SINERGIE IS WAGWOORD
Hy is nou eers agt jaar lank ’n heeltydse boer, maar in dié relatief kort tyd het mnr. André Compion hom reeds deeglik op talle boerderygebiede laat geld.
Hy het in Otjiwarongo en Windhoek grootgeword waar sy pa, Martin, ’n mediese dokter was. André het hom ná skool as apteker bekwaam. Hy het in ’n stadium ook sy eie klein lugredery gehad. Hy het later moeg geraak vir pille tel en die plaas Ghaub gekoop wat sedert 1895 ’n sendingstasie was, maar later vervalle geraak het.
Die sendelinge het sterk fonteine ontdek en ’n groot boerdery daarmee bedryf. Later het die grond aan ’n brouery behoort.
André het besluit om ’n gastehuis te bou. Van die oorspronklike geboue met hul dik klipmure bestaan nou nog en vorm die kern van André se gastehuis se eetkompleks.
“’n Mens moet vandag ’n entrepreneur wees om vooruit te gaan. Die gastehuis vorm ’n sinergie met die boerdery. Veral oorsese gaste wil graag ons wildsvleis beproef. Daarvan het ons baie wanneer trofeejagters hier kom jag.
“Ons plant ons eie groente en hoef dus nie juis vleis en groente te koop nie,” vertel dié sakeman.
Die wild is vrylopend en bestaan uit elande, koedoes, hartebeeste, klipspringers en ander kleinwild.
Die gastehuis word met toerisme gekombineer. Daar is plaasritte om die boerdery te besigtig, wildbesigtiging en staproetes.
BO: Altesaam 95% van appelkoosaanplantings in Suid-Afrika kom in die Wes-Kaap voor, waarvan die Klein-Karoo die grootste produksiegebied is met meer as 2 300 ha of 77% van die totale aanplantings.
INLAS: Net die beste graad appelkose kan vir inmaak gebruik word.
gesondheidskrywers kan ingemaakte vrugte soms meer voedingswaarde as vars vrugte hê omdat dit ryp gepluk en onmiddellik verwerk word.
Die vervoer van vars vrugte en onvoldoende opbergingsgeriewe veroorsaak volgens Weight Watchers se webwerf dat waardevolle voedingswaarde verlore gaan.
In die artikel word gesê geskilde vrugte verloor baie vesel en dat dit beter is as vrugte eerder in hul eie sap of in water as in stroop ingelê is. Wiehahn sê dis veral waar as die appelkose ingemaak word binne drie tot vyf dae nadat dit gepluk is.
Daar was in die afgelope paar jaar nie ’n toename in die vraag na verwerkte produkte nie. Wiehahn sê die grootste kwessie vir appelkoosprodusente is dat die verbruik van verwerkte appelkose moet toeneem. Die prys wat appelkoosprodusente vir hul vrugte kry, word deur verskeie faktore beïnvloed, waaronder vraag en aanbod, gradering en die gehalte van die appelkose.
Jacques verduidelik: “Nuwe en/ of beter produksiemetodes om doeltreffendheid op plaasvlak te verbeter, is van die maniere om probleme, soos mededingendheid en winsgewendheid, te oorkom. Die verhouding van die boer se uitset tot sy inset moet styg, wat beteken die boer moet meer produseer met dieselfde en/of kleiner inset.
DIE TOEKOMS
“Verbruikers soek deesdae na ’n amper volmaakte vrug wat ’ n oranje kleur met rooi blos het, wat groot genoeg is en ook lekker smaak. Die uitdaging lê daarin om daardie soort vrug te kweek en seker te maak dat opbrengste en uitpakke goed genoeg is om dit winsgewend te produseer.”
Een van die grootste probleme met appelkoosproduksie is die hoë plukkoste omdat dit slegs met die hand gepluk kan word. Meganisasie is moontlik, maar baie duur en moeilik om toe te pas.
Met meganisasie moet die koste van nuwe tegnologie nie uit die oog verloor word nie, sê Jacques. “Hou in gedagte dat die boorduitleg waarskynlik sal moet verander. As meganisasie oorweeg word, moet dit reeds met die beplanning van ’ n nuwe boord in ag geneem word.
“Die bedryf oorweeg verskillende meganisasie-opsies wat spesifiek verband hou met plukplatforms wat vir snoei ook aangewend kan word. Dit vereis egter dat boorde opge- lei moet wees en nie groot, losstaande bome soos tans in die meeste appelkoosboorde nie. Daar is egter in die vrugtebedryf ook verskeie ander maniere waarop produktiwiteit verbeter kan word, soos hidrouliese snoeiskêre en die meganiese uitdun van blomme. Hierdie metodes is egter nie spesifiek by appelkose getoets nie.” Maryke Roberts is ’n vryskutjoernalis.