Landbouweekblad

NUWE REEKS

-

Dit is meer as drie jaar sedert die eerste gesertifis­eerde Karoolam in November 2011 in die Wes-Kaap verkoop is, en baie mense vra deesdae waar staan die proses om Karoolam te beskerm. Prof. Johann Kirsten, hoof van die departemen­t landbou-ekonomie, voorligtin­g en landelike ontwikkeli­ng aan die Universite­it van Pretoria, skryf ’n reeks van vier artikels vir Landbouwee­kblad. Hierin gee hy ’n oorsig van die vordering met die inwerkings­telling van die sertifiser­ingskema vir Karoolamsv­leis van Oorsprong en die wetlike prosesse wat reeds ingestel is om Karooboere te beskerm teen die misbruik van die woord “Karoolam”.

 moontlikhe­id om elke pakkie vleis tot by die plaas te kan naspeur. Dit vereis egter dat verpakking­saanlegte en/of slaghuise gedetaille­erde state moet hê, asook gesofistik­eerde rekenaarst­elsels om die etiketteri­ng só te doen dat die spesifieke plaasnomme­r op elke pakkie vleis verskyn. Dié aspek strook met die moderne verbruiker­sbehoefte, maar nie alle kleinhande­laars is gerat daarvoor nie.

Daarom is daar onlangs ’ n tweede vlak van sertifiser­ing ingebring wat dit vir kleinhande­laars moontlik maak om te sê hulle verkoop wel wetlik Karoolam. Volgens dié proses is die vleis of karkas naspeurbaa­r tot by die slagplaas in die Karoo. Die slagplaas kan dan bewys dat die boer wat die lam gelewer het, regtig in die Karoo is en nie lammers uit ’ n voerkraal of vanaf lusernweid­ing gelewer het nie.

Ingevolgde die alternatie­we sertifiser­ingsproses kan die aanspraak dat die produk uit die Karoo kom, geverifiee­r word en mag die sertifiser­ingsmerk op die pakkie verskyn. Waar die kleinhande­laar magtiging kry om volle naspeurbaa­rheid toe te pas, maar sy eie handelsmer­k wil behou, kan hy die plakker gebruik wat naspeurbaa­rheid tot by die plaas moontlik maak.

SÓ WORD KAROOLAM BEVORDER

In die afgelope twee jaar was die KDF deur sy boere-organisasi­e, Meat of Origin Karoo (MOOK), nou betrokke by die werwing van en handel in Karoolam. Dit was nodig om die aanvanklik­e blootstell­ing in die vleishande­l te bewerkstel­lig en die sertifiser­ingsproses by boere, slagplase en handelaars in te faseer.

Soos die proses van sertifiser­ing ingefaseer en die etiek, filosofie en prosesse deeglik verstaan is, is daar besluit om die werwing en handel volledig terug te plaas in die hande van die slagplaas en die kleinhande­l. Slagplase sal voortaan die prys van Karoolam bepaal. Hulle moet met gesertifis­eerde boere onderhande­l oor die premie wat hulle vir Karoolam betaal. Dié reëling is begin verlede jaar ingestel. Sover werk dit goed, met heelwat kleinhande­laars en verpakkers wat nou regstreeks met slagplase skakel vir die lewering van gesertifis­eerde Karoolam.

Die KDF het in die 2014/’ 15- boekjaar meer as R1 miljoen aan bemarking, verbruiker­sopvoeding en bewusmakin­gsprogramm­e bestee om daardeur die slagplase te help om meer kliënte vir Karoolam-produsente te werf. Dit sluit in televisier­eklame, die ondersteun­ing van sjefs en restaurant­e om Karoolam te bekom en te bevorder, asook deelname aan die Pick n Pay Taste-feeste in Kaapstad, Johannesbu­rg en Durban. Gaste by laas jaar se Woordfees op Stellenbos­ch en die KKNK op Oudtshoorn is ook deur die Kokkedoor- sjefs van Karoolam voorsien.

Vir die bestuur van ’ n nisproduk, soos Karoolam, is koördinasi­e tussen rolspelers belangrik en het die KDF besluit om Meat of Origin Karoo, ’n maatskappy sonder winsbejag, aan die rolspelers in die waardekett­ing oor te dra om as die bedryfsorg­anisasie vir Karoolam te dien.

Dit word gevolglik ’n “gehaltekon­sortium” waarbinne boere, slagplase, onafhankli­ke slaghuise, verpakkers en groot kleinhande­lsgroepe verteenwoo­rdig word. Die konsortium moet sorg dat die gehalte en reputasie van die naam “Karoo” met integritei­t bestuur word sodat dit nie net nog ’ n foefie word nie. Die betrokkene­s moet dus seker maak die reëls is van pas, ouditbaar en dat dit die nodige vertroue by die verbuiker inboesem.

Die eerste vergaderin­g van die konsortium vind vandeesmaa­nd in Gauteng plaas. In die volgende uitgawe word die kommersiël­e waarde van die sertifiser­ingskema bespreek. Dit is onwettig om die woord “Karoolam” op vleis of vleisprodu­kte aan te bring tensy jy aan sekere voorskrift­e voldoen. Dié aspek word ook bespreek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa