Landbouweekblad

‘LANDBOU NOG NOOIT SÓ ROOSKLEURI­G’

-

INDIEN die verwagte toename in die vraag na voedsel tot 2050 as ’n aanduiding vir die potensiële groei in landboubel­egging beskou kan word, het die beleggings­moontlikhe­de in landbou nog nooit só rooskleuri­g gelyk soos nou nie.

Mnr. Loffie Brandt, nasionale bestuurder van Absa se verkope-en-ondersteun­ingsafdeli­ng, skryf die verwagte toename aan hoofsaakli­k twee dryfvere toe. Eerstens word verwag dat die verbruik van voedsel as lewensmidd­el in die volgende 35 jaar tot 2050, die verbruik daarvan die afgelope vyf eeue sal oortref. Dit is hoofsaakli­k weens ’n verwagte bevolkings­toename in vernaamlik Afrika en Asië van meer as 2 miljard mense, terwyl die vraag na voedsel in Europa na verwagting sal afneem.

Brandt het op Absa en John Deere se jaarlikse sektordag in Bloemfonte­in gepraat. Hy het gesê weens ’ n vervaging in die grense tussen energiever­bruik as lewensmidd­el, hernubare energie, asook as ander gebruike vir voedsel (soos die produksie van bioafbreek­bare plastiek) het die verwagte vraag na voedsel die bevolkings­groei oortref. Dit skep ’n verdere vraag wat deur landboupro­duksie gevul moet word. Om in dié groeiende vraag te voorsien, moet landboupro­duksie teen 2050 meer as verdubbel.

Volgens Brandt skep die wisselvall­igheid van die rand teenoor die groot geldeenhed­e terselfder­tyd bykomende risiko’s én geleenthed­e vir die landbou. “Die meeste van boere se produksiek­oste, of dit nou brandstof, kunsmis, saad of toerusting is, het ’n sterk verband met die rand-dollar-wisselkoer­s,” sê hy. “Vir sekere uitvoerger­igte subsektore in die landbou het die verswakkin­g van die rand egter wesenlike inkomsteve­rhogings geskep.”

Volgens Brandt is een van die ongunstige uitvloeise­ls van die wêreldekon­omie dat die winsgewend­heid per hektaar sy dalende neiging vanjaar sal voortsit. Dit bly die primêre dryfkrag agter die internasio­nale neiging van groter wordende ekonomiese boerderyee­nhede.

“Die groeiverha­al van die landbou in Afrika suid van die Sahara bly aantreklik vir plaaslike ondernemin­gs wat dié lande verstaan en oor strategies­e vennootska­ppe met sleutelrol­spelers beskik, sê Brandt. “Terwyl wêreldwye groeivoors­pellings veral in die groot, opkomende ekonomieë gedemp bly, sal die vinnig groeiende Afrika-markte toenemend ’ n groter deel van Suid-Afrika se landbou-uitvoer uitmaak.” – JOHAN NORVAL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa