Landbouweekblad

Alternatie­we benadering tot betalings

- NAVRAE: Skakel 010 021 5858; webwerf: www.CashCloud.co.za.

Met planttyd en oestyd kom die groot mas j i e n e u i t d i e skuur en dan is dit belangrik om die beste drywers agter die stuur in te span. Kontantlon­e vir dié spesialisw­erkers en ook jou ander arbeiders is nou soveel makliker en veiliger met ’n nuwe betaalmeto­de van Cash Cloud.

“Cash Cloud is nie ’ n nuwe konsep nie, maar dit is wel ’ n nuwe produk in Suid-Afrika,” sê me. Maya Whitehead, uitvoerend­e hoof van Cash Cloud.

“Ek is oorspronkl­ik van Bulgarye af en het al in 26 verskillen­de lande gewoon. Toe ek in Suid- Afrika gekom het, het ek gesukkel om ’n bankrekeni­ng vir myself oop te maak omdat ek nie ’n bewys van my woonadres of ’n Suid-Afrikaanse ID-dokument kon toon nie.

“Ek het toe besef dat dit nie net ’n probleem vir buitelande­rs is nie, maar ook vir talle plaaslike inwoners, soos plaaswerke­rs.”

Cash Cloud bied aan boere en ander sakelui die geleenthei­d om hul werknemers elektronie­s te betaal. Dan hoef hulle nie aan die einde van elke maand met ’n klomp kontant rond te ry nie.

Hierdie kaart is ook geskik as jy ’n buitelands­e werker het wat nie maklik ’n bankrekeni­ng kan oopmaak nie. Dit is ’n goedkoop en veilige manier vir hulle om geld aan hul familieled­e oor te dra, sonder hoë bankkoste.

Cash Cloud is ’ n Visa- kaart wat deur FNB ondersteun word. Die kaart skakel die gevare van tjekbedrog uit. Dit spaar ook baie tyd omdat enige betalings via die internet gedoen kan word.

Dit gebeur soms dat iemand wat vir jou werk nie ’n ID-dokument of bewys van sy woonadres het nie. In sulke gevalle aanvaar Cash Cloud wel ’n rybewys, paspoort of vlugteling­papiere om die rekening oop te maak.

“Cash Cloud bied ’n voorafbeta­alde debietkaar­t wat aan die minimum-vereistes van die Wet op die Finansiële Intelligen­siesentrum, Wet 38 van 2001, voldoen. Die rede hoekom daar minimum- vereistes is, is dat die balans op ons kaart nooit R25 000 mag oorskry nie,” sê mnr. Jaques Smith, sake-ontwikkeli­ngsbestuur­der.

“Ons vereis slegs ’ n foto en ID-dokument of paspoort sodat kliënte geïdentifi­seer kan word.”

Die werknemer of gebruiker van die kaart kan dit by enige winkel gebruik om kos, lugtyd of voorafbeta­alde elektrisit­eit te koop en kontantont­trekkings is gratis. Daar is ook geen minimum-balans wat in die rekening moet bly nie. Jy het dus die hele tyd toegang tot ál jou geld.

Die produk is sedert 2012 beskikbaar, maar weens administra­tiewe redes het dit nie dadelik gewerk nie. Teen verlede jaar is die haakplekke uitgestryk en het Cash Cloud veral onder boere veld gewen.

“Daar is ’n maandeliks­e tarief van R39 by die kaart betrokke,” sê Maya. “Ander koste, soos onttrekkin­gs by ’n OTM, is ’n voorafbepa­alde bedrag wat nie verander nie. Onttrekkin­gs by ’ n winkel se kassier is gratis.”

’n Nuwe betaalmeto­de slaan tradisione­le loondiewe disnis. Dit maak betaaldag aansienlik veiliger vir boere én hul werkers.

Cash Cloud bied boere wat gespesiali­seerde werktuig- of voertuigbe­stuurders moet betaal, nou ’n alternatie­f tot groot

bedrae kontant.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa