Landbouweekblad

Beskuit en besigheid in haar bloed D

- NAVRAE: Me. Maggie Steyn, sel 084 811 4534.

ie verskil tussen sukses en mislukking is die geesdrif wat jy daarin ploeg, vertel me. Maggie Steyn, die vrou agter Maggie se Spens wat watertandl­ekker beskuit bak wat op talle Wes- Kaapse winkelrakk­e pryk. “Ek droom groot en is so gelukkig met wat ek sover bereik het. Beskuitbak is my passie.

“Ek dink dit was alles die moeite werd om klein te begin. Ek het my ondernemin­g begin met een Defy-oond in my plaaskombu­is en R262 in my sak waarmee ek meel en twee klein pannetjies gekoop het.”

Die ondernemin­g het só gegroei dat sy nou aan meer as 70 winkels beskuit lewer. “’n Mens moet vreesloos in die sakewêreld wees. Harde werk is altyd die moeite werd.”

Maggie, wat op die plaas Soutfontei­n tussen Malmesbury en Moorreesbu­rg woon, het self haar beskuitres­epte ontwikkel en vervolmaak en in 2000 vir mense op die dorp begin bak. Kort daarna het ’ n winkel, Die Kontreispe­ns, op Malmesbury ook bestel.

In 2004 het sy haar produkte by die plaaslike wynfees uitgestal. “Twee vroue moes my twee baba’s in stootwaent­jies rondstoot terwyl ek my produkte verkoop!”

Maar dit was die moeite werd, want die eienaars van die dorp se Superspar en Pick ’n Pay was ook by die fees en het haar gevra om vir die winkels beskuit te lewer. Dit was die begin van baie lang ure en laat nagte in die kombuis.

“Ek moes elke uur met my Defy-oond bak, twee panne op ’n slag. Soos die beskuit uitkom, moes ek sny en dan in die aand droog en verpak. Terwyl my kinders snags slaap, het ek gewerk. En wanneer ek soggens die kinders speelskool toe neem, het ek my beskuit afgelaai. Later, toe die winkels vermeerder het, het ek koerierdie­nste begin gebruik.”

Sy maak karringmel­k-, bros volgraan- en semelbesku­it. In 2010 het haar resep tweede gekom in die tydskrif Fair Lady se beskuitbak­kompetisie. “My kinders dink my beskuit is die heel lekkerste wat daar is, en wil my eendag as hulle groot is daarmee help.”

SKULD AFBETAAL

Maggie het vanaf 2003 in ’n buitegebou op die plaas gebak. Sy het nog ’ n Defy- oond (tweedehand­s) en ’n menger aangeskaf.

In 2009 het sy geld by die bank geleen om die gebou in ’ n beskuitfab­riek te verander volgens Pick n Pay en Spar se standaarde vir ’n bakkery. “Ek het net twee plastiekta­fels, twee oonde, vier panne en ’n menger gehad – en die groot gebou wat ek moes afbetaal. Ek het tot baie laat gebak en moes saans weer na die fabriek stap om die oonde af te sit.”

Later het nog ’n groot tweedehand­se oond en 18 panne gevolg. “Ek moes nog geld leen, maar teen 2012 was my oonde en die fabriek afbetaal. Ek het elke sent van my wins teruggeplo­eg. Ek spaar reeds vir my derde groot oond en sal graag landwyd wil verkoop, selfs oorsee. Daar is reeds buitelands­e belangstel­ling.”

Met net R262 en drie klante het dié boervrou veertien jaar gelede haar beskuitond­erneming in haar plaaskombu­is begin. Vandag staan daar ’n volwaardig­e fabriek op die plaas en sy lewer aan meer as 70 winkels regoor die Wes-Kaap. Die buitelands­e mark wink ook. ‘Ek moes elke uur met my Defy-oond bak, twee panne op ’n slag.’

Pick n Pay se werksessie en ekspo vir klein ondernemin­gs gedoen om my te bemagtig.”

WERKSKEPPI­NG EN BEMARKING

Maggie sorg dat haar fabriek se administra­sie, higiëne, personeelo­pleiding en geskikthei­d as voedselper­seel stiptelik in stand gehou word. Die fabriek word jaarliks geoudit.

Sy neem vier vrouens van die omgewing heeltyds in diens. “Ons werk goed saam en het gereeld indiensopl­eiding. Ek is die bakker en hulle help my sny, droog en verpak. Hulle sorg ook dat die fabriek elke dag skoon is. Hulle geniet hul werk. Ter aanmoedigi­ng koop ek elke keer as die vragmotor hier was vir hulle ’n koek.”

Sy doen haar eie bemarking – van winkel tot winkel. “Al die Pick n Pay winkels in die Wes- Kaap koop my beskuit, asook sekere takke van Spar, Checkers, OK, Saverite en Shoprite. Deesdae lewer ek regstreeks in ’n groot Pick n Pay-vragmotor in die hele WesKaap af.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa