COWBOY-LOGIKA
’ n groter waarskynlikheid van dragtigheid as eerstekalfkoeie (“Effect of calving date on subsequent calving performance”, M. J. Burris en B.M. Priode, 1958).
Die verse het ook ’n groter leeftydproduksie wat weerspieël word in groter speengewigte en is geneig om vroeër te kalf in die daaropvolgende jaar (“Date of first calving in beef cows and subsequent calf production”, J.L. Lesmeister e.a., 1973), vergeleke met verse wat later beset raak in hul eerste dektyd.
Die ouderdom waarop puberteit plaasvind en die tydsberekening van daardie gebeurtenis met betrekking tot die dektyd sal dus die tyd van bevrugting in die eerste dektyd, leeftydproduktiwiteit en ekonomiese doeltreffendheid van beesvleisproduksie beïnvloed.
Van die min navorsing wat teen die vroeë paring van verse gedoen is, is in 1921 deur C. W. McCampbell onderneem. Die samevatting van sy navorsing was soos volg: Die koei “herstel nooit volledig van die skok daarvan om op twee jaar te kalf nie” en “as ’ n vleisbees op twee jaar kalf, sal nie sy óf haar kalwers in die daaropvolgende jare so groot wees as wat sy sou wees indien sy op drie jaar gekalf het nie”.
Gelukkig was daar baie ander navorsing wat die voordele van verse wat op tweejarige ouderdom kalf teenoor drie jaar onteenseglik bewys het. Verse wat op twee jaar gekalf het, het wel ’n afname van 14% in kalftempo op drie jaar en vier jaar teenoor dié wat eers op drie jaar gekalf het (“Deferred breeding of beef cows”, R. Withycombe e.a., 1930).
Verse wat op twee jaar kalf, lewer egter 0,7 meer kalwers tot op 6,5 jaar teenoor dié wat eers op drie jaar kalf. As verse kalf, is hul kalwers ligter as dié van koeie, ongeag of die verse op twee jaar of drie jaar kalf. Daarna is daar geen verskil nie. In ’ n ekonomiese ontleding is bewys dat die verskil in winsgewendheid ná vier jaar tussen die twee groepe gelykstaande was aan $ 500/ koei (sowat R5 870), aangepas tot in 2013.
In 1980 het C. A. Morris ’ n groot klomp verslae ontleed oor verse se ouderdom met die eerste kalf. In al die navorsing waarvan hy ’ n oorsig gegee het, was daar geen produksieverskille tussen verse wat op twee jaar of drie jaar vir die eerste keer gekalf het nie, buiten die feit dat verse wat op twee jaar reeds gekalf het, 0,7 meer kalwers lewer as dié wat eers op drie jaar gekalf het.
Seker die grootste vergelyking op grond van ouderdom met kalftyd by vleisbeeste is in 1985 en 1991 in Amerika gedoen deur ’n groep wetenskaplikes onder leiding van R. Nunez-Dominquez. Koeie in dié vergelyking was Angus, Hereford, Korthoring en F -krui
1 se van hierdie rasse.
Die navorsers het na ’ n verskeidenheid eienskappe in dié eksperiment gekyk. Die twee sleutelbevindings was dat verse wat gepaar word om die eerste keer op twee jaar te kalf, 138 kg meer vleis in die vorm van kalwers oor hul leeftyd speen en dat die ekonomiese doeltreffendheid ( uitset- inset) van 6% tot 8% groter was teenoor die verse wat eers op drie jaar gekalf het.
As jy dít nou weet en glo, is die vraag sekerlik wat jy kan doen om verse suksesvol en volhoubaar (winsgewend) vroeër te paar as jy dit nog nie doen nie. Soos met enige ding in die lewe, is alles nie ’n absolute enkelwetenskap en maklik nie, en dieselfde geld vir die antwoord op hierdie vraag.
MAAK DIE KOPSKUIF
Die belangrikste is om die kopskuif te maak. Die Liewe Vader het eerstens diere fisiologies gemaak om dit te kan doen; ons glo dit net nie altyd nie. Tweedens moet jy kyk watter bestuursaanpassing gemaak moet word om dit te laat werk. Dit gaan beslis aanvanklik beter bestuur verg, maar ek glo dit is ekonomies regverdigbaar. Derdens moet jy kyk na die bulle wat jy gebruik. Skrotumomtrek by bulle het dalk ’n groter uitwerking as wat jy tans dink. Onthou laastens dat dit ’n proses
Jy kan ’n man opvoed, maar jy kan hom nie laat dink nie.
is. Jy gaan nie binne die eerste jaar 100% sukses behaal nie, maar jy gaan reeds verbaas wees oor die resultate. Dit werk beter as jy jou diere saam met die natuur laat kalf.
DIE REGTE BULLE
’ n Goeie begin is om die regte soort bulle te gebruik om uiteindelik hierdie vroulike diere te teel.
Puberteit is gewoonlik gedefinieer as die ouderdom waarop die reproduktiewe funksie by diere geaktiveer word. Dit stem ooreen met die veranderings in die hormoonvlakke en die vermoë om seksueel te funksioneer en voort te plant.
By bulle kan puberteit gedefinieer word as die ouderdom waarop ’ n bul in staat is om met ’n ejakulasie 50 miljoen sperms met minstens 10% beweeglikheid (staat van beweging) te kan produseer. Dit is verwant aan ouderdom, liggaamsgewig en testikelgewig.
Ouderdom en die liggaamsgewig by puberteit wissel oor rasse heen, soos getoon in TABEL 2 . Dit is egter interessant om daarop te let dat die skrotumomvang by puberteit (’n aanwyser van testikelgewig) redelik konstant bly op 28 cm en 29 cm, ongeag rasverskille.
In die meeste gevalle wys bulle aanvanklik seksuele belangstelling sowat drie weke voor puberteit, terwyl hul vermoë om vroulike diere suksesvol te dek sowat ses weke ná puberteit bereik word. Hoewel bulle wat puberteit bereik het, kan teel, sal die dier se reproduktiewe vermoë verhoog namate die bul meer volwasse word.
SKROTUMOMVANG
Testikelgrootte of die volume weefsel wat semen produseer, word beraam deur die gebruik van skrotumomvang as verwysing. TABEL 3 toon die skrotumomvanggroottes van bulle van verskillende rasse op verskillende ouderdomme. Skrotumomvang is ’n akkurate en hoogs herhaalbare meting. Dit word verkry deur ’ n buigsame maatband te
gebruik en dit oor die onderkant van die skrotum te laat gly en dan styf te trek aan dié deel van die skrotale sak met die grootste deursnee, met die testes ten volle neergedaal.
Die vraag is gevra: Hoeveel skrotumomvang is genoeg? In ’n studie by vleisbeeste is die waarskynlikheid gevind dat bevredigende semengehalte hoër word tot ’n skrotumomvang van sowat 38 cm. Ná daardie punt is geen bykomende verbetering duidelik nie.
SKROTUMOMVANG EN MANLIKE VRUGBAARHEID
Daar is ’ n hoë verband ( 0,81) tussen skrotumomvang en die hoeveelheid sperm wat geproduseer word. By jaaroudbulle het navorsers opgemerk dat as skrotumomvang groter word, beweeglikheid, die persentasie normale sperms, volume, spermkonsentrasie en die algehele hoeveelheid sperm verhoog word, terwyl die persentasie abnormaliteite verminder. Dit is beraam dat vir elke 1 cm- verhoging van ’ n bul se skrotumomvang oor die bevolking se gemiddelde daar ’n toename van 0,25 cm in skrotumomvang by sy manlike nageslag verwag word.
’n Interessante feit is dat daar ’n groot verband is tussen skrotumomvang en die ouderdom van puberteit by verse. Oorerflikheidskattings vir vroulike eienskappe is oor die algemeen laag, terwyl oorerflikheidskattings van testikeleienskappe matig tot hoog is.
Vir elke 1 cm-verhoging van ’n bul se skrotumomvang sal daar na raming gemiddeld ’ n vierdag- afname in die ouderdom wees waarop sy nageslag puberteit sal bereik. Die variasie van ’n 1 cm-toename in testikelomtrek op die vermindering in die ouderdom waarop puberteit bereik word, is 0,75 dae tot 10 dae.
Dit word aanvaar dat die vroulike nageslag van vaars met ’n bogemiddelde skrotumomvang vroeër puberteit bereik en ook oor ’n langer leeftyd met reproduktiewe potensiaal beskik.
Om verse vroeër te paar, geen genade te hê vir oorslaankoeie nie en om bulle met die “regte” skrotums te gebruik kan boere nóg drie stukkies byvoeg om die legkaart vir winsgewende beesboerdery te voltooi.
Jou mikpunt moet wees om ’n ekstra kalf per leeftyd uit elke vroulike dier te kry. Die leuse moet wees: Elke dier moet van die ouderdom van twee jaar af elke jaar ’n dividend lewer: óf ’n kalf óf haarself.
Mnr. Gerrit van Zyl besit die Hanzyl-Bonsmarastoetery buite Dewetsdorp. Hy is die eienaar van die Landbounavorsingsraad en Absa se Nasionale Prestasietoetskudde van die Jaar (vir 2009 tot 2011) en was al Voermol se nasionale Beesboer van die Jaar vir 2011.