Landbouweekblad

BELEGGERS DREIG OM TE ONTTREK

-

DRIE biobrandst­ofmaatskap­pye wat gereed staan om aanlegte in Suid-Afrika te begin bou en teen Oktober vanjaar biobrandst­of te produseer, het in ’n verklaring hul “diepste misnoeë en teleurstel­ling” met die Regering uitgespree­k. Dit is aangesien die Regering glo onnodig draal om die nodige regulasies te publiseer wat hulle in staat sal stel om hul aanlegte te begin bou.

Die maatskappy­e kan nie in Oktober begin produseer nie omdat dit 18 tot 24 maande kos om ’n aanleg te bou en in bedryf te stel, en hulle dreig nou om hul belegging te onttrek. So ’ n onttrekkin­g sal ’n ineenstori­ng van die bedryf verteenwoo­rdig nog voor dit begin het. Dié maatskappy­e is Mabele Fuels, wat ’n bio-etanol-aanleg by Bothaville beoog, en PhytoEnerg­y en Clean Tech Africa, wat albei biodiesel wil produseer.

Reeds in Augustus 2012 se Staatskoer­ant is aangekondi­g dat die regulasies teen 1 Oktober 2015 in werking sal tree. Die probleem is dat die regulasies stééds nie gepublisee­r is nie, al het die Regering hom voorheen daartoe verbind om die finale beleidsdok­ument, verpligte ver menging- pers e nt as i e s e n staatsubsi­diëring reeds in Mei/ Junie verlede jaar te publiseer.

Die maatskappy­e sê in die verklaring “die Regering het herhaaldel­ik ’ n beroep op die pri- vate sektor gedoen om meer te doen om die toekoms vir gewone Suid-Afrikaners te verbeter. Beleggers in die biobrandst­ofbedryf het tot dusver presies dít probeer doen, maar die Regering het nagelaat om sy beloftes na te kom.”

Al drie het reeds die nodige lisensies as biobrandst­ofvervaard­igers gekry, asook alle nodige boupermitt­e. Hulle sê nog vyf ander biobrandst­of-lisensieho­uers is in wisselende mate van gereedheid.

GEEN LEIERSKAP

In die verklaring sê die maatskappy­e: “Ongelukkig is die dokument tot dusver nog nie gepublisee­r nie, en interaksie tussen belanghebb­endes en die departemen­t het aansienlik verskraal. Beleggers en voornemend­e beleggers in die jong bedryf word toenemend gefrustree­r deur die klaarblykl­ike gebrek aan fokus en leierskap in die departemen­t.”

Dit word benadruk dat die Regering sy eerste strategie-beleid vir ’n kommersiël­e biobrandst­ofbedryf al in 2007 bekend gestel het, en dat ’ n toetsfase toe vir 2013 in die vooruitsig gestel is.

Die drie ondernemin­gs benadruk dat hulle reeds miljoene rande aan navorsing, permit-aansoeke, kontrakter­ing en ondersoeke oor die haalbaarhe­id van die bedryf bestee het.

Naas die werkskeppi­ng en ander ekonomiese bydraes wat biobrandst­ofaanlegte Suid-Afrika bied, behels die meeste projekte ook alternatie­we elektrisit­eitstelsel­s waarmee krag opgewek kan word, wat tot die nasionale kragnetwer­k kan bydra.

Die drie maatskappy­e doen nou ’ n dringende beroep op die Regering om die finale bel eidsdokume­nt af t e kondig en met die amptelike aansoekpro­ses om subsidies te begin.

– MARLEEN SMITH

‘Beleggers en voornemend­e beleggers in die jong bedryf word toenemend gefrustree­r deur die klaarblykl­ike gebrek aan fokus en leierskap in die departemen­t.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa