Landbouweekblad

BLOEKOMS IS NIE NET INDRINGERS

-

Hoewel bloekombom­e indringers kan wees, is dit ’n belangrike voedselbro­n vir inheemse bye, wys ’n nuwe studie deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Biodiversi­teit (Sanbi).

Terwyl heuningbye vir die bestuiwing van rondom 50 gewasse in Suid-Afrika verantwoor­delik is, teen ’n waarde van R10,3 miljard per jaar, is hul voerbronne in die gedrang. Dit is ’n groot probleem vir byeboere, wat die kolonies bestuur om heuning te oes en bestuiwing­sdienste aan ander boere te lewer, waarsku mnr. Mbulelo Mswazi en me. Carol Poole, twee Sanbi-navorsers, in ’n verklaring.

Hul ondersoek het getoon dat bloekombom­e, sekere gewasse, inheemse bome en struike, blomplante in voorstedel­ike tuine en selfs veldblomme en onkruid langs die paaie van die uiterste belang vir inheemse bye is.

Die afname in heuningbyb­evolkings die wêreld oor word onder meer toegeskryf aan ’n gebrek aan voedingspl­ante wat die nektar en stuifmeel produseer wat bye benodig om gesond te bly. Byeboere in ál Suid-Afrika se provinsies is van bloekombom­e as voedingsbr­on vir hul heuningbye afhanklik. Dié bome is betroubare verskaffer­s van stuifmeel en nektar amper reg deur die jaar.

Party bloekomsoo­rte kan wel indringers wees en ander, ongunstige gevolge vir biodiversi­teit en die land se waterhulpb­ronne hê, of erosie en ’n verhoogde brandrisik­o meebring. Hulle behoort egter net uitgekap te word as hulle wel ’n ongunstige uitwerking op die omgewing het, sê die Sanbi-span. Verskeie bloekomsoo­rte wat belangrike voedingsbr­onne vir bye is, kom nie in die amptelike beheerregu­lasies voor nie en behoort buite oewergebie­de in stand gehou en geplant te word, sê hulle. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa