Appelkose onder druk
Die eerste appelkose van die huidige seisoen is einde November gepluk en die oes was vroeg in Februarie afgehandel. Hoewel die bedryf krimp, is sy dae allermins getel.
Die hoë plukkoste, die gevoeligheid van die vrug en die trae vraag na appelkose oortuig produsente toenemend om na ander vrugte oor te skakel. Met boorde wat al ouer word, help dit nie dat die hervestigingskoste nie deur die huidige winsgewendheid regverdig word nie.
Volgens Hortgro, ’n landbougroep en sambreelorganisasie vir verskeie landboubedrywe, word verskeie appelkoosboorde oud.
Verskeie produsente het in die afgelope paar jare hul bome uitgehaal en die boorde, na gelang van die grondtipe op die plaas, met perskes, pere of wyndruiwe vervang.
Dr. Dirk Troskie, direkteur van besigheidsbeplanning en strategie van die Wes-Kaapse departement van landbou, sê die ekonomiese belangrikheid van appelkose in die SuidAfrikaanse landskap blyk daaruit dat 100 hektaar ’n jaarlikse berekende bruto inkom- ste van R10 miljoen verseker.
“Verder weet ons dat daar gemiddeld meer as een werker per jaar per hektaar heeltyds op appelkose werk. As ons die voorwaartse en terugwaartse skakeleffekte in ag neem, beteken dit dat ongeveer 5 772 mense in die Wes- Kaap vir hul lewe van appelkose afhanklik is.
“Met die verdere aanname dat daar vyf mense in die gemiddelde huishouding in die landelike gebiede is, beteken dit dat daar vir amper 29 000 mense ’ n letterlike verband is tussen appelkooskonfyt en hul daaglikse brood. Hierdie syfers is nie te versmaai vir die mense en regerings in van ons landelike gebiede nie.”
BEDRYF KRIMP
Daar is ongeveer 480 appelkoosprodusente in Suid-Afrika. Oor die afgelope vyf jaar het die oppervlakte onder appelkoosboorde met 10% tot 20% gekrimp, sê mnr. Wiehahn Victor, uitvoerende hoof van van die Inmaakprodusentevereniging (IPV).
In 2011 was daar sowat 530 appelkoosprodusente met 3 462 ha boorde. Volgens die 2013-boomsensus was daar 480 appelkoosprodusente met 3 020 ha boorde.
Europa, die Midde-Ooste en Brittanje is die drie markte waarop Suid-Afrikaanse appelkoosprodusente hulle toespits. Bykans 99% van die vars appelkose wat uitgevoer word, gaan na daardie markte. Daar is steeds groeipotensiaal vir uitvoer na die Midde-Ooste omdat die vraag oor die afgelope agt jaar ver-
Suid-Afrika se appelkoos-oes is amper afgehandel, maar die land se appelkoosproduksie neem jaarliks af. Meganisasie en ander produktiwiteitsvernuwings kan dalk ’n uitweg bied.
dubbel het. In die TABEL bo kan gesien word die markaandeel van die Midde-Ooste het van 12% in 2005/’ 06 tot 24% in 2013/’ 14 gegroei.
Die Turkse oes is vanjaar beduidend kleiner, wat volgens mnr. Jacques du Preez, bestuurder van handel en markte by Hortgro, wel ’n geleentheid vir Suid-Afrika in die Europese mark bied. “Hulle sal egter nie vanjaar die EU kan voorsien nie.”
Jacques sê die 2012/’ 13- oes het 60 796 ton appelkose opgelewer ( GRAFIEK 1 ). Die grootte van die oes verskil egter van jaar tot jaar vanweë die wisselende dragpatrone wat kenmerkend van appelkose is.
Uitvoervolumes vir appelkose in 2014/’15 is na raming sowat 19% laer vergeleke met verlede jaar. GRAFIEK 2 toon die uitvoer en produksie van die afgelope agt seisoene.
KULTIVARS
Daar is ’n wye reeks kultivars wat goed aard in Suid-Afrika, maar die mark bepaal of dit ekonomiese waarde het. Die kultivars wat geplant is, is onder meer Bulida van Spanje, Kaap Bebeco van Griekeland, die Imperial ( Palsteyn), ’ n Suid- Afrikaanse appelkoos wat in 1978 beskikbaar gestel is, en die Supergold, ook ’n plaaslike kultivar, wat in 1986 aan produsente beskikbaar gestel is as kruising tussen Palsteyn en Peeka. Imperial word in die algemeen beskou as die beste grootte appelkoos.
Jacques sê die belangrikste kultivars ten opsigte van die aantal hektare wat aangeplant is, is Bulida, Soldonné, Bebeco, Imperial/Palsteyn, Supergold en Charisma. Hierdie kultivars verteenwoordig 88% van die totale aanplantings.
“Royal en Soldonné is geskik vir droogdoeleindes, terwyl die vernaamste kultivars vir die vars mark Imperial/Palsteyn, Supergold en Charisma is. Hulle het in 2013/’14 altesaam 85% van totale uitvoer uitgemaak.”
Wiehahn sê die plaaslike bedryf is besig met nog kultivarontwikkelings, spesifiek vroeër en later kultivars sodat die seisoen kan verleng. Die kultivar-ontwikkeling kyk na alle aspekte van die vrug vir inmaak, droog en vars; spesifiek appelkose met ’ n rooi blos. Rustic is onder meer ’n plaaslik geteelde nuwe blosappelkoos vir die vars mark.
MINDER INGEMAAKTE APPELKOSE UITGEVOER
Wiehahn sê die oeste by Robertson, Ashton en Bonnievale is vanjaar kleiner as in vorige jare. Suid-Afrika sal daarom vanjaar minder ingemaakte appelkose en puree kan uitvoer.
“Internasionaal word Suid-Afrika gekenmerk deur die lewering van vrugte van die hoogste gehalte. Omdat gewerk word met voedsel wat internasionaal bemark word, is die standaarde baie hoog. Naspeurbaarheid speel ’n belangrike rol – dit wil sê die vrug word van die plaas deur die fabriek tot op die mark gereguleer.”
Die vernaamste appelkooskultivar vir verwerking in Suid-Afrika is Bulida.
Driekwart van die jaarlikse appelkoos-oes in Suid-Afrika word vir inmaak gebruik. “Die verwerkingsbedryf neem jaarliks tussen 40 000 tot 48 000 ton appelkose in. Verlede jaar was die tonnemaat 42 603 en ons skat slegs 31 700 vanjaar,” sê hy. Daarvan word sowat 90% in die buiteland verkoop. Europa is die grootste verbruiker van Suid-Afrikaanse verwerkte appelkose.
“Die verwerkingsbedryf se verwagte prys is vanjaar ongeveer R2 600/ ton tot R2 700/ton vir inmaakgraad 1 teen 100%-gradering. Die internasionale inmaakmark vir appelkose was onder groot druk tot verlede jaar, maar het nou ietwat verbeter.”
GESONDHEIDSHEIDSVOORDELE
Net die beste graad appelkose kan vir inmaak gebruik word. Volgens dieetkundiges en
Europa, die Midde-Ooste en Brittanje is die drie grootste markte vir plaaslike appelkoosboere.