Landbouweekblad

Vinniger, akkurater strooier is eersteklas

- NAVRAE: Tel. 012 719 9062; e-pos: sales@radium.co.za.

Di e nuwe, verbeterde weergawe van Radium se reeds bewese reeks strooiers is gemik op die vinnige, akkurate toediening van organiese misstowwe, soos hoendermis of kompos, kalk en kunsmis.

Radium is ’ n bekende naam in die landbou met betroubare, plaaslik vervaardig­de werktuie, waens en landboutoe­rusting wat al dekades lank aan boere gelewer word. Trouens, die derde generasie van die Roest-familie, Gareth en Grant, is tans saam met hul pa, Mike, aan die stuur van sake by Radium.

“Met die bekendstel­ling van die derde generasie van ons strooiers het ons ’n hele aantal verbeterin­gs aangebring,” sê Grant.

Die verbeterde ontwerp gee meer aandag aan vinniger en akkurater toediening, maar ook makliker hantering en versoenbaa­rheid met moderne tegnologie.

En “vinnig” beteken dit dien tot 5 ton per hektaar toe teen 30 km/h.

“Ons strooiers het die vermoë om vinniger te werk as wat die tipiese trekker die wa sal kan sleep. Dit is goeie nuus vir boere wat dié nuwe modelle wil aanskaf sonder vrees dat dit nie sal kan byhou met kragtiger trekkers nie. Tans is ons strooiers aan die voorpunt wat tegnologie en werkverrig­tingtempo betref.”

Een van die faktore wat die vinniger sleepspoed moontlik maak, is ’n verbeterde veringstel­sel. Die sleepstang van die ProSpread se topmodelle (310, 312, 315, 320 en BulkSpread 313) is geveer en kan daarom vinniger, maar steeds veilig, oor lande ry.

Volgens Grant is die nuwe ontwerp nie net prakties nie, maar ook mooi om na te kyk. “Die strooiers is ergonomies ontwerp, funksionee­l en behou steeds die werkverrig­ting van ’ n swaardiens­masjien. Ons het ook aandag geskenk aan ’n meer estetiese ontwerp en afwerking wat die trots van enige landbouer sal wees.

“Danksy die opgraderin­g van die hidroulies­e stelsel, wielstelse­l, vering en monitering­stegnologi­e kan ons met vertroue sê dat dit van die beste op die mark is teen ’ n baie mededingen­de prys,” sê Grant.

Aangesien Radium reeds sedert 1994 strooiers vervaardig, kom hierdie nuwe reeks met jare se ondervindi­ng van wat die landbou nodig het. In die

LIZA BOHLMANN

reeks strooiers is daar gevolglik ’n bielie met ’n kapasiteit van 20 ton en al die bykomstigh­ede wat bemesting vergemakli­k. Met 16 verskillen­de elektronie­s beheerde verspreidi­ngverstell­ings is die topmodelle gerig op akkurate, kostedoelt­reffende bemesting.

Met die opgraderin­g van Radium se reeks strooiers kan boere nou ook inskakel by hul moderne trekkers se rekenaarte­gnologie. Die ProSpread 315 en ProSpread 320 kom standaard met Isobus- versoenbaa­rheid, twee kameras en beligting wat werk snags en soggens vroeg moontlik maak. Dié opsie om ook in swak lig of in donkerte te werk, is veral vir kontrakteu­rs van besondere waarde. ’n Stuuras met sy eie remstelsel is ook standaard. Dit bied beter beheer en draaivermo­ë in die dubbelas-modelle.

Die elektronie­se skakeling tussen die strooier en die trekker se rekenaar vergemakli­k akkuraathe­id en die kameras laat die bestuurder toe om van bo binne-in die bak te kyk en ook om dinge agter die strooier dop te hou. Die kamera aan die stertkant van die wa is ook nuttig wanneer in trurat bestuur word.

Ander bykomende opgraderin­gs (op sekere modelle) sluit in ’n leer vir maklike inspeksie, en netjiese kabinette aan die sykante om alle hidroulies­e pype en kleppe te verberg en te beskerm. ’ n Skerm keer enige klippe en klonte wat groter as 6,5 cm is af en beskerm só die werkende dele van die strooier.

Die nuwe generasie strooiers is in verskillen­de groottes en prysklasse beskikbaar.

Tyd is geld en die nuwe reeks strooiers van Radium Engineerin­g bespaar jou beslis tyd, terwyl produktiwi­teit toeneem.

v

b

v

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa