Landbouweekblad

Wolpryse daal steeds

- MARIKANA

DIE

wolmark het op 24 Februarie laer gesluit weens die sterker rand. Cape Wools se Merino-aanwyser het 1,8% gedaal en op R110,08/ kg (skoonwol) gesluit. Dit is 1,4% laer as op die openingsve­iling en 4,4% laer teenoor die ooreenstem­mende verkope van die vorige seisoen. Op die Australies­e mark het die aanwyser met 0,4% gestyg. Cape Wools se aanwyser vir alle wol het met 2,6% gedaal.

Volgens plaaslike handelaars is die vraag na goeie Merinowol stewig, maar die klein aanbieding maak dit effens moeilik.

Die rand was sowat 2,2% sterker teenoor die Amerikaans­e dollar (R11,44) teenoor die vorige week se veiling en sowat 1,8% sterker teenoor die euro (R13,08). Altesame 99% van die aanbod van 6 184 bale is verkoop. Die grootste kopers op die veiling was Lempriere SA (1 622 bale), Standard Wool SA (1 284) en G Modiano SA (1 256).

Die gemiddelde skoonwolpr­yse vir goeie, lang kamwoltipe­s (MF5) was soos volg: 18,5 mikron verswak met 0,9% tot R120,36/kg, 19 mikron versterk met 0,1% tot R115,85/kg, 19,5 mikron verswak met 3,5% tot R109,57/kg, 20 mikron daal met 2,4% en sluit op R107,66/kg, 20,5 mikron daal met 3,9% en sluit op R106,38/kg, 21 mikron verswak met 0,9% en sluit op R106,46/kg, 21,5 mikron verswak met 3,8% en sluit op R103,96/kg en 22 mikron daal met 3,4% tot R103,96/kg.

Sowat 13 500 bale is op 4 Maart aangebied.

Die vraag na goeie Merinowol is stewig, maar kopers vind dit glo moeilik om genoeg te koop met die afgelope klein aanbieding.

BERGVLEET (2022), 73 ha; MERINOS KLOOF (14088), 381 ha; MORMOND (1990), 1 000 ha; POORT (1322), 263 ha; SCOTTS HOEK (2021), 404 ha; GRETNA GREEN (2195), 1 034 ha; LOT 8 (1907) 121 ha; en ORIBI FLAT (10542), 355 ha; aan die Republiek van Suid-Afrika, van Gongolo-natuurrese­rvaat, R17 402 940. MACHOROGAN (106), 1 679 ha, aan Attie Steenkamp-trust, van Boer Fourie (Edms.) Bpk., R16 200 000.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa