Landbouweekblad

SLAGPLASE NEEM DEEL

- NAVRAE: Mnr. André Compion, e-pos: acompion@ Webwerf:

Die slagplase wat tot dusver ingevolge die skema gesertifis­eer is, is De Aar, Groblersho­op, Carnarvon, Colesberg, Calvinia (Ramskop) en Williston. (Colesberg het egter onlangs besluit om nie weer sy oudit te hernu nie en is nou nie meer deur die staat gemagtig om amptelike Karoolam te verkoop nie.)

Die slagplase op Beaufort-Wes en GraaffRein­et het ook onlangs aansoek gedoen om sertifiser­ing en behoort binnekort deel te wees van die familie van “Karooslagp­lase”. Dán behoort boere in daardie distrikte ook in staat te wees om aansoek te doen. Sonder ’n goedgekeur­de slagplaas binne 250 km van ’n boer se plaas is daar geen sin vir hom of haar om aansoek te doen nie.

Ander slagplase wat aan die wetlike standaarde voldoen en volledige naspeurbaa­rheidstels­els het, maar nog nie aansoek gedoen het nie, is Upington, Cradock en Strydenbur­g.

HEEL LINKS: Mnr. André Compion in sy mielies. Hy is verlede jaar as die Namibiese Akkerboura­ad se Meesterakk­erbouer aangewys. Hy plant wit mielies, koring en sorghum, maar laasgenoem­de is net vir kuilvoer vir sy vee.

LINKS: Koring word hier gestroop. André oes in November en plant dan in Desember weer mielies op die besproeiin­gsirkels. Die voordeel is dat hy twee oeste in een jaar onder die spilpunte afhaal.

 die mielies nie- GM is. Die prys is tans sowat R3 400/ton. Die meulenaars kry nie ’n permit van die staat om mielies in te voer voordat die plaaslike produksie nie opgekoop is nie. Dit is om die handjievol plaaslike boere teen goedkoop mielies uit buurlande, soos Suid-Afrika en Zambië, te beskerm en voedselsek­erheid te verseker. Die Regering koop self mielies teen dieselfde prys en berg dit in silo’s op vir droogtetye.

“Dié wyse van prysvasste­lling en beskerming teen goedkoop invoer maak die verbouing van wit mielies vir ons winsgewend en haal baie risiko’s uit die bedryf waaraan boere in Suid-Afrika onderworpe is. Ek kan selfs vir ’n jaar vooruit uitwerk hoeveel die prys min of meer gaan wees,” glimlag André.

Hoewel plaagbestr­yding goedkoper as in Suid-Afrika is, is kunsmis baie duurder omdat dit oor so ’n groot afstand vanaf Suid-Afrika vervoer moet word. Die vervoerkos­te is sowat R1 000/ton. Die produksiek­oste per ton is nietemin steeds laer as in Suid-Afrika. Die totale produksiek­oste is ongeveer R7 200/ ha. Teen 5 ton mielies/ha in ’n gemiddelde jaar is die bruto inkomste R17 000/ha en die wins ná produksiek­oste R9 800/ha.

KORING BYNA VRY VAN ONKRUID, SIEKTES

André plant ook 34 ha koring onder twee spilpunte omdat dit nie in die winter reën nie. Hy wissel dit op die sirkels af met mielies (wat in Desember teen ’n stand van 60 000 plante/ ha geplant word). Nadat die mielies geoes is (in Mei of Junie), maak hy die saadbed met ’n Lemken-skotteltan­dwerktuig. ’n Week nadat die mielies geoes is, saai hy die koring met ’n Massey Ferguson-kunsmisstr­ooier – “al wat rooi is op die plaas” – en werk dit vlak met ’n Erdvark-skottelwer­ktuig in.

Die kunsmis word saam met die saad uitgestroo­i in ’n NPK-verhouding van 4:2:1(36). Die hoeveelhed­e word deur ’ n grondontle­ding bepaal. Die res van die benodigde stikstof word weekliks teen 50 kg/ha in ’n vloeibare vorm deur die spilpunte toegedien. Danksy die lae onkruiddru­k in die winter is onkruidbes­tryding nie nodig nie. Siektes kom ook nie voor nie.

Die koring word in November geoes. Dan plant hy in Desember weer mielies op die sirkels. Die voordeel is dat hy twee oeste in een jaar onder die spilpunte maak. Dit verg goeie tydsbereke­ning en bied groot uitdagings, volgens André.

Teen 5 ton mielies/ha is die bruto inkomste R17 000/ha en die wins ná produksiek­oste R9 800/ha.

Die koring lewer 6- 8 ton/ ha en die besproeiin­gsmielies se opbrengs is 9- 12 ton/ ha, terwyl die droëlandmi­elies 6- 6,5 ton/ ha lewer.

VOER SONDER GROEISTIMU­LANTE

André tel onder die land se voorste Brahman-stoetteler­s en konsentree­r op vrugbare, mak beeste met ’n goeie konstitusi­e wat waarde tot kommersiël­e telers se diere toevoeg. “Hulle soek bulle wat gehard is en kan uithou in die veld. Dit is wat ek teel.”

By die vroulike diere teel hy vir baie melk sodat hulle sterk kalwers kan grootmaak.

Hy boer ook kommersiee­l met Simmentale­rs en maak sy eie speenkalwe­rs groot. Hy koop nog speenkalwe­rs by ander boere en rond hulle op die plaas af in sy voerkraal met staanplek vir 600 beeste. Sodoende voeg hy waarde toe. Hy gebruik ook mielies en kuilvoer wat hy self produseer om geld te bespaar, “anders sal die voerkraal nie betalend wees nie”.

Danksy die voerkraal kan hy 250 méér koeie aanhou as wat moontlik sou gewees het indien hy ’ n osstelsel gehad het. Osse moet vir twee jaar op die veld gehou word, en dan gradeer hulle AB- of B- graad, wat beteken die prys per kilogram daal erg.

Die voerkraalb­eeste kry kuilvoer en mieliemeel, asook HPK 85 (proteïenko­nsentraat) en melassestr­oop wat hy uit Zambië kry. Die grond is arm aan fosfaat, en alle beeste kry heeljaar ’n sout-en-fosfaat-lek.

Die boerdery het twee kalftye. Die somerkalwe­rs word van November tot Januarie gebore en gaan ná speen vir ses maande lank veld toe om uit te groei. Die winterkalw­ers word van Mei tot Julie gebore, in Februarie gespeen en gaan ook Junie voerkraal toe. Die somerkalwe­rs is eerste gereed vir bemarking en word vanaf September bemark sodra hulle 400 kg weeg. Hulle slag 220 kg uit. Die laaste winterkalw­ers is in Desember gereed.

Die slagdiere word op kontrak aan plaasli- ke slagters gelewer, asook aan Meatco, die uitvoerder van rooivleis na die Europese Unie en Noorweë. Alles gaan as snitte uit die land. Geen vleis-met-been word uitgevoer nie vanweë die Noordelike Halfrond- lande se streng maatreëls om dieresiekt­es uit te hou.

André voer geen groeistimu­lante nie omdat dit in stryd is met die land se wette vanweë die groot voordeel om rooivleis te mag uitvoer. Diereprodu­kte, soos beenmeel en hoendermis, is ook taboe – nie eens vir vleis wat plaaslik verbruik word nie. Daarom kastreer hy nie die bulletjies nie, want mét hul teelballe groei hulle beter.

1 000 HA AL ONTBOS

André het aangeplant­e weidings van bloubuffel­gras en Brasiliaan­se gras ( Brachiaria brizantha) om die natuurlike veld aan te vul. Tans maak hy nuwe lande deur indringerb­osse uit te roei en gras te saai. Hy het ’ n ooreenkoms met ’n sementfabr­iek wat hout nodig het om die stene te brand. Hulle het werktuie wat die kleiner bosse stukkend kerf en ry dit self weg. Dit kos André net R307/ ha. “Dis niks vergeleke met alternatie­we prosesse nie.”

Hy het ’n heeltydse span werkers wie se taak dit is om die groter bosse en bome met ’n stootskrap­er uit te roei. Die wortels word met ’ n plaaslik vervaardig­de skeurploeg uitgehaal. Dan word dit in hope gepak en uitgebrand. Hulle het reeds bykans 1 000 ha ontbos.

Die grond word dan met die Erdvark-skottelwer­ktuig omgewerk. Van die lande is vir mielies en die res vir aangeplant­e weidings. Die grasse word met ’n kunsmisstr­ooier gesaai. Al die saailande word omhein om die wild uit te hou.

Sodoende het hierdie boer elke jaar nuwe lande vir sy mielies en aangeplant­e weiding vir sy vee.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa