Landbouweekblad

Dans met die dood in die Boiling Pot E

-

k het besef ek is in die hande van die Here, toe lê ek op my rug . . . ek het heeltemal ontspan, onthou Andries van Tonder die oomblik toe hy hom aan die kragtige seestroom oorgegee het. Die een wat hom die Indiese Oseaan ingetrek het nadat hy en sy vriend Danie van Tonder van die rotse afgeslaan is terwyl hulle met ’n koperhaai van 2,4 m stoei. “Ek meen ek was so ontspanne omdat ek gedink het ek is klaar dood.”

Andries se oorgawe het gekom ná ’n gespook om uit die Boiling Pot te kom – ’n diep gat wat al talle vissermann­e geëis het. En Danie? Wel, hy het na veiligheid geskarrel nadat ’n brander hom op die rotse hoog bo die waterlyn gegooi het.

Hoewel Danie en Andries al twee Van Tonders uit Dewetsdorp se wêreld is, is hulle nie naby familie nie. Toe Danie in Desember 2009 grond huur by Andries – wat toe pas met kanker gediagnose­er is – het hulle uitgevind hulle is al twee versot op hengel. Andries het jare lank glad nie visgevang nie, maar Danie is ’n fanatieke hengelaar wat daar en dan vir Andries genooi het om saam met hom Wildekus toe te gaan.

Vroeg in Mei 2010 het die opgewonde vriende op Mazeppabaa­i aangekom. Die baai is bekend vir sy haaie – waaronder ’n witdoodsha­ai van 791 kg wat vroeg in die 1980’s uitgetrek is. Hulle wou gaan lyn natmaak by die Boiling Pot, nie ver van Shark Point af nie. Teen laatmiddag het Danie ’n vis aan die hoek gehad wat gelyk het of hy nie te hard gaan terugbakle­i nie. Die gety was besig om in te kom en toe, skielik, laat waai die vis – teen só ’n spoed dat Danie se lyn aan ’n regop rots, waaroor die water al du, vashaak.

Kort voor lank het hulle nie net die lyn losgekry nie, maar tot bo-op die rots gevorder. Andries het die vishaak in ’n gleuf gehaak om vashouplek te kry, terwyl hy Danie regop hou in die branders – die water het nou al tussen hulle bene deur gebars. Teen dié tyd was dit al donker. Hul enigste lig was ’n flitslig wat Andries in sy mond vasgeklem het.

Uiteindeli­k het hulle, nadat hulle ’n paar keer posisies geruil het, die haai net enkele meters van hulle af gehad en hulle kon dit tot in ’n klein inham instoei. Dié inham was naby die Boiling Pot se diep waters, maar het ook vinnig vol geraak weens die inkomende gety.

Die haai was so te sê dood gestoei. Die twee mans het afgespring, die lyn gesny en vinnig die haai tussen opeenvolge­nde branders gemeet. Maar hulle was vasbeslote om hom uit die gevaarsone te kry sodat hulle daardie allerbelan­grike foto’s kon neem. Maar dit was ’n aaklige fout . . .

“Andries het die stert beetgehad en ek die vishaak, en toe het hy die vishaak gevat en ek die stert, maar ons kon net nie die haai gelig kry nie,” onthou Danie. “Die volgende oomblik hoor ons die water oorkom . . . Ons het na mekaar gegryp en ons is saam met die haai meegesleur.”

ANGS EN PANIEK

Binne ’n oogwink was hulle in die Boiling Pot, met kragtige branders wat hulle teen die rotse vasslaan. “Ek onthou in een stadium het ek besef dis alles verby; dís hoe ek aan my einde gaan kom,” onthou Danie. “Ek onthou ek het vir die Here gevra om na my kinders te kyk en ek kon voel hoe my liggaam slap word en my hande oopmaak.”

Andries, wat taamlik swak was weens sy stryd met die kanker, het voor sy geestesoog die gedenkplaa­tjies gesien met die name van die Boiling Pot se slagoffers daarop.

“Toe ek onder die water wegraak, het ek gedink aan wat Danie vir my gesê het,” onthou hy. “Blykbaar is daar gleuwe onder die rotse waarin ’n mens gespoel word en dan vreet die krappe jou daar op.”

Toe, asof uit die niet, slaan ’ n kragtige brander hulle teen rotse wat hoog bo die waters van die Boiling Pot uitsteek. Danie kon aan die rotse vasklou en veiligheid bereik, maar hy was erg gehawend. “Ek het aanmekaar water gekots,” onthou hy. “En ek het ’n slegte hou op die been gekry – ek was mank.” Toe hy tot verhaal kom, het hy met ’n skok besef Andries is weer onder die water onder hom ingetrek. Paniekerig het hy in die stikdonker­te vir hom geskree hy moet sy visstokemm­er verwyder en sy waterstewe­ls uittrek. Hy het teruggeklo­uter na die bakkie om twee koplampe en ’n sinker te kry wat hy na Andries – ongeveer 20 m see-in – gegooi het. Toe die lyn slap word in die stok se ogies, het hy geweet die sinker is af. Hy het gehoor hoe Andries skree die stroom is te sterk, kort voordat ’n massiewe brander aangebulde­r kom. Andries was weg.

Wat Danie nie geweet het nie, is dat Andries ’n deurslagge­wende besluit geneem het: Om op te hou veg teen die stroom. “Ek het besluit al kans wat ek het, is om diepsee toe

Toe die Vrystaatse boere Danie en Andries van Tonder in die Wildekus se berugte Boiling Pot meegesleur is, het hulle nie geweet of hulle dit gaan oorleef nie, maar vandag kan hulle ’n ongeloofli­ke oorlewings­torie vertel.

koers te kies sodat ek uit die branders kan kom,” onthou hy. “Want net as jy jou kop bo die water kry, dan slaat hy jou weer in.”

Binne ’n oogwink het die stroom Andries weg van die rotse af gesuig en kort voor lank kon hy nie eens meer die branders 

GESIN

 se slae hoor nie. Hy het op en af gewieg in deinings van 4- 5 m. Die enigste stukkie land wat hy kon sien, was die rooi liggie van ’n selfoontor­ing wat verskyn elke keer as hy op die kruin van die deining was.

Verder het hy erg gebloei weens die slae teen die rotse en in die stillighei­d het hy vrede gemaak met die moontlikhe­id dat ’n haai hom gaan gryp. “Ek het geweet die water wemel van witdoodsha­aie,” onthou hy. “Ek het besef as een my vat, sal dit vinnig wees; ek sal nie eintlik iets voel nie.”

En toe, ongeveer anderhalwe uur later, hoor hy die veraf geluid van branders wat breek. Dit het anders geklink as branders wat rotse tref en hy het besef dit moet op ’n strand breek. “Ek het begin swem – die stroom het my nie meer getrek nie. Die eerste brander het ek met my lyf gery, maar die tweede een het my in die grond ingedonner. Die derde een kon ek weer gery kry,” onthou hy. “Toe ek opstaan, was die water kniediep, maar ek was in my moer in.”

Teen dié tyd was dit al 20:50 en Andries was amper twee uur in die see. Hy het op die strand rondgestro­mpel – gedisoriën­teer, swak, verniel en bebloed – maar toe op ’ n klein houthek afgekom. Hy het dit oopgemaak en met ’n paadjie opgestap na die hotel toe. Daar het hy hom by ’ n geskokte ontvangsda­me aangemeld. “Ek het vir haar gesê sy moet hulle laat weet ek is nie dood nie.”

TWEEDE KANS

Teen dié tyd het hengelaars en hotelgaste met flitsligte al bymekaar gekom om na Andries se liggaam te soek, maar al wat hulle kon kry, was die uitgespoel­de vishaak. In ’n stadium het ’n voorwerp ongeveer 80 m see-in op die kruin van die deining sigbaar geword toe een van die bakkies se ligte daarop geval het. Almal het natuurlik geweet selfs al was dit Andries, was daar niks wat hulle kon doen nie omdat hy te diep die see in is.

Ná meer as ’n uur is die soektog afgelas. ’n Geskokte en gekneusde Danie het saam met Lionel Acton, eienaar van die Mazeppabaa­i-hotel naby die toneel gebly en hom begin gereed maak vir die gevreesde oproep na Andries se geliefdes. Maar toe, skielik, lui Lionel se selfoon en iemand sê vir hom ’n bloeiende man het by die hotel aangekom en vir Danie gevra.

Hulle het in die bakkie gespring en hotel toe gejaag. “Daar was ’n man op die vloer,

deur Alison Fast en Wendy Paterson, R100, Penguin Random House

Die verhaal van ’n negejarige meisie wie se verhouding met ’n ou boom haar deur ’n baie belangrike tyd in haar lewe lei. Die storie is geïnspiree­r deur die ware bestaan van ’n boom op die Imhoff-plaas in Kommetjie. Die storie help kinders konsepte, soos gaafheid, geluk en vriendskap, verstaan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa