Landbouweekblad

V OOR EET EN GENIET

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

olgens die wyse prediker is die voorreg om te kan eet en gawes uit die hand van God ( Spr. 2: 24) daar om te geniet. Ons mag egter nie vergeet van die gawes op ’n hoër vlak nie, naamlik wysheid, kennis en blydskap (vers 26).

Dis so tragies dat ’n mens meermale eers iets moet verloor voor jy besef wat jy al die tyd ontvang het. ’n Goeie voorbeeld is ons daaglikse handeling van eet, drink en geniet. Ja, toegegee, daar is darem nog mense wat ’n vinnige gebedjie opsê voor die eet-en-drinkgenot, maar dis ook nie meer algemeen onder mense wat deurgaan as gelowiges nie. Met skaamte en skande moet ek bely dat dit ook al in ons eie huis gebeur het dat iemand aan die begin van die ete gevra het: “Het ons al die seën gevra?” Dan kyk ons vir mekaar tot iemand onthou: “Ja, ons het!” Of: “Nee, nog nie!”

Nou wat sê ’ n mens daarvan? Nie goed genoeg nie! Teen die agtergrond van ons tafelgebed lê daar ’n paar dinge wat ons sterker behoort te beklemtoon. Eerstens: Jy is bevoorreg om voedsel op die tafel te hê. Dis nie so vanselfspr­ekend as wat jy dink nie. Al gehoor van hongersnoo­d?

Tweedens: Jou gesondheid om te kan eet en geniet is ook nie so vanselfspr­ekend nie. Al gehoor van siekte wat jou eetlus wegneem? Derdens: In jou Christelik­e opvoeding het jy geleer dat alle goeie gawes van die Here af kom. Onthou jy dit nog?

Maar God se gawes strek veel verder as eet, drink en geniet. Kennis, wysheid en blydskap is gawes wat spesifiek aan die mens gegee word. Kennis is mag en mag kan reg of verkeerd aangewend word. Eers wanneer die wysheid bykom, sal die kennis reg toegepas word. As dít gebeur, sal die blydskap lei tot die groter vervulling van ons menswees.

Let dan op wat die Prediker verder sê: “God gee dit alles aan die mens met wie se lewe Hy tevrede is” (Pred. 2:26).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa