Landbouweekblad

ME. MAGGIE STEYN

- WAT MAAK JOU PRODUK UITSONDERL­IK? WIE IS JOU MENTOR?

IN HAAR BLOED

Maggie het in Vrijzee, Kaapstad, grootgewor­d. Sy het die sakewêreld reeds as kind leer ken toe sy haar pa in sy restaurant, Kelkiewyn Restaurant, in Goodwood gehelp het.

“Ek het ook by fabrieke klere gekoop en dit verkoop. Besigheid is in my bloed, daarom dat ek ons kinders leer jy moet werk vir jou geld.”

Albei haar oumas en haar ma het altyd beskuit gebak. “Ek kon nie wag om die krummels te eet soos die nat beskuit gesny word nie. Ek het gekyk hoe hulle knie en bak en baie by hulle geleer.”

Sy het eers in die versekerin­gsbedryf gewerk en kursusse in die kleinhande­lsbedryf voltooi. As pasgetroud­e boervrou het sy 16 jaar gelede besef dis vir haar lekker om konfyt te kook en koekies en beskuit te bak.

“Ek wou altyd my eie ondernemin­g begin en het veertien jaar gelede gesien daar is ’n gaping in die mark vir beskuit. Ek het ’n eendag-bakkursus by South Bakels (spesialist­e in die bakbedryf) in Parow gaan doen. Ek het ook deurentyd kursusse in sakebestuu­r by Me. Maggie Steyn van die plaas Soutfontei­n se beskuitond­erneming het in haar plaaskombu­is begin. Vandag voorsien sy talle winkels in die Wes-Kaap van haar tuisgebakt­e beskuit. Maggie se Spens getuig van gehalte. Dis tuisgebak en só lekker mense wíl dit koop. Mnr. Raymond Ackerman van Pick n Pay. Ek het hom op jaarlikse kursusse en vergaderin­gs ontmoet. Hy’s so ’n nederige man. Hy moedig my altyd aan om nooit my drome prys te gee nie.

WAT WAS DIE MOEILIKSTE DEEL VAN JOU ONDERNEMIN­G?

Ek moes sonder geld begin en het te stadig na my sin gegroei.

WAT IS DIE BESTE RAAD VIR SUKSESVOLL­E BEMARKING?

Ek bemark self my beskuit, maar glo vas as jy alles insit in jou produk, sal dit vanself verkoop.

‘ ’n Mens moet vreesloos in die sakewêreld wees. Harde werk is altyd die moeite werd.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa