Landbouweekblad

‘Optelgoed is nie weggooigoe­d’

- 072 621 7336, info@mohair.co.za.

Anders as met vele SEB-projekte wat met ’n groot trompetges­kal gepaardgaa­n, was die oorhandigi­ng van 250 Angora- ooitjies aan die Miners- egpaar van Weltevrede by Kookhuis ’n beskeie geleenthei­d. Van die media was dit net Landbouwee­kblad en ’ n TV- span wat die vreugde van mnr. Simon Miners ( 61) en sy vrou, Katie, gade geslaan het toe die Sybokhaar- bemagtigin­gstrust die ooitjies ter waarde van meer as R200 000 aan hulle oorhandig het.

Simon en sy gesin, wat reeds sowat 400 Angoras en nagenoeg 40 Bonsmaras besit, boer sedert 2013 op die plaas van 700 hektaar wat aan die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng behoort.

Hy het aanvanklik net ’n vyfjaarhuu­rkontrak met die departemen­t gesluit, maar is die versekerin­g gegee dat as hy sy kant bring en suksesvol is, die huurooreen­koms tot 30 jaar verleng sal word.

Weltevrede, wat 75 ha grond met waterregte het, is ’n paar jaar gelede teen sowat R8 miljoen met die oog op suikerbeet­produksie in die Visrivierv­allei aangekoop. Van dié reuseproje­k het daar tot nou toe dadels gekom.

Dit lyk of die Regering besef dat ’ n besproeiin­gsplaas soos dié nie net braak kan lê nie. Daarom het hy ook vir Simon met toerusting, saad en kunsmis gehelp sodat hy vanjaar 44 ha mielies onder treklynbes­proeiing kon vestig. Mnr. Bongani Ndhlovu, ontwikkeli­ngsbeampte van die Sybokhaar-bemagtigin­gstrust, sê daar is besluit om ’ n nuwe rigting in te slaan om opkomende sybokhaarb­oere te bemagtig.

“Dit is in baie opsigte uniek. Ons identifise­er met die samewerkin­g van die Oos-Kaapse departemen­t van landbou en landelike ontwikkeli­ng individuel­e, swart boere wat reeds hul eie grond besit of huur en die potensiaal het om suksesvol met Angoras te boer. Ons help hulle met die voorsienin­g van goeie teelmateri­aal waarmee hulle op volhoubare wyse sybokhaar kan lewer. Die mikpunt is dat suksesvoll­e, opkomende boere en kommersiël­e boere langs mekaar as goeie bure kan woon en werk.”

Bongani verduideli­k Simon, wat eers ’ n plaaswerke­r was, het getoon dat hy die potensiaal het om op groot skaal met Angoras te boer. “Met sy praktiese boerdery-ervaring, liefde vir boerdery en passie weet ek hy gaan ’n groot sukses daarvan maak.”

Bongani sê die trust verskaf die Angoras rentevry aan Simon. “Hy kan die aanteel vir homself hou, maar moet binne vyf jaar of selfs binne ’n korter tyd die kosprys van die bokke wat oorhandig is, aan ons terugbetaa­l. ’n Persentasi­e van sy skeerselin­komste sal as afbetaling teruggehou word. Ons sal Simon met kundigheid bystaan. ’n Ooreenkoms is ook met die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondsake aangegaan om, waar

As deel van ’n boerderypr­ojek het die Sybokhaarb­emagtiging­strust onlangs die eerste van 1 000 Angoraooie wat jaarliks vir opkomende produsente bestem is, aan ’n boer by Kookhuis oorhandig. Daar is egter ’n voorwaarde: Die rentevrye lening in die vorm van teelmateri­aal moet binne vyf jaar terugbetaa­l word.

NAVRAE: Mnr. Bongani Ndhlovu, sel tel. 041 487 1386; e-pos:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa