Landbouweekblad

LBW| RUBRIEK B Verminder die passasiers

-

eesplase oor die wêreld heen het te veel passasiers. Op ’ n beesplaas is hulle winsvreter­s wat veroorsaak dat beesboere nie die wins genereer wat uitbreidin­g moontlik maak nie. Passasiers is meestal daar as gevolg van sentiment, te min dissipline en kopskuiwe wat nie gemaak word nie.

Ek verwys eerstens na verse wat eers op 18 maande of twee jaar beset raak en tweedens na volwasse koeie wat oorslaan.

Ons het al in vorige rubrieke die globale winsindeks (GPI) verduideli­k (met wonderlike terugvoer) en as ons dit gebruik om die verlies aan potensiaal/ produksie van later paring te meet, skrik jy. Kom ons kyk na die feite in TABEL 1 .

Om dus plek te maak ( die aantal koeie minder te maak) vir 20% vervanging­sverse wat op 24 maande gepaar word en op drie jaar kalf, kos dit jou 33% van jou potensiaal.

As jy hulle egter op 12 maande tot 14 maande paar om op twee jaar te kalf, verloor jy net 11% van enige stuk grond se potensiaal. Om dié rede moet jy jouself afvra of jy dit langer kan bekostig om verse eers op twee jaar te paar. Ek glo dit is nie ekonomies regverdigb­aar nie, al kos dit jou ’n paar rand om jou bestuur op te knap.

Navorsing is laag op Suid-Afrika se agenda. Die meeste inligting uit Noord- Amerika is beskikbaar, maar ek glo ons kan dit gebruik om besluite te neem.

Navorsing het bewys dat die bevrugting­skoers van verse met ongeveer 21% verbeter van die eerste ovulasie tot hul derde bulsige (estrus-) siklus (“Pregnancy rates of beef heifers bred either on pubertal or third estrus”, D.J. Byerley e.a., 1987; “Effects of hay quality, breed, and ovarian developmen­t on onset of puberty and reproducti­ve performanc­e of beef heifers”, R.C. Perry e.a., 1991).

Dit het ook getoon dat die tydsbereke­ning van bevrugting in die eerste teelseisoe­n ’n uitwerking het op leeftydpro­duktiwitei­t. Vleisbeesv­erse wat tydens hul eerste dektyd vroeg dragtig raak en as tweejarige­s kalf, het

Al wanneer passasiers ’n goeie ding is, is wanneer jy in die vervoerof toerismebe­dryf is. In ander bedrywe – en veral beesboerde­ry – kan dit noodlottig wees.

Groot testikels tel. Oorerflikh­eidskattin­gs vir vroulike eienskappe is oor die algemeen laag, terwyl oorerflikh­eidskattin­gs van testikelei­enskappe matig tot hoog is.

Nog ’n inskrywing vir ons wedstryd vir boereplann­e wat werk. ’n Kontantpry­s van R1 000 is elke maand op die spel.

1. Mnr. Piet Simpson saag ’n sekelbos af met die Bosvreter.

2. Só voer jy ’n tak by die kerwer in, wys mnr. Oupa Akompe. Op die werktuig is mnre. Percy du Plessis (links) en Eckard van Zyl, wat albei vir Piet werk.

3. Die meul wat die takke in lengtes van 2 mm opkerf.

4. Die fyngemaald­e materiaal word in die tenk omgeroer. Hier kan dan melassemee­l en ander bestanddel­e bygevoeg word.

5. Mnr. David Motsamai vang die voerkorrel­s in ’n sak op.

Kyk na die video op om te sien hoe die werktuig bees- en wildkos van indringerb­osse maak. Mnr. Piet Simpson vertel self hoe sy werktuig funksionee­r.

landbou.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa