin­ge t ot grondhervo­rming insluit, asook om punte vir hul telkaarte vir swart ekonomiese bemagtigin­g te verdien. – CARIEN KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa