Landbouweekblad

KORTE METTE MET BOSSE

-

Mnr. Piet Simpson hou koedoes, rooibokke, ribbokke, rietbokke, njalas en kleinwild, soos steenbokke, aan. Hy verkoop nie jagte aan biltongjag­ters nie, want hy kry tot vyf keer meer vir ’n lewende bok.

Hy het goeie soetveld en daar is minstens 20 grassoorte op die plaas. Die oorheersen­de soorte is litjies-, smutsvinge­ren witbuffelg­ras, en ’n bietjie bloubuffel­gras. Dit is alles goeie soetgrasse met ’n hoë voedingswa­arde deur winter én somer.

Ongelukkig is daar baie indringerb­osse, veral sekelbos, geelhaak, swarthaak en vaalboom (sandgeelho­ut). Dit is hoekom Piet die Bosvreter in 1993 ontwerp het sodat hy indringerb­osse kon afsaag. Toe ander boere daarvan hoor, moes hy vir hulle ook van dié sae bou. Spoedig het hy dit in Landbouwee­kblad begin bemark. Hy het al sowat 2 000 Bosvreters verkoop.

“Hoewel sekelbos die bekender indringerb­os is, kan die meeste bome só toeneem dat dit ’n probleem vir ’n bees- of wildboer word. Bome haal die meeste vog uit die grond en dan moet die grasse met die bietjie vog wat oorbly, klaarkom.”

Dele van die distrik waar die drakrag jare gelede 7 ha per grootvee-eenheid (GVE) was, is deesdae net 10 ha/GVE en in ernstige gevalle selfs 20 ha/GVE. Kampe wat Piet al ontbos het, het soveel verbeter dat die drakrag nou weer 7 ha/GVE is.

Om veld te ontbos, kos tot R3 500/ha of selfs meer. In die begin het hy die afgesaagde bosse in die veld laat lê. Dit die oppervlakt­e teen vee en wild beskerm. Die gras het kans gekry om te groei, saad te skiet en te vermeerder. Mettertyd vergaan die takke en dan is daar goeie weiding.

“Ek het eendag in 1993 in die veld loop en soek na ’n rooibok. Toe die soveelste doringtak aan my haak, het ek besef hoe ruig die bosse geword het. Net daar het ek besluit: Ek gaan julle opfoeter,” lag Piet.

By die huis het hy sommer op die grond ’n masjien geteken wat hy wou bou en dit is hoe die Bosvreter ontstaan het.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa