Landbouweekblad

SUIKER EN PIESANGS MAAK PLEK VIR NEUTE

-

IN die Sabievalle­i tussen Sabie en Hazyview in Mpumalanga is dit alledaags om te sien hoe piesangboo­rde uitgekap word om vir makadamian­eute plek te maak. En in KwaZulu-Natal is suikerriet­boere, veral in die Noorde, glo besig om duisende hektare suikerriet na makadamiab­oorde oor te skakel.

Dit is omdat makadamias sulke goeie pryse op die wêreldmark (veral in die Ooste) behaal, sê mnr. Alan Sutton, voorsitter van die Valley Macadamias-groep, een van Suid-Afrika se grootste uitvoerder­s van makadamias na die Verre-Ooste.

Sutton het onlangs ’n toer deur die hele subtropies­e produksies­treek onderneem om aanplantin­gs en bestaande boorde te besigtig en meen die land gaan teen 2018 in die omgewing van 76 000 ton makadamias oes. Volgens die Suider-Afrikaanse Makadamiap­rodusentev­ereniging (Samac) is daar in 2012 maar 9 680 ton makadamias geoes.

In die dop verhandel dié neute van R34,10/kg tot R65,85/kg en uitgedopte neute behaal tussen R147/kg en R217,56/kg na gelang van die gehalte. “Dit is goeie pryse in ’n mark wat nog ver van sy versadigin­gspunt is. Dit maak dus sin vir Suider-Afrikaanse boere om minder winsgewend­e gewasse met makadamias te vervang. Die gemiddelde opbrengs in dié streek is sowat 6 t/ha.”

– JASPER RAATS

Die gemiddelde prys van varkvleis (alle klasse) was 1,8% (42c/kg) hoër teenoor die vorige week, en 1,8% (44c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van spekvarkka­rkasse was 2,1% (50c/kg) hoër teenoor die vorige week en 2,3% (55c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 348c/kg en die hoogste prys 2 698c/kg. Die gemiddelde prys van vleisvarkk­arkasse was 0,4% (10c/kg) laer teenoor die vorige week en 3,9% (104c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 395c/kg en die hoogste prys 2 682c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van vleisvarkk­arkasse 17,4% (375c/kg) hoër en dié van spekvarkka­rkasse 8,8% (195c/kg) hoër. Die prys van spek- en vleisvarkk­arkasse kan opwaarts beweeg en dié van worsvarkka­rkasse afwaarts. Die slagplaasv­erkoopspry­s van bevrore braaihoend­ers was 0,3% (6c/kg) laer teenoor die vorige week en 1,6% (36c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van vars braaihoend­ers was 0,5% (1 1c/kg) laer teenoor die vorige week en 1,6% (38c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die gemiddelde prys van bevrore braaistukk­e was 0,4% (7c/kg) laer teenoor die vorige week en 1,1% (22c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende tyd ’n maand gelede. Die prys van bevrore braaihoend­ers was op ’n jaargronds­lag 9,6% (197c/kg) hoër, dié van vars braaihoend­ers 1 1,9% (243c/kg) hoër en die prys van bevrore braaistukk­e 16,6% (280c/kg) hoër. Die prys van bevrore braaihoend­ers, vars braaihoend­ers en bevrore braaistukk­e kan sy- of opwaarts beweeg. Die prys van klas A2/A3-lamsvleis was 0,1% (7c/kg) laer teenoor die vorige week, en 1,6% (87c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 4 960c/kg en die hoogste prys 6 252c/kg. Die prys van klas C2/C3-skaapvleis was 0,1% (3c/kg) hoër teenoor die vorige week en 5,3% (196c/kg) hoër as in die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 3 759c/kg en die hoogste prys 4 1 16c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s gemiddeld 6,1% (302c/kg) hoër en dié van die C2/C3’s was 16,9% (561c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s kan verder afwaarts beweeg en dié van die C2/C3’s sy- of opwaarts. Die gemiddelde prys van speenkalwe­rs (190 kg-240 kg) was 4,2% (80c/kg) laer teenoor die vorige week en 1 1,7% (243c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die “plaashekpr­ys” was R18,37/kg. Die gemiddelde prys van klas A2/A3-beesvleis was 0,2% (6c/kg) hoër teenoor die vorige week en 0,6% (19c/kg) hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 885c/kg en die hoogste prys 3 861c/kg. Die gemiddelde prys van klas C2/C3-beesvleis was 2,1% (53c/kg) hoër teenoor die vorige week en 3,5% (95c/kg) laer teenoor die ooreenstem­mende week ’n maand gelede. Die laagste prys was 2 512c/kg en die hoogste prys 3 177c/kg. Op ’n jaargronds­lag was die prys van die A2/A3’s altesame 14,9% (437c/kg) hoër en dié van die C2/C3’s was 13,3% (308c/kg) hoër. Die prys van die A2/A3’s en die C2/C3’s kan verder opwaarts beweeg.

Die prys van aartappels het vergeleke met die vorige week met 10,7% gedaal en is 2,4% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Verkope het met 28% teenoor die vorige week gestyg en is 5,2% laer teenoor die ooreenstem­mende week verlede jaar. Die hoofproduk­siegebiede in volgorde van lewering op die Johannesbu­rg-mark is tans die Oos-Vrystaat (47%), Mpumalanga (8,6%), die Suidwes-Vrystaat (7,7%), Noordwes (6,6%), Limpopo (5,8%), KwaZulu-Natal (5,6%) en die Noord-Kaap (5,5%). Die prys kan sy- of opwaarts beweeg. Die prys van wortels het met 1,3% afgeneem en verkope het met 7,5% teenoor die vorige week gestyg. Die prys was 35,2% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl verkope 3,9% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van kopkool het met 39,6% teenoor die vorige week toegeneem en is 32,2% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede. Die volume verkope het met 0,3% teenoor die vorige week gestyg en was 1 1,8% laer as in die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede. Die prys kan sy- of opwaarts beweeg. Die gemiddelde prys van uie was 7,9% hoër teenoor die vorige week, terwyl verkope met 15,4% gestyg het. Die prys is 37,5% laer as in die ooreenstem­mende week verlede jaar, terwyl verkope 3,7% hoër was. Die prys kan sywaarts beweeg. Die gemiddelde prys van tamaties het met 23,4% teenoor die vorige week toegeneem. Verkope het met 7,7% gedaal. Die prys was 4,6% hoër teenoor die ooreenstem­mende week ’n jaar gelede, terwyl die volume verkope 4,4% hoër was. Die prys kan sy- of opwaarts neig. Die wolmark het as gevolg van die sterker rand laer gesluit. Cape Wools se Merino-aanwyser het 1,8% verloor en op R1 10,08/kg (skoon) gesluit. Dit is 1,4% laer as op die openingsve­iling en 4,4% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa