Landbouweekblad

Spaar tyd én geld tydens planttyd

-

Tyd i s geld en – soos elke boer maar alt e g o e d wee t – i s t y d g e durende pl antt y d s kaars. J uis dáárom stel DuPont Pioneer die ProBox- stelsel bekend, ’ n vernuwende manier om boere se lewe makliker te maak.

Die ProBox word reeds met groot vrug in Amerika, Brasilië en Argentinië gebruik.

Trouens, waar die ProBox in gebruik is, het Pioneer ’n stelselmat­ige oorskakeli­ng van 10% per jaar vanaf tradisione­le saadsakke na grootmaath­antering met ProBox gesien.

Pioneer se klante gebruik daarmee ’ n meganiese stelsel om saad vinnig en doeltreffe­nd in mielie- en sojaplante­rs te laai. Pleks daarvan om 40 individuel­e sakke te hanteer, word ’ n ton Pioneer-saad met die druk van ’n knoppie gelaai.

WAAROM PROBOX VIR SUID-AFRIKA?

“Die ProBox-stelsel het ’n hele omwentelin­g in die boerdery te- weeggebrin­g,” sê mnr. W. A. de Klerk, ’n graanboer van die W.A. de Klerk-boerdery, Hendrina.

“Jy kan nou met net een man die ProBox oplaai en na die land toe aanry. Dieselfde mens kan daar self die planter volmaak. In die verlede is saad sak vir sak oopgemaak en dan ook een vir een in die planterbak gegooi.”

’ n Mens kan die ekwivalent van 160 sakke op een ProBox- waentjie laai. Dit beteken jy het genoeg saad vir die hele dag op een waentjie.

“As ons die geleenthei­d gebied word, sal ons boerdery beslis voortgaan om die ProBox te gebruik. Dit was die eerste jaar dat die produk gebruik is en hoewel daar groot foute kon wees, was daar nie,” sê W.A.

“Die probleempi­es wat ons wel ondervind het, is spoedig met die hulp van ’ n ondersteun­ingspan van Pioneer opgelos. Ek kan dus nie sien hoe dit nie net nóg beter kan gaan nie.”

Die ProBox is ’n puik produk: ■ Dit is waterdig van bo en

onder. Dit bied veilige opberging van saad. Dit word maklik opgeberg en kan oor en oor gebruik word. Dit het meerdoelig­e gebruike vir gewasse, soos mielies en sojabone. Dit kan maklik met ’n vurkhyser gehanteer word. Dit hou rotte en muise uit.

DIE PROBOX-WAENTJIE

Die ProBox-waentjie is aangepas vir plaaslike toestande. Daarby geniet boere die gemoedsrus van voldoende onderdele en goeie naverkoped­iens.

Nóg ’ n groot voordeel is die feit dat die ProBox- waentjie se stewige ontwerp verseker dat dit met die grootste gemak oor ongelyke terrein en kontoere kan ry.

Die waentjie is boonop veelsydig deurdat dit vir verskillen­de tipes planters geskik is – planters met ’n enkele, sentrale saadbak óf planters met die meer tradisione­le ry-bakke.

Stellig die belangriks­te oorweging is egter dat boere se belegging in Pioneer-saad altyd veilig INLAS: Die ProBox is waterdig van bo en onder en bied veilige opberging. Muise en rotte kan nie by die saad uitkom nie.

Die hantering van saad met planttyd is harde, tydrowende werk wat die plantprose­s aansienlik kan vertraag. Die ProBox-stelsel kan graanboere egter heelwat aan tyd en geld bespaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa