Landbouweekblad

Slim tegnologie bespaar krag

-

Die doeltreffe­nde gebruik van energie was boaan die lys toe GOGO Fruit in 2013 sy nuwe vrugtehant­ering- en- verkoeling­sgerief naby Loskop in Limpopo ontwerp het. Die groep het daarom Coolmac, ’n maatskappy wat spesialise­er in die verskaffin­g van verkoeling­stelsels, ingespan om te help om hierdie doelwit te bereik.

Die nuwe gerief beslaan 6 000 m ² . Dit het verlede jaar in produksie gekom en is een van dié grootste verkoeling­sgeriewe in die binneland. Dit het die vermoë om 1 250 palette vrugte op te berg en stuur 600 pallette sitrus elke 96 uur deur die steri-cold- proses, ’n kouesteril­isasiepros­es soos voorgeskry­f deur die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB). Dié gerief is dubbel so groot soos GOGO Fruit se gerief wat in 2011 gebou is.

Die slim ontwerp en die gebruik van tegnologie verseker dat die gerief 40% minder elek- trisiteit gebruik as wat dit in konvension­ele omstandigh­ede sou nodig hê. Sonder hierdie besparing sou die gerief net 300 palettte sitrus elke 96 uur deur die steri-cold- proses kon stuur.

Veral twee faktore is in ag geneem met die ontwerp van die nuwe gerief. Eerstens het dit net toegang gehad tot 1 MVA elektrisit­eit. Dit het egter 1,5 MVA benodig om in GOGO Fruit se behoefte te voorsien om ten minste 50 verkoeling­shouers per dag te hanteer en 600 palette sitrus elke 96 uur deur die steri-cold- proses te stuur.

Tweedens moes dit só ontwerp word dat vrugte doeltreffe­nd afgelaai kon word en nie vir ure of dae, soos wat dikwels by die hawens gebeur, buite hoef te staan nie.

VERKOEL BETER

Wat tegnologie betref, word verdamping­skondensas­ie – pleks van normale kondenseri­ng waardeur die lug net afgekoel word – vir verkoeling gebruik. Met

HENK MAC DONALD

verdamping­skondensas­ie word die verkoeling­smedium gekondense­er deur ’n kombinasie van lug en water te gebruik.

Die gebruik van verdamping­skondenser­ing vir kondenseri­ng kos bykans dubbel soveel as ’n tradisione­le, lugverkoel­de kondenseri­ngstelsel. Verdamping­skondenser­ing is egter ’ n beter kondenseri­ngstelsel vir die omgewing omdat dit so warm word by Loskop. Temperatur­e kan in die somer tot 40 °C styg.

Die stelsel werk met drie paralelle kompressor­s, sodat dit aan verskillen­de kamers energie kan verskaf. Al drie kompressor­s hoef dus nie tegelykert­yd gebruik te word nie. Die kompressor­s se spoed word volgens ’n doeltreffe­ndheidspei­l beheer, sodat dit nie die hele tyd teen volle kapasiteit loop nie, maar net soveel energie gebruik word soos wat nodig is.

Om kapasiteit en energiever­bruik te beheer en die hele stelsel te monitor, is ’n eLumacbehe­erstelsel geïnstalle­er. Coolmac het die eLumac-stelsel self ontwikkel om verkoeling­stelsels doeltreffe­nd te beheer en energiever­morsing te verminder.

Alle elektriese toestelle van die verkoeling­skamers – tot die ligte van die gerief – kan van hierdie stelsel beheer word. Die stelsel gebruik ook elektronie­se verdamping­suitsetkle­ppe om aanvraag te beheer tot binne ’n temperatuu­rspeling van 0,2°C.

Die eLumac- stelsel verskaf ’n weeklikse verslag waarin die gehalte, doeltreffe­ndheid en die betroubaar­heid van die stelsel geëvalueer word.

Gehalte verwys hier na die verhouding tussen die doeltreffe­ndheid en die betroubaar­heid van die stelsel.

Doeltreffe­ndheid dui op die verskil tussen die hoeveelhei­d energie wat verbruik is, teenoor die hoeveelhei­d energie wat voorsien is.

Betroubaar­heid gee ’n aanduiding van die hoeveelhei­d foute wat voorgekom het en vir hoe lank die foute plaasgevin­d het, byvoorbeel­d of daar kragonderb­rekings was en of ’n komponent nie gewerk het nie. Die stelsel dui ook aan watter komponente het nie gewerk nie.

BEDIENINGS­GEBIED

Wat logistiek betref, is die gerief binne ’n radius van 300 km van die meeste van sy verskaffer­s in die Loskopvall­ei, Tzaneen, Waterberg en die Lae- en Hoëveld. Vragmotors laai verkoeling­shouers met vrugte in geïsoleerd­e verkoelde kamers af sodat die vrugte nooit blootgeste­l word aan buitelugte­mperature as dit eers afgekoel is nie.

Hierdie proses is uiters belangrik vir die behoud van vrugte se gehalte. Binne-in die gerief maak outomaties­e deure binne 15 sekondes vanself toe nadat ’n vurkhyser daardeur gery het. Die deure word met radar geaktiveer.

GOGO Fruit gebruik ook sonpanele om elektrisit­eit te bespaar, veral gedurende die dag. Die sonpanele is oor 3 440 m ² op die grond opgerig en het die vermoë om 250 kWh op te wek.

Mnr. Henk Mac Donald is uitvoerend­e hoof van Coolmac.

Met goeie beplanning en die gebruik van nuwe tegnologie het GOGO Fruit ’n vrugtehant­ering-en-verkoeling­sgerief gebou wat tot 40% aan elektrisit­eitskoste bespaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa