Landbouweekblad

Watersport(s) op Parys S

- NAVRAE: Tel. 056 818 1567 of web: www. parysestat­e.co.za.

wem, snorkel, visvang, waterski en gholf is van die watersport­e wat jy op Parys kan beoefen. Ja, jy’t reg gelees, gholf. Want Parys se gholfbaan is basies ’n eiland omring deur die kronkelend­e Vaalrivier. Om dié rede het jy dikwels ’ n nood van ’ n balletjie wat in die water dryf!

Die baan is in die Vrystaat geleë, maar met ’ n wilde skilhou kan jou bal in Noordwes eindig. Die somerreën het die baan goed gedoen en die groen tapyt keer dat jou bal baie rol op die skoonveld. Hoewel die uitstekend­e setperke by die bestes in die land kan kers vashou, is die bowwe en skoonveld nie heeltemal op dieselfde standaard as die bane met bekender name nie. Dit gaan jou egter nie veel pla nie. Parys se gholfbaan is een van die treffendst­e uitlegte waarop jy al gespeel het. Daar is water in die spel by die meeste gate, vat dus genoeg balle saam as jou radar ’n bietjie uit is.

Die baan begin heel vriendelik met ’n syfer 4 streep 13. Dis nie lank nie, maar dit waarsku jou wel oor hoe om dié baan te speel: Slaan reguit! Jy moet op die skoonveld wees, gebruik dus ’ n driehout of yster om van die bof af te slaan, veral as jou blaaie nog effe styf is.

Sommer op die tweede gat is daar ’n bedrieglik­e syfer 4 streep 7. Die rivier vloei regs teen die setperk op die spoggat verby.

Die syfer 4 sesde is seker die moeilikste op die baan en dra dus die streep een-titel. Langslaner­s moet eerder ’n driehout vir die afslaan gebruik, want hy word baie nou voor – en moet liewer nie regs gaan as jy die water wil vermy nie. ’n Syfer op die sesde gaan vir jou soos ’n voëltjie voel.

Gat 10 tot 12 het geen water nie, maar nommer 13 maak op daarvoor. Die agttiende putjie met ’n sandkuil links op die skoonveld en die Vaalrivier regs van die setperk, hou ’n risiko in, maar die beloning is groot – veral as jy dit regkry om ’n voëltjie te behaal.

Cobie le Grange en DDV Designs het die baan sowat agt jaar gelede uitstekend oorgedoen. Dis ’n syfer 72-baan wat nie vreeslik lank is nie, maar jou lekker toets. Die baan het ál die gewone dinge wat jy van ’n spogbaan verwag, soos goeie oefengerie­we, vriendelik­e personeel en ’n gemaklike klubhuis met yskoue bier en flink diens – en dis boonop heel billik.

As die rivier ál jou balle insluk, ruil maar jou setstok vir ’ n visstok. As jy dan nie ’ n voëltjie kan kry nie, kan jy miskien ’n geelvis uittrek!

Die Vaalrivier kronkel al langs Parys se pragtige gholfbaan – ’n korterige baan wat jou lekker toets en dalk eerder na die visstok sal laat verlang. Daar is water in die spel by die meeste gate. So, vat genoeg balle saam as jou radar ’n bietjie uit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa