Van apteker tot voorste akkerbouer
Dink ’n mens aan Namibië, dink jy eerder aan wild, biltong en vleisbeeste as aan mielie- en koringlande. Die land het nietemin goeie saaiboere, al is daar net 10 000 ha droëland en minder as 4 400 ha besproeiingsgrond wat verlede jaar beplant is. Mnr. André Compion boer op die plaas Ghaub naby Grootfontein en is ’n saaiboer om mee rekening te hou. Sy hoofvertakking is egter beeste. Afgesien van sy Brahman-stoetery het hy ook kommersiële Simmentalers en ’n voerkraal.
Hy is verlede jaar as die Namibiese Akkerbouraad se Meesterakkerbouer aangewys. Hy het die boerevereniging Grootfontein verteenwoordig waar hy in 2012 en 2014 die Oeskoning was.
Hy plant wit mielies, koring en sorghum, maar laasgenoemde is net vir kuilvoer vir sy vee. Die boerdery het ook die toerismebedryf betree, en André het ’ n gastehuis met twaalf luukse kamers. Hy lok baie Europese besoekers, veral Duitsers wat graag deur die land toer en dan sommer die boerdery ook besigtig. Wild is sinoniem met Namibië, en André bied jagtogte vir trofeejagters aan, veral van Amerika en Oos-Europa.
Hy is met goeie soetgrasweiding geseën, bestaande uit ’n groot verskeidenheid grasse, veral bloubuffelgras ( Cenchrus ciliaris). Hy het vlaktes op die plaas sowel as ’n plato op die Otaviberge wat oor sy plaas loop. Daar kom rooigrond voor. Op die vlaktes is goeie hardeveld. Die grond is grootliks swart turf en in ’n mindere mate Clovelly.
Die streek se klimaat word deur warm somers gekenmerk, byna tropies. Die winters is nie baie koud nie en dit ryp nie.
Die streek is baie waterryk en standhoudende fonteine kom voor. Die reënval van gemiddeld 650 mm per jaar is die hoogste in Namibië, met die verdere voordeel dat dit baie betroubaar is.
In die Boesmantaal beteken ghaub ’n pyl omdat daardie volk in die ou dae pyle vir hul boë van fluitjiesriet in dié waterryke omgewing gemaak het.
MEESTERAKKERBOUER
Om die boerevereniging se wenner te bepaal, besoek ’n span deskundiges die landery wat ingeskryf is en pluk mieliekoppe op drie plekke. Hulle bepaal die stand, tel en weeg die pitte en neem die voginhoud in aanmerking. Dan kan hulle die opbrengs bepaal. Op dié
Dié boer, wat tot ’n hand vol jaar gelede nog ’n apteker was, het ’n pasgemaakte boerderystelsel ontwikkel om groot mielie- en koringoeste te behaal. Dit skakel goed in by die res van sy boerderyvertakking, wat hoofsaaklik beeste is.
manier het hulle bepaal André se opbrengs van 9,1 ton/ha was die hoogste vir droëland in die distrik Grootfontein.
Vir die aanwysing as Meesterakkerbouer gaan dit vir die beoordelaars minder oor ’ n bepaalde oes en meer oor die boer se boerderymetodes – van grondbewerking tot arbeidsverhoudinge. Hulle kyk ook na aspekte soos onkruid- en plaagbestryding, grondbewerking en bemesting. Hulle verkry dus ’n totale prentjie van die boer se boerderymetodes en vernuftigheid.
Die blok mielies wat André ingeskryf het, was die Monsanto- kultivar CRN3505, ’ n konvensionele kultivar. Geneties gemodifiseerde mielies word nie in Namibië toegelaat nie. Dit het uiteraard ’n groot uitwerking op die produksiestelsel omdat die baster nie teen onkruiddoder en sekere insekte bestand is nie en André weens onkruiddruk nie eens minimumbewerking daarmee saam kan doen nie.
Hy beskryf sy produksiestelsel vir dié blok mielies hieronder.
“Die vorige gewas se oesreste word met ’n Erdvark-skotteleg (28 skottels) ingewerk en lê deur die winter braak. In die winter kom min onkruide op wat water gebruik, met die gevolg dat die grond die vorige somerreën wat oorgebly het, net so bewaar.”
André het danksy die swaar turfgrond met tot 42% klei geen probleme met verdigtingslae nie en hoef dus nie die lande met ’ n skeurploeg dieper los te maak nie. Hierdie swaar grond verbrokkel in droë tye in só ’n mate dat die grond homself as ’t ware omploeg. “Die turfgrond is my grootste bate. Dit bly baie lank nat,” vertel hy.
Hy doen ná oestyd dus ook ’n tandbewerking 20 mm- 25 mm diep met ’ n Rovic- beitelploeg met rollers agteraan om die grond weer los te maak en die paar onkruide wat intussen opgekom het, dood te maak.
In die verlede het sy koeie en kalwers op die oesreste gewei omdat dit ’n beskutte omgewing is waar die luiperds van die vee af wegbly, maar nou speel dit ’ n nuwe rol, naamlik om die grond te verbeter. Nadat die oesreste ingewerk is, vorm dit met verloop van tyd organiese materiaal wat die grond se vermoë verhoog om water en plantvoedingstowwe vas te hou. Andersins is daar ná beweiding gewoonlik nie genoeg materiaal oor om ’ n noemenswaardige rol in grondverbetering te speel nie.
Ná dié bewerkings wag hy vir die somerreën wat gewoonlik in September met los buie begin, tot Desember duur en sowat 20% van die jaarlikse reën verskaf. Vanaf Januarie val die res van die jaarlikse neerslag. Planttyd is gewoonlik in Desember. Hy plant sodra hy 100 mm gehad het. In daardie geweste kan ’n boer nog tot 15 Januarie mielies plant, maar daarna word die dae korter en is daar nie genoeg groeityd oor voor die winter begin nie.
Net voor planttyd doen André weer ’ n skottelbewerking om die saadbed voor te berei. Hy plant 26 000 plante/ha in rye wat 90 cm uit mekaar is omdat hy droëlandverbouing doen. Soos baie van sy ander werktuie, is dit met ’n John Deere-planter. “Alles op my plaas is groen,” lag hy.
Hy dien terselfdertyd ’n kunsmismengsel met die planter toe. Dit bestaan uit plantvoedingstowwe in spesifieke hoeveelhede volgens die uitslag van die jaarlikse grondontleding voor planttyd. Met planttyd dien André ook ’ n vooropkoms- onkruiddoder op die grond toe met ’n gifspuit wat op die planter gemonteer is. Hy gebruik atrasien teen 4 liter/ha en asetochloor teen 2 liter/ ha, wat grasse en breëblaaronkruide baie goed bekamp. Verdere chemiese onkruidbestryding met ’n balkspuit ná kopbemesting geskied slegs wanneer dit nodig is. Sodra die mielies ’n blaredak vorm, kan die onkruide nie sonder sonlig oorleef nie.
Terwyl hy nog met sy kunsmistoediener (’n skoffel met Rovic-kunsmisbakke) kan inkom om vir oulaas te skoffel, bandplaas hy ook 240 kg stikstof en kalium (1:0:1) per hektaar.
Plaagbestryding is normaalweg nie op ’n roetinegrondslag nodig nie. Die gebied is geisoleer van ander verbouingsgebiede. Insekte en siektes wat mielies in ander gebied teister, kom nie daar voor nie. Diplodia- kopvrot, ’ n groot probleem in Suid- Afrika, het nog net een keer op André se plaas voorgekom.
Die voersorghum is net vir kuilvoer vir die beeste. Hy plant ’n Australiese kultivar, Hunnigreen, wat ’n hoë opbrengs en suikerinhoud het. Hy sny sowat 1 500 ton kuilvoer op die 60 ha wat hy plant. Dit is genoeg vir die voerkraal. Die grondvoorbereiding en bemesting is dieselfde as vir mielies. Die sorghum ondervind geen siektedruk nie en het ook nie las van aalwurms nie. Daarom is wisselbou nie nodig nie en plant hy elke jaar dieselfde 60 ha grond met sorghum.
BEMARKING
André hou genoeg mielies vir ’n jaar se gebruik vir die voerkraal ( wit mielies werk vir hom net so goed soos geel mielies) en verkoop die res aan Namib Meule op Otavi.
Wit mielies is ’n beheerde produk in Namibië. Die boer se prys word só bepaal: Die gemiddelde Safex- prys vir die afgelope vyf jaar, plus die liggingsdifferensiaal van De Aar af tot in Windhoek, plus ’n premie omdat
‘Daar is nie meer plek vir oudmodiese boerdery nie, want ’n mens kan nie só winsgewend boer nie. ’n Boer moet ’n entrepreneur wees en doeltreffender en volhoubaarder boer.’
REGS: André tel onder Namibië se voorste Brahmantelers. Dié koei, Lorden Ulida VHB 05/747, is op verlede jaar se Grootfonteinskou as die senior en grootkampioenkoei bekroon. Die hanteerders is mnre. Josef Dawid (regs) en Aron Shapanale.
HEEL REGS: Beeste in die boerdery se voerkraal word vir slag afgerond. Die vleis word plaaslik bemark en ook aan Meatco verkoop, wat vleissnitte na lande in die Noordelike Halfrond uitvoer.