Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK K Belasting wurg SA ál meer

-

ommentator­s in die media oor vanjaar se Begroting het meestal heel sagkens met mnr. Nhlanhla Nene, die Minister van Finansies, se begrotings­rede gewerk. Die onderligge­nde feite en neigings bevestig egter die feit dat ons stadig maar seker op die pad van ’n sosialisti­ese staat is.

In só ’n situasie vat die staat ’n al hoe groter hap uit die produktiew­e ekonomie en bestee dit baie ondoeltref­fend in die staatsdien­s.

Dit is die eerste keer sedert 1994 dat belastings doelbewus verhoog is om die staat se boeke met ’n effens kleiner leningstek­ort te laat. Die waarheid is egter dat staatsbest­eding steeds voortgaan om vinniger te groei as inflasie en oor die laaste twee dekades bly styg. Daarmee saam groei die staatskuld, want inkomstebe­lasting kan nie byhou by staatsuitg­awes nie. Nene meen Suid-Afrikaners moenie kla nie, want marginale belastingk­oerse het “slegs” met 1% gestyg.

Dit is darem ’ n agterstevo­or argument: Belastings moet verhoog word, want staatsuitg­awes groei te vinnig en die ekonomie groei ál stadiger ( namate verkeerde beleid ekonomiese groei doodwurg). Indien die ekonomie bly groei, met die regte beleid en staatsteun, sal belastingi­nkomste ook toeneem danksy die groei in die ekonomie, wat tans nie die geval in Suid-Afrika is nie. Die staat se vermoë om geld te bly leen én aan te hou skuld maak, raak ook beperk.

Rentebetal­ings op staatskuld groei die laaste paar jaar met sowat 10,1% per jaar – en dít terwyl rentekoers­e gedaal het. Na my wete sou ’ n konserwati­ewe begroting een wees waarin die staatsuitg­awes minder groei as die inflasieko­ers.

Kortom, die staat haal elke jaar ál meer geld uit produktiew­e mense se sakke en bestee baie daarvan nie naastenby optimaal in die ekonomie nie. Inteendeel, min word doeltreffe­nd aan infrastruk­tuur en belegging vir toekomstig­e groei bestee.

Onderwys en opvoeding vat steeds die grootse hap uit die begroting – ook in verhouding tot ander ekonomieë – maar ons onderwysst­elsel is van die swakste ter wêreld. Dit beklemtoon die onprodukti­ewe aanwen- ding van belastingb­etalersgel­d.

Maak geen fout nie: Afgesien van die groot syfers in die begrotings­rede is daar baie nuwe fynskrif in die hele belastings­telsel wat aangepas word om meer uit ons te wurg. Die staat het geld nodig en elkeen sal moet sorg dat sy belastingb­eplanning op datum is en aan die wetsvereis­tes voldoen. Entreprene­urs is in die visier, wat beteken boere is ook prima teikens.

Dit is ontstellen­d dat belastings verhoog word op koste-elemente in die ekonomie en daar afgedwaal word van die idee dat wins belas moet word. Hoe anders verklaar ’ n mens die bykomende belasting op brandstof en elektrisit­eit? Dit het ’n regstreeks­e, kosteverho­gende impak op die produktiew­e sektore van die ekonomie.

Dit is ook ’n ernstige afwyking van die eeue oue beginsel dat die staat ondersteun­ende, beskermend­e dienste moet lewer, wat wins laat groei en jy word dan op jou wins belas. Dié beginsel word ook nou weggekalwe.

GROEIENDE STAAT

GRAFIEK 1 toon die verloop van die staatsinko­mste (via belasting) en -uitgawes as persentasi­e van die bruto binnelands­e produk (BBP) oor die laaste aantal jare. As ’n mens dit oor ’n langer tyd beskou, toon die aandeel van die staat in die ekonomie ’n stadige, maar voortduren­de stygende neiging.

Die staatsuitg­awes voor rentebetal­ings word vir die komende jaar op sowat R1,4 triljoen geraam. Dit is ’n toename wat so 2% tot 3% hoër is as die inflasieko­ers. Dit bevestig net die groeiende rol van die staat in die ekonomie, wat nou bykans een derde van die ekonomie is.

Staatsinko­mste, hoofsaakli­k inkomstebe­lasting, word geraam op R1,081 triljoen rand, wat weer eens ’n massiewe tekort voor lenings laat. Dit beteken staatskuld bly groei.

GRAFIEK 2 toon die groeiende staatskuld waarop in die toekoms nie net rente betaal moet word nie, maar wat ook terugbetaa­l moet word. Staatskuld as persentasi­e van

Die staat se skuld en uitgawes bly styg, maar inkomstebe­lasting kan nie daarmee tred hou nie, wat net nóg meer belasting in die toekoms gaan beteken. Dié belasting word egter nie juis produktief aangewend nie.

Verwaarloo­sde nartjieboo­rde op die Kangela-sitrusland­goed by Addo, wat sedert 2004 in staatsbesi­t is. Mnr. Nhlanhla Nene, die Minister van Finansies, het in sy begroting gesê daar word vir R4,7 miljard voorsienin­g gemaak vir die herkapital­isering van plase wat herverdeel is. die ekonomiese produksie van Suid-Afrika het basies verdubbel oor die laaste aantal jare. Die staat leef dus bo die belastingb­etaalvermo­ë van die ekonomie en dit is nie volhoubaar nie.

Dit is sekerlik ook hoekom die staat nie graag sal wil hê dat rentekoers­e moet styg nie. Ek kan nie verstaan dat “beleggings­kundiges” aanbeveel dat pensioentr­ekkers ’n deel van hul spaargeld in staatskuld moet hou nie. Dit is glo ’n baie veilige belegging.

GRAFIEK 3 toon die staat se belastingb­ronne vir die jaar. Individue betaal die meeste aan die staat en dit is ook die finale verbruiker wat BTW betaal. Moet geen illusies hê nie – die staat neem baie geld uit jou sak wat jy verdien en bestee ( of vermors) dit dan namens jou.

Staatsuitg­awes is nog hoofsaakli­k gerig op onderwys en gesondheid. ’ n Mens sien elke dag die vermorsing en die ondoeltref­fendheid wat daar plaasvind. Maatskapli­ke toelaes word verder vergroot en bykans 18 miljoen mense gaan in die proses R150 miljard ontvang. Onthou, arm mense bestee bykans die helfte van hul geld aan voedsel – so word die vraag na landboupro­dukte onregstree­ks gestimulee­r.

IMPAK OP DIE LANDBOU

In die begroting word daar ook vir R4,7 miljard voorsienin­g gemaak vir die herkapital­isering van plase wat herverdeel is en deur die staat gekoop is vir herverdeli­ng. (’n Mens kan liewer sê dit is staatsplas­e, want die mense/ bestaansbo­ere op die grond huur dit by die staat). Sowat 4,3 miljoen ha landbougro­nd is deur die staat bekom en nou word beoog om nog 1,2 miljoen ha in die volgende drie jaar aan te koop. Dit is van die produktief­ste landbougro­nd wat nou staatseien­dom word en waarop daar reusebedra­e bestee word om dit aan die gang te hou as “herkapital­isasie”.

Dit is een ding om op wins belasting te betaal, maar in die begroting styg die brandstofh­effing met meer as 80 sent per liter. ’n Addisionel­e belasting op elektrisit­eitskoste word ook ingevoeg. Boonop is daar net so terloops genoem dat die landbou se rabat op diesel weer in oënskou geneem gaan word – dit is alles kosteverho­gende belastings. Voeg daarby die wyn- en tabakbedry­f. Hierdie bedrywe is eintlik staatsonde­rnemings, want hul produkte word as gevolg van hoë belasting uit die mark geprys.

Nene sê die staat wil honderddui­sende hektaar in die landbou begin besproei. As dit nie drome is nie, is dit eintlik seker nagmerries. Bestaande besproeiin­gsboere sukkel reeds toenemend met die beskikbaar­heid en gehalte van water, asook die verkrummel­ende infrastruk­tuur. En om besproeiin­g te laat werk, het jy minstens elektrisit­eit nodig.

TEN SLOTTE

Die feit dat staatskuld en rentebetal­ings bly styg, beteken die belastingl­as gaan in die toekoms groter word.

Die belastingl­as en -risiko raak ook hoër deurdat die fynskrif verander en dit ál moeiliker raak om binne die wetgewing korrek besigheid te doen.

Die vergrootgl­as word ál meer op mediumgroo­t en kleiner besighede geplaas met ondersoeke wat van stapel gestuur word. Die meeste van ons is nie noukeurig genoeg met BTW- fakture en al die detail wat daarmee gepaardgaa­n nie.

Oppas vir ondersoeke. Sorg dat jou boeke gereed en bygewerk is vir die Ontvanger. ’n Goeie rekenmeest­er en/of ouditeur is goedkoper as belastingb­oetes.

Die staat leef dus bo die belastingb­etaalvermo­ë van die ekonomie en dit is nie volhoubaar nie.

NAVRAE: As jy ’n vraag het, stuur dit na nico@ finlac.com, tel. 021 461 2067 of pos dit na Posbus 1513, Sanlamhof 6532.

Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy wat by die Raad op Finansiële Dienste gelisensie­er is. Finlac is aan geen finansiële produkvers­kaffer verbonde nie. Die raad wat hier gegee word, is van ’n algemene aard en moenie as toepaslik vir ’n spesifieke geval beskou word nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa