Landbouweekblad

Goeie vordering met nuwe melkbees

-

Die projek om ’n nuwe melkras met die Nguni as grondslag te gebruik, het al meer as vyf jaar gelede begin. Nou het mnr. Freddie Peters reeds die derde geslag van dié beeste op sy plaas. Dié boer van Midvaal, naby Meyerton in Gauteng, wil die ras uiteindeli­k die Milkmaster noem, maar daar is nog baie werk voor hy uiteindeli­k om registrasi­e kan aansoek doen.

Hy boer al sedert 1970 op die plaas. Later het sy seun, Meinhard, bygekom en so het die Meinfred-boerdery (’n samevoegin­g van hul name) ontstaan. Aanvanklik het Freddie met geregistre­erde Ayrshire-melkbeeste, Nguni-beeste en Ile de France-skape geboer, maar deesdae boer hy met Meatmaster-skape, Nguni’s en die nuwe Milkmaster-melkbeeste.

Dit is juis die Nguni se gehardheid wat hom laat besluit het om die ras as grondslag vir kruisings met ander melkrasse te gebruik. Sy motivering is dat daar nie ’ n veldaangep­aste melkbees in Suid-Afrika is wat bevredigen­de melkproduk­sie in moeilike toestande kan lewer nie.

Freddie is ’n metallurgi­ese ingenieur en het ’ n leidende rol in die teling van die gehar-

Meatmaster Sheep: Breed Establishm­ent in South Africa. Die Meatmaster is in Suid-Afrika uit die Damara, Dorper, Van Rooy en ander dubbeldoel­rasse geteel, terwyl in Namibië ’n ander teelprogra­m met die Damara as grondslag gevolg is.

Voor Freddie met die nuwe melkras begin het, het hy ’n kursus oor DNS-ontleding en plaasdierg­enetika by die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Diereprodu­ksie in Irene gevolg om meer kennis oor diereteelt te verwerf.

Meinhard, ’n passer-vakleerlin­g, het voor- heen ’ n aantal melkwinkel­s in die streek gehad. Deesdae is hy egter heeltyds by die boerdery, plastiekve­rwerking en hul klein fabriek op die plaas betrokke waar hulle jogurt en maas van die Milkmaster-melk vervaardig en plaaslik verkoop.

TEVREDE MET VORDERING

Freddie is tevrede met die genetiese vordering wat reeds gemaak is. Hulle het reeds ’ n goeie idee van wat goed werk, naamlik ’ n koei met 25% Nguni- en 75% ander melkras- teelmateri­aal. Hulle is nog besig om verskillen­de lyne te teel om later te kan agterkom of sekere lyne beter as ander is.

Die sukses met die Meatmaster- skape het Freddie laat besef inheemse rasse se potensiaal is nog nie goed ontgin nie. Die Nguni is ’n waardevoll­e, inheemse beesras wat ’n belangrike bydrae tot die teling van

’n Boer en oud-ingenieur maak goeie vordering met die ontwikkeli­ng van ’n nuwe, geharde veldaangep­aste melkbees waarvoor hy glo daar plek in Suider-Afrika is. Die voordeel van ’n melkras met ’n inheemse genetiese komponent lê daarin dat die diere weiding beter benut en meer bestand is teen hitte.

BO:

Koeie met hul kalwers. Groter betrokkenh­eid van ander boere is nodig om die Milkmaster verder te ontwikkel as ’n ras.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa