Landbouweekblad

BOERE JUIG OOR WELKOME REËN

- Herman van Schalkwyk,

DIE

reën in die week van 27 Februarie kon nie op ’n meer geleë tydstip gekom het nie aangesien die mielies teen daardie tyd reeds droogtestr­es begin toon het. Mnr. Handré Schoeman van die plaas Kerrera op Ida het aan Landbouwee­kblad gesê die mielies kry darem nou ’n tweede kans.

Schoeman sê hy het op 24 Februarie sowat 20 mm reën gemeet. Hy het oesverseke­ring uitgeneem wat hom sowat R700 000 gekos het. As opvolgreën binne twee weke van dié datum val, sou sy verwagte opbrengs sowat 7 ton/ha onder droëlandve­rbouing wees. “Teen die Safex-pryse op 24 Februarie sou dit darem grootliks vergoed vir die koste van die oes- versekerin­g.”

Mnr. Peter Stotter van Peachgrove, Ida, sê die neerslae was wisselvall­ig. Tussen Ugie en Dordrecht het 10 mm reën tot 30 mm reën geval. Verskeie boere het ook haelskade gehad.

Stotter sê weens die hittegolf die vorige twee weke het die veld begin verkleur. “Ons grootse kommer is die opgaardamm­e wat min water het. Ons het nietemin moed geskep met die onlangse neerslae en bid vir opvolgreën in Maart.

“Tot vandeeswee­k het die hoë mielieprys­e wat gekwoteer word, nog nie ’n beduidende invloed op rooivleisp­ryse gehad nie. Almal verwag maar dat vleispryse binnekort kan daal as dit blyk dat mielies die huidige hoë vlakke gaan handhaaf,” het Stotter gesê.

– THEUNS BOTHA

Internasio­naal: Die gemiddelde prys van mielies het met 2,1%, oftewel $3,16/t (R36,48/t), gedaal tot $149,35/t (R1 724/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 16,2%, oftewel $28,86/t (R333,16/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,7%, oftewel R45/t, gedaal tot R2 650/t. Geel mielies het met 0,1%, oftewel R3/t, gedaal tot R2 405/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 13,7%, oftewel R420/t, laer vir wit mielies, terwyl geel mielies 20,1%, oftewel R605/t, laer is as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Die Safex-prys vir sonnebloms­aad het met 1,8%, oftewel R95/t, gedaal tot R5 150/t. Op ’n jaargronds­lag is dit 3%, oftewel R150/t, hoër. Die internasio­nale prys het met 2,3%, oftewel $10/t (R115,44/t), gedaal tot $430/t (R4 964/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 15,7%, oftewel $80/t (R923,52/t), laer. Die internasio­nale prys van vismeel het met 1,2%, oftewel $20/t (R230,88/t), gedaal tot $1 680/t (R19 394/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 3,4%, oftewel $55/t (R634,92/t), hoër. Die internasio­nale prys van grondbone het teen $1 350/t (R15 584/t) onverander­d verhandel. Op ’n jaargronds­lag is dit 3,8%, oftewel $50/t (R577,20/t), hoër. Internasio­naal: Die gemiddelde prys van sojabone het met 0,9%, oftewel $3,39/t (R39,13/t), gestyg tot $370,81/t (R4 281/t). Op ’n jaargronds­lag is dit 27,5%, oftewel $140,40/t (R1 621/t), laer. Plaaslik: Die Safex-prys vir sojabone het met 2,4%, oftewel R125/t, gedaal tot R5 080 /t. Op ’n jaargronds­lag is dit 21,2%, oftewel R1 365/t, laer. Die verslae van prysneigin­gs is van Agrimark Tendense (AMT) ontvang. Let daarop dat 27/2/2015 se vleispryse voorlopig is. As besturende direkteur van Aginfo, handeldryw­end as AMT, koördineer prof.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa