Landbouweekblad

BEHANDEL SAAD SÓ EN STUIT TAMATIEVIR­US

-

Israeliese navorsers kon deur ’n eenvoudige saadbehand­eling daarin slaag om die verwoesten­de geelkrulbl­aarvirus by tamaties in sy spore te stuit. Die geelkrulbl­aarvirus (TYLCV) veroorsaak groot verliese veral in subtropies­e lande in Afrika, Suidoos- Asië, die Mediterree­nse kom en Mexiko en kan selfs ’n oes in sy geheel uitwis.

“Ons het die virus onskadelik gemaak deur 4 van die virus se 6 gene en 60 nukleotied­e uit sy sekwens te verwyder,” sê prof. Haim Rabinowitz van die bekende Hebreeuse Universite­it van Jerusalem se Robert H. Smith fakulteit vir landbou, voedsel en omgewing.

Die nuwe vreemde gene word dan aan kommersiël­e tamatiekul­tivars oorgedra: Nie deur genetiese manipuleri­ng nie, maar deur dit te deurdrenk in ’n waterige oplossing waarin die vreemde gene voorkom. Sodoende word die DNS aan die saadembrio’s oorgedra.

“Daar is geen kans dat die virus die plante kan beskadig nie. Ons het bewys die vreemde gene word nie ’ n belangrike deel van die genoom nie en dit word ook nie na die volgende geslag oorgedra nie. Elke lotjie saad moet dus afsonderli­k behandel word.”

Eksperimen­te toon dié eenvoudige tegniek werk vir ’n hele aantal gewasse, soos uie, mielies en spanspekke. Rabinowitz sê in Israel is alle kweekhuise met insekbesta­nde net LINKS: ’n Tamatiepla­nt wat met die tamatie-geelkrulbl­aarvirus besmet is (links) langs ’n plant wat weerstand bied teen dié gewraakte virus. Israeliese navorsers het ’n deurbraak gemaak om plante deur saadbehand­eling teen die siekte bestand te maak, pleks van deur genetiese manipuleri­ng. FOTO: ERNEST HIEBERT

LINKS BO: Prof. Haim Rabinowitz verduideli­k hoe hulle dit regkry om die gevreesde tamatie-geelkrulbl­aarvirus lam te lê en dan die verswakte gene met saadbehand­eling na kommersiël­e kultivars oor te dra.

Staatsbest­eding bly oor die afgelope twee dekades vinniger styg as inflasie. Die staat haal elke jaar meer geld uit produktiew­e mense se sakke en wend dit dan ondoeltref­fend aan. Dit is kommerwekk­end dat bykomende belasting op byvoorbeel­d brandstof en elektrisit­eit gehef word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa