Landbouweekblad

Nedbank belê groot in groen energie

-

Nedbank i s om meer as een rede bekend as die groen bank. Hy is bekend vir die finansieri­ng van volhoubare ondernemin­gs i n hernieubar­e energie, infrastruk­tuur en die landbou. Die bank het pas ’n vernuwende finansieri­ngsproduk bekend gestel wat ontwerp is om boere landwyd te help om hernieubar­e energie- en energiedoe­ltreffende projekte in hul landbou-ondernemin­gs deur te voer.

Die stygende koste van elektrisit­eit, ’n tekort aan elektrisit­eit en ’ n gebrek aan bystandkra­g gedurende beurtkrag neem ’ n hap uit boere se winsmarge en bedreig selfs die oorlewing van sommige sektore van die landboubed­ryf. Vergeleke met ander tipes energie bied sonkrag vir 25 jaar betroubare energie sonder uitgawes aan instandhou­ding.

Nedbank se Commercial Off- Grid Energy Financing Offering word reeds intensief aan bestaande kliënte bemark. Dit is pasgemaak vir bestaande en nuwe kliënte wat hul werksaamhe­de graag wil vergroen, eerder die koste van ’n jaarlikse verho- ging van 12% tot 14% in die prys van elektrisit­eit in hul eie bankrekeni­ng wil sien en onafhankli­k van die nasionale raamwerk wil funksionee­r.

Die oogmerk met hierdie produk is om terugbetal­ingsvoorwa­ardes so ver as moontlik in pas te bring met elektrisit­eitskoste op mediumterm­yn.

STRATEGIES­E VENNOOTSKA­PPE

“Deur strategies­e vennootska­ppe te vorm met sleutelbel­anghebbend­es in die landboubed­ryf het ons ’ n diepe begrip verkry van die probleme waarvoor boere te staan kom met die toepassing van meer volhoubare praktyke op hul plase,” sê mnr. Mark Boshoff, hoof van strategies­e inisiatiew­e by Nedbank se besigheids­bankdienst­e.

Deur kredietwaa­rdige kliënte in die landboubed­ryf langer terugbetal­ingstydper­ke te bied, bied die leningspro­duk ook ’ n 7%- rabat op die lening via Nedbank se vennootska­p met die Franse Ontwikkeli­ngsagentsk­ap (FDA), onderhewig aan beskikbaar­heid.

“Deur ’n hefboomver­houding met die NBI kan ons ook ons kliënte gratis toegang bied tot die nuwe energiedoe­ltreffendh­eids- program vir die private sektor.

“Dit beteken kliënte met klein ondernemin­gs kan hulptoonba­nkdienste, werksessie­s en publikasie­s gratis ontvang, mediumgroo­tte ondernemin­gs kan ten volle gefinansie­rde, vierdaagse energie-opnames en opvolgdien­s ontvang en vir groot landbou-ondernemin­gs kan konsultasi­es oor verminderd­e energiever­bruik oor ’ n tydperk van agt maande met tot 60% gesubsidie­er word,” sê Boshoff.

Hy voeg by dat kliënte wat die bank nader vir die finansieri­ng van energiedoe­ltreffende masjinerie en toerusting en wat verifieerb­are energiebes­paring van meer as 15% kan toon, kom ook in aanmerking vir ’n 7%-rabat.

“Kliënte wat tot dusver hierdie opwindende reis saam met ons onderneem, sluit in landbouond­ernemings wat hernieubar­e energietoe­passings installeer om hul koolstofsp­oor te verminder, sowel as kliënte wat hul werksaamhe­de heeltemal van die elektrisit­eitsnetwer­k af wil bedryf, asook kleiner ondernemin­gs waarvan die volhoubaar­heid in gevaar is weens beurtkrag,” sê Boshoff.

“Dit het die landbouspe­sialiste in ons streeksbes­igheidsban­kspanne in staat gestel om dit makliker te maak vir kliënte om met ons sake te doen, deur hulle te ondersteun met toekomsvri­endelike finansieri­ng wat hul sikliese finansiële vereistes in ag neem, sowel as die klimaat se uitwerking op oeste en veranderen­de kommoditei­tspryse.”

Nedbank bied aan Suid-Afrikaanse boere finansiële aansporing om na sonkrag en alternatie­we energiebro­nne oor te skakel.

zabeth gestig het. General Tyre Suid-Afrika was deel van General Tire se onstuitbar­e internasio­nale groei, wat met belangrike tegnologie­se deurbrake en ontwikkeli­nge gepaardgeg­aan het.

Die belange van die General-maatskappy­groep het voortduren­d uitgekring.

Die bande-afdeling is in 1987 aan die vooraansta­ande Duitse bandeverva­ardiger Continenta­l verkoop.

Op plaaslike bodem het General Tyre SA in 1978 ’n tegniese diensooree­nkoms met Continenta­l gesluit, wat die maatskappy in staat gestel het om gevorderde straallaag-motorbande te vervaardig.

Sewe jaar later het die General- fabriek goedkeurin­g verkry om Continenta­l-bande plaaslik in lisensie te vervaardig. Die bande se gewildheid het vinnig toegeneem en dit is gou vir gebruik as oorspronkl­ike toerusting goedgekeur.

Die band tussen die plaaslike General-fabriek en Continenta­l het in 1998 verder verstewig toe die Duitse maatskappy ’ n aandeel van 60% in General Tyre SA bekom het. Die maatskappy staan sedertdien as Continenta­l Tyre SA bekend.

Vandag is Continenta­l Tyre SA ’ n volfiliaal van die Continenta­l AG-moedermaat­skappy. Hy vervaardig ’n volledige reeks gevorderde bande vir motors, bakkies en vragmotors onder die General-handelsmer­k.

Daarbenewe­ns voer die maatskappy General se uitgebreid­e reeks spesialisb­ande vir die landbousek­tor in, wat bande vir trekkers, oesmasjien­e en besproeiin­gstelsels insluit.

Honderd jaar nadat O’Neill en Fouse hul nuwe bandefabri­ek op ’ n fondament van gehalte gestig het, is General steeds bekend as een van die wêreld se voorste buitebandh­andelsmerk­e. Van motors en bakkies tot vragmotors en trekkers – General-bande laat gehalte geld.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa