Landbouweekblad

GROENVINGE­RS - KOMPOS IN LAE, SOOS LASAGNE

- ALETTE DE BEER

k het die grootste deel van my lewe iewers ’n ding aan die groei gehad. Hoewel ek gewoonlik darem ’n kruieblaar of twee oor my slaai kon snipper of ’ n hand vol aartappelt­jies uit ’ n ou motorband kon oes, het my voortvaren­de groentepla­ntpogings dikwels middelmati­ge tot lae vlakke van sukses opgelewer. Ek het eenvoudig te min geweet en te min tyd en aandag aan die hele proses geskenk.

Tot ek in 2012 saam met my kêrelman “plaas toe” getrek het. Die “Plaas” is in die droë BoKaroo, 50 km van die naaste dorp af, 300 km van die naaste Woolies en nog verder van die beloofde land se Saterdagma­rkte vol organiese produkte en vreemde persoonlik­hede. ’n Behoorlike groentetui­n was eenvoudig ’n moet.

Ons het weggesprin­g met ’ n halfgebakt­e plan en baie geesdrif. Teen daardie tyd het ek al heelwat meer gelees en geleer oor kostuine en permakultu­ur en hy het ’ n komposkurs­us agter die blad gehad. Wat ons nie geweet het nie, kon ons vinnig Google, en so het ons ’ n ongebruikt­e stukkie harde rooigrond vol onkruid en duwweltjie­s stelselmat­ig in ’n tuin begin omskep.

Ons het einde herfs, ná die planttyd, op die plaas aangekom en het dus tyd gehad om voor die lente die onkruid te tem en die grond te verbeter. Alle herfsblare (my “skonies” (skoonouers) is netjiese mense – hier word báie gehark), grassnysel­s, kraalmis en kombuisafv­al is na die groentetui­n gekanalise­er en nou en dan natgespuit om vinniger te verrot. Dit het naderhand een massiewe, informele komposhoop geword.

Mettertyd het ons die kuns van lasagne- beddings beter baasgeraak. Jy bou basies ’n komposhoop in lae, soos ’ n lasagne ( koerantpap­ier, gevolg deur afwisselen­de bruin en groen lae, soos kraalmis, grassnysel­s, groenteski­lle, strooi, boombas of houtskaafs­els). Ná ’ n paar maande het jy ’n lieflike bedding vol ryk, krummelrig­e grond. Die erdwurms en ander grondorgan­ismes help die ruwe materiale afbreek en inwerk en só verbeter jou grondgehal­te sonder die sweterige partytjie van spit en graaf steek en skoffel (hoewel ’n bietjie graaf steek uitstekend­e oefening is as die gim so ver is).

Ná ’ n ruk het ons die hope halfverrot­te kompos- grond in netjieser rye gekrap om beddings te maak. Die paadjies tussenin is met ou karton of koerantpap­ier uitgelê en met strooi bedek om die onkruid te versmoor. Die

Span erdwurms en grondorgan­ismes in om kinderspel­etjies van jou groentetui­n e te maak. Die erdwurms en ander grondorgan­ismes help die ruwe materiale afbreek en inwerk en so verbeter jou grondgehal­te.

Bolaag

100 ml songedroog­de tamatiepes­to 100 ml ontpitte olywe Roket of basiliekru­id

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verwerk die soutkoekie­s tot krummels en voeg die gerasperde kaas en botter by. Meng goed. Skep in ’n losboomkoe­kpan van 22 cm en druk die krummels op die boom van die pan vas. Bak vir 15 minute.

Terwyl die kors bak, klits die bestanddel­e vir die vulsel goed saam. Haal die kors uit die oond en verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C.

Skep die kaasmengse­l op die kors, sit terug in die oond en bak vir 30-40 minute tot die kante ferm, maar die binnekant nog effens sag is.

Haal uit die oond en laat die koek in die pan afkoel.

Verkoel tot 30 minute voor opdiening.

Smeer tamatiepes­to oor die koek en sprinkel olywe en roket oor.

Lewer 14-16 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa