NOU BESKIKBAAR BY ONS WINKEL AANLYN WINKEL
Koop nou na hartelus by Landbouweekblad se aanlynwinkel! Dis maklik, gerieflik en heeltemal veilig. Gebruik jou tyd om rustig jou inkopies te doen en volg net die maklike stappe om jou bestelling te plaas. Moenie wag nie, doen dit nóú!
Dié bemagtigingsprojek probeer swart boere identifiseer, wat reeds suksesvol is en ’n teenprestasie word verwag. Altesame 1 000 top-Angora-ooitjies gaan jaarliks, tesame met ’n rentevrye lening wat binne vyf jaar terugbetaal moet word, aan nuwe toetreders tot die beskikbaar stel.
ONDER:
LINKS:
Mnr. Simon en mev. Katie Miners op hul plaas.
BO:
Mnr. Bongani Ndhlovu, ontwikkelingsbeampte van die Sybokhaarbemagtigingstrust.
Mnr. André Snyman, veekundige by die departement landbou in die Oos-Kaap.
Die Sybokhaar-bemagtigingstrust gaan oor die volgende vyf jaar jaarliks sowat 1 000 Angora-ooitjies aan opkomende boere beskikbaar stel.
nodig, die infrastruktuur op die plaas, soos heinings, bokskure en ’n diptenk, te voorsien.”
Bongani het verseker dat Simon nie nou aan sy eie lot oorgelaat gaan word nie. Al die partye wat by die hulpverlening betrokke is, sal gereeld projekbestuursvergaderings met hom en sy werkers hou en sy vordering noukeurig monitor.
“Anders as om iemand vir jare te mentor, is die boerderyprojekte van die bemagtigingstrust daarop gemik om swart sybokhaarboere in die ware sin kommersieel te bemagtig. Ons meen die sukses is daarin geleë dat diegene wat gehelp word, moet ook ’n teenprestasie lewer. Hierdie boere word ook outomaties lid van die Suid-Afrikaanse Sybokhaarkwekersvereniging (SASKV) en kan dus deur dié struktuur tot die hoogste vlak in die bedryf vorder.”
Maar, sê Bongani, die trust sal nie kommunale sybokhaarboere in die steek laat nie en hulle steeds met kundigheid bystaan. “Ons het reeds ’n ooreenkoms met die Departement van Landbou aangegaan om die Jansenville-proefplaas gratis vir die opleiding van plaaswerkers en kortkursusse vir opkomende sybokhaarboere beskikbaar te stel.”
Simon het op wyle mnr. Louis van Niekerk se plaas Langkloof by Pearston grootgeword waar sy pa ’n arbeider was. Simon het sowat 60 bokke besit toe Van Niekerk se seun, Hugh, die plaas verkoop het. Nadat Hugh van die plaas weg is, het Simon ’n paar kommunale boere by Pearston gehelp om hul kudde te bestuur.
Simon sê omdat hy altyd na sy eie grond gesmag het, het hy by die Departement van Landbou in Somerset-Oos ingevolge sy grondherverdelingsplan aansoek om ’ n plaas gedoen. “Dit het sowat 18 maande geduur voor hulle my laat weet het dat hulle Weltevreden aan ons familie sal verhuur. Ek het toe nog ’n klompie Angoras by twee kommersiële boere en ’n paar Bonsmaras gekoop.”
EIE GELD VIR AANTEELVEE
Mnr. André Snyman, ’n veekundige by die departement van landbou in die Oos-Kaap, sê Weltevreden is drie jaar gelede met die oog op ’n suikerbeetprojek van mnr. George Botha gekoop. Dit is daarna deur die landbounavorsing- en- ontwikkelingsagentskap ( Arda) op Cradock bestuur. “Omdat daar min van die suikerbeetprojek gekom het, het Arda voorheen benadeeldes genooi om aansoek te doen om die grond te huur.”
Nadat Simon se aansoek suksesvol was, het die Department van Landbou ingevolge sy projek vir die verbetering van die produksie van lewende hawe (LPIS) ’n Bonsmarabul en sewe Angora-ramme vir hom gekoop. Hulle het ook die koste vir die produksiemiddels vir die vestiging van mielies voorsien. Ovimba- bank het deur Arda trekkers, werktuie en omheiningsmateriaal ter waarde van sowat R1 miljoen voorsien om die plaaseenheid te help om op die been te kom.
André sê hoewel Simon nie die akademiese bevoegdheid het nie, het hy homself as praktiese boer bewys. “Hy het ’n groot liefde vir sy vee en pas goeie teel- en gesondheidsbestuurbeginsels toe. Simon is hardwerkend en wil graag ’ n suksesvolle boer wees. Sy toegewydheid kan gesien word in die feit dat hy van sy eie geld gebruik het om aanteelvee aan te skaf. Al waarmee ons hom dalk kan help, is om ook goeie boekhouding te doen.”
SUKSESVERHALE
André sê hoewel daar SEB-projekte in die distrik is wat misluk het, is daar darem ook talle suksesverhale. “Dit is net jammer dat die plase van diegene wat deur die Regering bygestaan word, steeds aan die staat behoort. Dit ontmoedig die huurders om kapitaalverbeteringe op die plaas aan te bring. Dié wat uit hul boerdery geld maak, verkies om die meeste van hul inkomste eerder elders as in die huurplase te belê.”
Bongani benadruk dat die trust gekant is teen die uitdeel van geld. “Die soort mense wat ons help, is diegene wat moet besef dat optelgoed nie weggooigoed is nie. Daardie stukkie draad op die plaas wat op die werf rondlê, moet gebêre word vir die dag as dit nodig is om ’n heining reg te maak.”
Simon het tydens die oorhandiging gesê sy mikpunt is om binne vyf jaar met sowat 2 000 Angora-ooie te boer. Hy het ook aan Landbouweekblad die versekering gegee dat die terugbetaling van die lening vir hom geen probleem is nie. “Kom kuier weer vir my oor vyf jaar dan sal meneer sien hoe lekker ek en my seuns hier boer.”
Die trust beoog om oor die volgende vyf jaar jaarliks sowat 1 000 Angoras aan geidentifiseerde opkomende boere beskikbaar te stel.
‘Die soort mense wat ons help, is diegene wat moet besef dat optelgoed nie weggooigoed is nie.’
Dit is nie meer ekonomies regverdigbaar om koeie eers op twee jaar te laat beset raak nie. Verse wat op twee jaar reeds gekalf het, produseer 0,7 meer kalwers as dié wat eers op drie jaar kalf. Daar is ’n groot verband tussen ’n bul se skrotumomvang en die ouderdom waarop sy dogters puberteit bereik.