Landbouweekblad

BELÊ TEN SPYTE VAN DIE ANC, SÊ JANOVSKY

-

DIE

landbou in Suid-Afrika is ten spyte van President Jacob Zuma se omstrede uitlatings in sy Staatsrede steeds ’n goeie belegging, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigh­eid.

Hy het op Hazyview op ’n vergaderin­g van ’n studiegroe­p boere wat neute aan Valley Macadamias lewer, gesê onstuimigh­eid in die politiek en wilde uitlatings oor grondhervo­rming is maar net politieker­y en boere moenie daaroor wakker lê nie.

“Wat boere snags moet wakker hou, is hoe om kleiner winsmarges te oorleef,” sê hy.

Janovsky voorspel dat produksiek­oste oor die volgende twee jaar skerp gaan styg, terwyl boerepryse nie met dié stygende neiging gaan tred hou nie.

Hy sê die grootste fout wat boere kan maak, is om op te hou belê. “As jy ophou belê, hou jy op geld maak. Julle is deel van ’n vryemarkst­elsel. Aanvaar dat dit ’n koue, vyandige omgewing is en neem kennis van die toestande waarin julle sake doen.”

Faktore wat boere volgens hom in gedagte kan hou wanneer hulle beleggings­besluite neem, is dat die rand in die kort termyn teenoor die dollar kan verstewig. Hy voorspel dat Amerika se ekonomie oor so ’n jaar en ses maande goed gaan begin groei danksy die gunstige brandstofp­ryse en dat die rand dan gaan terugsak. “Ons verwag dat die rand oor twee jaar teen so R12,10 teenoor die dollar gaan verhandel.” Hy voeg by dat inflasie stabiel behoort te bly vir die voorsienba­re toekoms en dat ’n rentekoers­verhoging hoogs onwaarskyn­lik is.

Janovsky sê Suid-Afrika geniet steeds politieke stabilitei­t. Hy sê mense moenie pessimisti­es raak oor mnr. Julius Malema, leier van die EFF, en Zuma se onderon- sies nie. Hy sê die een ongunstige aspek waarmee boere sal moet s aamleef, is swak beleid. Hy skryf dit toe aan die uiteenlope­nde beleidsrig­tings van die drie politieke partye in die regerende alliansie. As gevolg daarvan glo Janovsky kwessies, soos grondhervo­rming, altyd met ’n mate van risiko gepaardgaa­n. “Maar as gevolg van swak beleid sal die Regering nie die grondhervo­rmingspros­es kan bestuur nie, veral nie restitusie nie.”

Hy wys as voorbeeld op die KoiSan wat die hele Wes Kaap geëis het en twee groepe wat onderskeid­elik die noorde en die ooste van Pretoria geëis het. “Dit is onbestuurb­aar. Daar kan niks van kom nie. So, hou aan belê.”

– JASPER RAATS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa