Landbouweekblad

Varkskenke­lpastei met appel en salie

-

Skenkels bevat natuurlike gelatien, wat vrygestel word wanneer dit lank en stadig gaargemaak word. Dit is dus die ideale vleissnit om vir hierdie pastei(e) te gebruik omdat jy wil hê dat die vulsel ’n mate van vorm moet behou wanneer jy die pastei sny. Die varkpastei met sy heerlike, ryk brosdeeg is vir my op sy lekkerste teen kamertempe­ratuur, met romerige koolslaai, ’n skeppie goeie heelkorrel­mosterd en vars appelslaai daarby. Maar jy kan dit net so maklik warm voorsit met ’n romerige aartappelg­ebak en ander warm groente daarby.

Ryk brosdeeg

1 125 ml (41/ koppies) koekmeel

2 10 ml sout 250 g koue botter, gerasper of in klein blokkies gesny 180 ml koue vars room of suurroom Yswater, indien nodig

Vulsel

5 vars varkskenke­ls 2 bottels appelbier (soos Savannah) Water Hand vol growwe sout Hand vol salieblare 15 ml vars gemaalde swartpeper 30 ml olie 2 ui, fyn gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gekap 125 g (halwe pak) spekvleis, baie fyn gesnipper 3 groen appels, geskil, ontpit en gerasper 15 ml fyngekapte vars salie 3 snye wit- of volgraanbr­ood, fyn gekrummel 10 ml aangemaakt­e Engelse mosterd Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

1 eier, geklits 45 ml melk

Maak eers die deeg: Pols die meel, sout en botter in ’n voedselver­werker tot krummelrig. Voeg die room of suurroom by en pols tot klam krummels vorm wat aan mekaar begin vassit (as die mengsel nog te droog lyk, voeg ’n paar druppels yswater by). Keer uit op ’n werksopper­vlak en druk bymekaar. Draai toe in kleefplast­iek en verkoel vir minstens 30 minute, of tot jy reg is om die deeg te gebruik. (Die deeg vries ook goed.)

Vir die vulsel: Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit die skenkels in ’n diep, oondvaste swaarboomp­ot. (Gebruik ’n kleinerige pot, sodat die skenkels styf teen mekaar in ’ n enkellaag lê.) Voeg die appelbier by en voeg genoeg water by sodat die skenkels heeltemal met vloeistof bedek is. Sprinkel die growwe sout, salieblare en peper oor. Bedek met ’n stewige deksel en sit in die oond. Bak vir ongeveer 3 uur, of tot die skenkels so sag is dat die vleis van die bene afval. Haal uit die oond, skep die skenkels uit en laat afkoel. Sit die pot op ’ n stoofplaat en kook die vloeistof af tot daar ongeveer 250 ml oor is. Hou dit ook eenkant, tot afgekoel. Sodra die skenkelvle­is koud genoeg is, sny die vel af en gooi weg. Sny die vleis van die bene af en vlok dit met ’ n vurk in klein 

LINKS: Die Vaalrivier vloei regs verby die setperk op die tweede gat op Parys se gholfbaan. Jy moet jou storie op dié baan ken om nie te veel balle aan die rivier af te staan nie.

BEGINSELS VIR GEENBEWERK­ING IN DIE TUIN

Voed jou grond, nie jou plante nie. Organiese kompos, wurmtee, kompostee en ander organiese materiaal sal die grondorgan­ismes aan die gang help kry en hulle sal vir jou plante sorg. Jy’s op heilige grond! Beplan jou beddings se wydte só dat jy alles van buite af kan bykom sonder om in die bedding te trap en die grond te verdig. As jou beddings reeds gevorm en te wyd is, sit trapklippe neer om op te loop. Maak toe. ’n Goeie deklaag keer dat onkruid opkom en hou die grond klam en koel. Dit beskerm ook die plante en grondlewe. Leef naby aan die grond. Behalwe dat ’n mens die meeste leer deur tyd met jou hande in die grond deur te bring, klop niks die terapeutie­se gevoel en geure van lewende, gesonde grond nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa