Landbouweekblad

LBW| SKOU SA veld-Merino’s pronk

-

SA VELD-MERINO’S

1 Kampioen-ram (twee- tot viertand, lang wol, 78 kg tot 94 kg) en grootkampi­oenram van die skou. Eienaar: Mnr. Kleintjie Retief (naasregs, sel 082 944 4492), Geelbek-Elite, Gordonsfon­tein, Hanover. Links is sy broer, Willem (van die plaas De Bad, Hanover) en naaslinks hul pa, Johannes. Die Retiefs het vier van die kampioensk­appe gewen. Hanteerder: Mnr. Gertjie Marylton.

2 Kampioen-ooi (twee- tot viertand, lang wol, 55 kg tot 66 kg) en grootkampi­oen-ooi van die skou. Eienaar: Preïss en KockMerino’s. Vertoner: Mnr. Freddy Kock (links, sel 082 373 5546), Elandsfont­ein, Hanover. Hanteerder: Mnr. Koos Cupido.

3 Kampioen-ramlam (geskeer, kort wol, 51 kg tot 60 kg). Eienaar: Mnr. Grant Naudé (middel, sel 076 700 3855), Kriegerspo­ort, Hanover. Links is mnr. Deon de Jager van Cipla. Hanteerder: Mnr. Patrick Yakani.

4 Kampioen-ramlam (kort wol, 50 kg en ligter). Eienaar: Mnr. Stefan Naudé (links agter, sel 072 639 2185) Geelbek-Elite, Skuilhoek, Hanover. In die middel agter is sy vrou, Marie. Regs agter staan mnr. Braam Mellet van MSD. Naudé het ál vyf plasings in dié klas gewen. Die hanteerder­s van die vyf ramlammers is, van links, mnre. Thembela Sigonyela, Nelson Khanzi, Themba Sigonyela, Kiewiet Mpukane en Isak Mooiman.

5 Kampioen-ramlam (kort wol, 39 kg tot 45 kg). Eienaar: Mnr. Roelou van Heerden (links, sel 082 413 3929), Onderstetu­in, Murraysbur­g. Hanteerder: Mnr. Armaans Galant. Van Heerden se skape het drie van die kampioensk­appe gewen.

Op Richmond se jaarlikse SA veldMerino­skou het 24 vertoners met 422 skape gepronk. Byna dieselfde getal inskrywing­s is ontvang as verlede jaar en in 2013. Daar was ook ’n afdeling vir Dorpers, met 1 1 5 skape wat deur 12 vertoners ingeskryf is.

6 Kampioenoo­i (twee- tot viertand, kort wol, 53 kg tot 64 kg). Eienaars: Mnr. Johan du Plessis (links, sel 082 453 5101), Suiderkrui­s, Humansdorp en mnr. Chris Mentz (middel, namens die André Marais-boerdery). Hanteerder: Mnr. Maarman de Wee.

7 Kampioenra­m (twee- tot viertand, kort wol, 67 kg en ligter). Eienaar: Mnr. Van Zyl Naudé (middel, sel 082 445 41 1 1 ), Niekerksfo­ntein, Richmond. Links is mnr. Hennie van der Merwe van Delfin-konsultant­e. Hanteerder: Mnr. Dawid van Wyk.

8 Kampioen-ooi (twee- tot viertand, lang wol, 48 kg tot 54 kg). Eienaar: Mnr. Stephanus van den Heever (middel, sel 082 781 3463), Klipkraal, Richmond. Links is mnr. Francois Viljoen van CMW, Richmond. Hanteerder: Mnr. November Lodewyk.

WIT DORPERS

9 Kampioen-ooilam onder 40 kg. Eienaar en vertoner: Mnr. Francois van der Merwe (tel. 049 845 0306), Waterkrans, Graaff-Reinet. Hy het ook die beste en naasbeste groep ooie in dié kategorie vertoon.

10 Kampioenoo­ilam bo 40 kg. Eienaar: Mnr. Albé Badenhorst (regs, sel 073 934 5148) Almansdamb­oerdery, Strydenbur­g. Hanteerder: Mnr. Lukas Frederiks. Badenhorst het ook die kampioenoo­igroep bo 40 kg vertoon.

Nie alle kettinggro­epe wil inkoop op die Karoolam-inisiatief nie. Die proses om jouself te laat sertifisee­r, is al meer vaartbelyn. Die skema strook met die moderne behoefte om ’n produk tot op die plaas van oorsprong na te speur.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa