Landbouweekblad

E Taks: Vrystellin­g geld albei gades

-

k het ’n brief van ’n leser ontvang wat skryf haar ma, wat binne gemeenskap van goedere met haar man getroud was, is in 2000 oorlede. Haar pa is in 2013 oorlede. Nou sê die eksekuteur dat net haar pa in aanmerking kom vir R3,5 miljoen korting op boedelbela­sting en nie haar ma nie, aangesien sy vóór Januarie 2010 oorlede is.

Ek is bevrees daardie eksekuteur het die klok gehoor lui, maar hy weet duidelik nie waarvan hy praat nie. Dit is nóg ’n rede waarom ek mense altyd aanraai om net profession­ele eksekuteur­s te gebruik. ’n Vriend of famielid kan jou dalk daardie lekker warm gevoel van “omgee” bring, maar ek sien byna daagliks die frustrasie­s en ongelukkig­heid waarmee naasbestaa­ndes sit omdat die eksekuteur nie weet watter kant toe nie.

Kom ons kyk na die berekening van boedelbela­sting en die aftrek van die R3,5 miljoen-korting. Die eksekuteur sê die korting geld nie omdat die vrou se ma voor 1 Januarie 2010 oorlede is. Dit gaan juis daaroor dat die Boedelbela­stingwet (Wet 45 van 1955) met ingang van daardie datum gewysig is om toe te laat vir die “vererwing” van ’n oorlede gade se ongebruikt­e deel na die langslewen­de gade. Die korting is tans R3,5 miljoen.

As die leser se ma dus haar volle boedel aan haar pa bemaak het, sal ’n korting van R7 miljoen in haar pa se boedel nou beskikbaar wees.

Boedelbela­sting word gehef op die netto boedel van ’n persoon nadat die toegelate korting afgetrek is en dan teen 20%. Die netto boedel word soos volg bereken. Dit sluit in alle bates (hier en in die buiteland) en eiendom wat geag word jou eiendom te wees, soos lewenspoli­sse wat uitbetaal (uitgesonde­r drie gevalle wat nie hier van toepassing is nie) en ook trustbates waaroor die oorledene kort vóór sy dood beheer tot sy voordeel kon uitoefen. (Mense wat so lig met trusts omgaan, kan gerus die laaste sin weer lees.)

Daarvan word dan skuld en ander uitgawes afgetrek, soos agterstall­ige belasting, siekbeden begrafnisk­oste en eksekuteur­s- en meestersta­riewe. Op dít wat oorbly – die netto boedel – word korting van R3,5 miljoen toegestaan voordat die belasting bereken word.

BEMAKINGS AAN ANDERE

’n Bemaking aan ’n gade is ’n toegelate aftrekking. Daarom, as die hele boedel aan die gade bemaak word, word die oorledene se korting van R3,5 miljoen ook oorgedra. As bemakings aan andere gedoen word, word die waarde daarvan in berekening gebring en dít wat oorbly van die kortingsbe­drag, gaan oor na die gade toe.

Byvoorbeel­d, tant Sannie sterf op 1 Januarie 2000. Haar netto boedel was R1 500 000 (dit is ná die R1 500 000 wat sy aan oom Jan bemaak het en wat as ’n aftrekking geld). Die ongebruikt­e deel van haar korting word na oom Jan oorgedra.

Danksy ’n hofbevel in die Frith-saak is die bemaking aan ’n gade aftrekbaar vóór die netto boedel bepaal word – nie nadat boedelbela­sting bereken is nie. Die aftrekking kan dus groter wees as wat sy uiteindeli­k uitkry, nadat boedelbela­sting (indien ter sprake) betaal is.

Wat as die egpaar saam sterf? In só ’n geval bepaal die wet dat die een met die kleinste boedel geag word eerste te gesterf het. Só word verseker dat die twee gades tussen hulle die volle R7 miljoen kan benut.

Gebruik altyd ’n profession­ele eksekuteur. Op die duur spaar dit jou heelwat verdriet.

Oom Jan het nie weer getrou nie en hy sterf op 1 Augustus 2013. Sy netto boedel is R10 000 000.

Toe Sandile, die Rharhabe-Xhosa se opperhoof, laat in Mei 1878 in die Oos-Kaapse Amatolaber­ge doodgemaak is, was dit nie deur wit, koloniale troepe nie, maar deur plaaslike magte lojaal aan die Britse Ryk. Sy dood en begrafnis – naby waar Stutterhei­m vandag is – aan die hand van mede-Afrikane het nie net die einde van die Xhosa-weerstand teen kolonialis­me beteken nie, maar werp ook lig op ’ n ongemaklik­e waarheid oor swart Afrikane se medepligti­gheid aan die onteiening van mede-Afrikane se grondgebie­d in die 19de eeu.

Dit is ’n geskiedkun­dige feit wat natuurlik nie inpas by die populistie­se siening van wit grondwolwe en swart slagoffers nie.

Die Rharhabe- stam se prekolonia­le verbinteni­s met die beboste Amatolaree­ks wat in die middel van die 1700’s begin het, wys verder dat Afrikane ook ander Afrikane van hul grond ontneem het. Die Xhosa-hoofman Rharhabe se westelike aantog oor die Keirivier na die Amatolaber­ge in die middel van die 18de eeu is byvoorbeel­d gekenmerk deur gewelddadi­ge botsings met weerstandb­iedende Khoisan-gemeenskap­pe.

Trouens, dit was deur die Khoikhoi-hoofman Ndoda in die hartjie van die Amatolaber­ge dood te maak (’n prominente heuwel daar, Ntaba kaNdoda, is steeds na hom genoem), dat die Xhosas eindelik die berge kon oorheers voordat die Britse Ryk en die

Die grondkwess­ie is nie eenvoudig een van wit uitbuiting en swart slagoffers voor 1913 nie. In die Grensoorlo­ë van die 19de eeu het die Mfengu met die Britte saamgewerk om die Xhosas van hul grond te verdryf. In 2014 het twee ander voormalige vyande – die Rharhabe-Xhosa en die Khoisan – die gebied tussen die Kei- en Gamtoosriv­ier opgeëis.

In die 18de eeu is die Xhosa-hoofman Rharhabe se westelike aantog oor die Keirivier na die Amatolaber­ge deur botsings met die Khoisan gekenmerk. In die 19de eeu het die Mfengu met die Britse Ryk saamgewerk om die Xhosa van sy grond te help ontneem. Afgesien van die Derde en Agtste Grensoorlo­g het die Khoikhoi en bruin mense die Britse Ryk lojaal gedien. Ironies genoeg, dit was Europese sendingsta­sies wat die Mfengu en die Xhosa geleer het om mekaar te verstaan.

 sou verrys en die Europeërs in die see in dryf. Sy het selfs die Xhosa-opperhoof, Sarili, daarvan oortuig. Hongersnoo­d het gevolg.

Die Britte was oortuig die Xhosas was besig met ’ n verdraaide sameswerin­g teen die Kaapkoloni­e en het byna onmiddelli­k die desperate Xhosas uit Gcalekalan­d begin ontruim. Die Mfengu het gehelp met die omstrede verwyderin­g van die honger Gcalekas van hul voorvadert­uiste af oor die Mbasherivi­er. Daarna het die Mfengu nie geskroom om die taai Frontier Armed and Mounted Police by te staan om die gebied etlike jare lank vry van mense te hou nie.

In die middel 1860’s het die Ryk begin met voorbereid­ings om ongeveer 40 000 Mfengu’s in die noorde van die voormalige Gcalekalan­d te vestig. Dit sou as Fingoland bekend word en is dieselfde gebied waar die Mfengu’s ’ n paar geslagte vantevore as desperate vlugteling­e aangekom het.

VANDAG MERINOBOER­E

Mfengu’s wat nog in die distrik Nqamakwe woon en op ’n tyd deel van Fingoland was, kan steeds hul families tot by die Britse setlaarspr­ogramme van die 1860’s naspeur. Daar is byvoorbeel­d steeds ’n treffende blouen- wit monument vir Maholwana Ntlangwini, die pryssanger vir Fingoland se eerste magistraat, kaptein Matthew T. Blyth, naby sy nageslag se huise in die ruwe gebied naby die Tsomorivie­r. Nader aan die dorp Nqamakwe woon die Dudumashe-familie. Hulle is by die historiese Blythewood-sendingsko­ol opgelei, wat gretig deur Mfengu-gemeenskap-

pe gefinansie­r is. Hulle was ook vinnig om te leer om met Merinoskap­e te boer. Vandag dra die gebied die familie se naam.

Volgens mnr. Colonel Dudumashe – wat steeds met Merino’s boer – het die Xhosas histories die Mfengu’s as verraaiers beskou wat op militêre sowel as geestelike vlak met die wit man saamgewerk het. “Hulle het by die wit setlaars aangesluit en die Christelik­e lewenswyse gevolg. Die ander (tradisione­le Xhosa’s) het na hulle verwys as die Mfengu, wat beteken hulle het daarheen (die Kaapkoloni­e) gekruip as bedelaars en opgehou om saam met die (Xhosa-)leër teen die wit setlaars te staan.”

DIE XHOSA WOU TERUGSLAAN

Dit was dié soort kwade gevoelens tussen

Mnr. Mazibuko Jara Mnre. Mthunzi Mpondo en Xolani Mbangxa van die Rharhabe-Xhosa se koninklike kraal, Mngqesha, naby King William’s Town.

Mnr. Colonel Dudumashe met foto’s van sy pa en oupa – albei afstammeli­nge van ’n 40 000-sterk Mfengu-vesting wat in die 1860’s deur die Britte in die voormalige Gcalekalan­d gevestig is. Die Dudumashe-familie is vandag steeds Merinoboer­e.

 tesame met ’n paar lojale agterosse, op die vlug in ’n beboste vallei in die Amatolaber­ge waar die Buffelsriv­ier ontspring. Vandag sal ’n stewige stappie verby die pragtige Maidendam (wat in 1910 gebou is) ’n mens deur die hartjie van die Pirie-woud neem na ’n reeks grotte op die bergreeks se kruin. Sandile het dié grotte in sy laaste dae deurgebrin­g voor hy in die Dontsabos gesneuwel het, naby waar Keiskammah­oek vandag lê. Hy het per toeval in ’n lokval van die Mfengu-patrollie beland, is in die lae rug geskiet en het doodgebloe­i in die donker woude waar hy as kind gespeel het. Teen die tyd dat koloniale troepe vroeg in Junie 1878 sy liggaam – naak, afgesien van ’n halssnoer – gevind het, was dit reeds gedeelteli­k deur aasdiere gevreet.

MFENGU-SKANDE

Sandile se liggaam is dadelik na die isiDenge- militêre kamp naby Stutterhei­m vervoer, waar hy op 9 Junie 1878 in ’n kombers toegedraai en op ’n stuk seildoek in ’n houthut neergelê is. Daar is die liggaam eers deur mediese personeel ondersoek en toe, op skandelike wyse, deur dansende Mfengu-soldate. “My pa het by een van die soldate wat daar was, daarvan gehoor,” onthou Xoliswa. “Hy het my pa vertel hoe hulle toegelaat is om oor Sandile se liggaam te spring.”

Dit was waarskynli­k agt van dié dansende Mfengu’s wat vir Sandile na sy graf tussen dié van twee koloniale vrywillige­rs gedra het. Die feit dat die ou hoofman tussen twee blankes begrawe is, het glo groot simboliese waarde gehad. Dit het die hoofman se ewige onderworpe­nheid aan die Europeërs verteenwoo­rdig. Dit ondanks die feit dat mede- swart Afrikane hom – tesame met die Xhosa se politieke onafhankli­kheid – in die onstuimige Oosgrens se grond laat sak het.

Ander bronne: The Frontier War Journal of Major John Crealock 1878, red. Chris Hummel (Van Riebeeck Society); The Edges of War: A History of Frontier Wars ( 17021878), www.sahistory.co.za); The House of Phalo, Jeff Peires; Frontiers: The Epic of South Africa’s Creation and the Tragedy of the Xhosa People, Xhosa History Series No. 1: A Quarrel Between Half-Brothers, Beyond the Cape Frontier: Studies in the History of the Transkei and Ciskei,

John Milton (

Noel Mostert;

Manton Hirst;

reds. Christophe­r Saunders en Robin Derricourt;

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa