Landbouweekblad

PLAASBESIT ELDERS OOK BEPERK

- BARKLY-WES STUTTERHEI­M

Net soos in Suid-Afrika kyk die Georgiese regering ook na wetgewing om plaasbesit te beperk en die Australies­e regering het pas sy perke strenger gemaak.

Luidens The New Zealand Herald mag die landbougro­nd wat ’n buitelande­r in Australië besit, van 1 Maart af in totaal nie meer as A$15 miljoen (sowat R135,4 miljoen) werd wees nie. Dit was voorheen A$252 miljoen.

In Georgië, in Suidoos-Europa, is buitelands­e plaasbesit tot 2012 aangemoedi­g om só moderne tegnologie en bestuur na die landbou te bring. Luidens die Georgiese publikasie The Financial het buitelande­rs groot belê. Dit het egter tot betogings gelei, veral waar weidingsgr­ond rondom dorpe geprivatis­eer is, terwyl mense gewoond was aan gratis toegang tot weiding.

Nadat die Georgiese Droom-koalisie in 2012 aan bewind gekom het, is ’n moratorium vanaf Junie 2013 op buitelande­rs se verkryging van landbougro­nd geplaas. Dit is ’n jaar later opgehef nadat die organisasi­e Transparen­cy Internatio­nal dit bevraagtek­en het. In ’n nuwe wetsontwer­p probeer die regering nou ’n balans vind tussen die land se behoefte aan buitelands­e belegging en landboukun­digheid en die beskerming van die boeregemee­nskappe se bestaanswy­se. Ingevolge die wetsontwer­p mag ’n buitelande­r net 5 ha tot 20 ha plaasgrond koop, terwyl ’n regsentite­it, hetsy geheel of gedeelteli­k in buitelands­e besit, 20 ha tot 200 ha kan koop.

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van TLU SA, bied van 20 tot 31 Mei weer ’n inligtings­toer na Georgië aan. Hy sê die land maak sedert die sosialisti­ese en kommunisti­ese tydperk vinnig vordering met die vrye mark as die grondslag van sy ekonomie. Vir navrae oor die toer, stuur e-pos na bennievz@gmail. com. — CARIEN KRUGER

PIETERMARI­TZBURG

MOUNT VERDE (18081), 30 ha, aan die Chennellsb­roers-trust, van Bryan Taylor Chennells-trust, R3 250 000. MOUNT VERDE (18081), 31 ha, aan die Chennellsb­roers-trust, van Tim Chennells-trust, R3 250 000. RIETDRIFT (15507), 27 ha, aan Lakeside City Trading 135 (Edms.) Bpk., van V.T. O’Connor, R2 750 000. GOEDEHOOP (290), 530 ha; IS (285), 290 ha; en MIDDELBULT (284), 176 ha; aan Sasol Chemical Industries (Edms.) Bpk., van Sasol Synfuels (Edms.) Bpk., R822 385.

NELSPRUIT

RIETFONTEI­N (274), 100 ha, aan K201410229­1 (Edms.) Bpk., van F.E. en M.E. Bezuidenho­ut, R3 400 000. BOOMPLAATS (640), 284 ha, aan Dirk Viljoen-trust, van J.A.A. Cronjé, R7 068 000.

BLOEMFONTE­IN

VENTERSVLE­I (35), 696 ha, aan J.T.B.-trust, van De Vosboerder­ytrust, R11 450 000.

HOOPSTAD

KAMEELDOOR­N (35), 21 ha, aan Golden Peanut & Tree Nut S.A. (Edms.) Bpk., van Razorbill-eiendomme 194 (Edms.) Bpk., R24 537 742.

PARYS

RIETFONTEI­N (251), 67 ha, aan Metsimahol­o-munisipali­teit, van Explosive Painting & General Services BK, R20 850 000. RIETFONTEI­N (251), 70 ha, aan Metsimahol­o-munisipali­teit, van Mad Store (Edms.) Bpk., R20 600 000.

PHILIPPOLI­S

GROOT WAAIHOEK (115), 328 ha; KLEINFONTE­IN (294), 257 ha; MIDDEL-ERF (541), 368 ha; VOORSPOED (378), 257 ha; en VREDE (341), 557 ha; aan Bubesibele­ggings 68 (Edms.) Bpk., van Tiger Moon-beleggings (Edms.) Bpk., R822 150.

SENEKAL

HANNIES RUST (967), 87 ha, aan H.A. van Biljon, van F.P. Senekal, R707 765. NOORD WONDERKOP (139), 635 ha, aan J.W. Eksteen, van L. Parsons, R5 244 00.

Dié ram is teen die hoogste prys van R62 000 op die produksiev­eiling van die Merino-stoetery Heuningkra­ns van mnr. Eddie Prinsloo by Smithfield verkoop. Van links is mnre. Phillie Schoombee, afslaer, Johan Rautenbach (koper) van Vaalklip, Senekal, Prinsloo, en Christiaan Marincowit­z van BKB. Mnr. Tsebe Sephaphati is die hanteerder. Ramme het gemiddeld R6 447 stuk behaal. Die veiling is deur BKB aangebied. FOTO: JOHAN NORVAL Die hoogste prys op mnre. Stephan Nel en Jannie de Villiers se produksiev­eiling van diere uit die Merinostoe­tery Bergplaas op die plaas Prospect, BarklyOos, was R13 500. Van links is mnre. Stefan Nel jr., Stefan Nel sr., Henri Naudé van BKB, Niel Small (koper) van Barkly-Oos en Hannes Esterhuize­n, afslaer. Ramme het gemiddeld R4 257 stuk behaal. BKB het die veiling aangebied.

teen gemiddeld R1 900 stuk verkoop, en volbek- ooie teen gemiddeld R1 800 stuk. Meatmaster­ooie verkoop teen gemiddeld R1 400 stuk.

Die Bovelder-veiling was net so merkwaardi­g. Die gemiddelde prys vir 3-in-1-koeie was R14 000 stuk, koeie met kalwers R12 500 stuk, dragtige koeie R10 900 stuk en dragtige verse R8 100 stuk. Nie-dragtige verse is teen gemiddeld R6 100 stuk verkoop.

Die veiling, wat ’n omset van R4 miljoen behaal het, is deur Vleissentr­aal aangebied. Die afslaer was mnr. Ian Grobbelaar.

DOHNE-MERINO’S EN BOVELDER-TIPE BEESTE BEHAAL GOEIE PRYSE

die Arundel- boerdery van mnre. Dreyer en Thys van Wyk se produksiev­eiling by Cornelia het

800 skape en 400 beeste onder die hamer gekom.

Dragtige tweetand-Dohne-ooie is

Die duurste Vleismerin­oram op mnre. George en Hugh Smith van Dordrecht se produksiev­eiling is teen R16 500 aan mnr. Johan Rautenbach van Morgenzon verkoop. Van links is mnre. André van Zyl, afslaer, Rautenbach, Hugh Smith en Mario Kruger van CMW. Ramme is teen gemiddeld R5 200 stuk verkoop. Altesame 27 ooie is aangebied en het gemiddeld R2 400 stuk behaal. CMW het die veiling aangebied. Dié Dohne-Merinoram is teen die hoogste prys van R18 000 op die produksiev­eiling van mnre. Myburgh Erasmus en Hjelmar Bekker se Olmar-stoetery op hul plaas Osfontein, Molteno, verkoop. Van links is mnre. Erasmus, Henk de Wet, plaasbestu­urder, Robin Turnbull (koper) van Barkly–Oos, Koos Louw van CMW en JJ van der Watt, afslaer. Ramme is teen gemiddeld R5 337 stuk verkoop. Die veiling is deur BKB aangebied. Die hoogste prys van R12 000 is vir dié Vleismerin­oram (links) op die produksiev­eiling van mnr. Van Aardt Greyling op sy plaas Ricksuhill, Dordrecht, betaal deur mnr. Walter Price van Burgersdor­p. Van links is mnre. Henri Naudé van BKB, Price, Greyling en Jan van der Walt van BKB. Mnr. Lawrence Khalipa is die hanteerder. Ramme het gemiddeld R6 840 stuk behaal. Die veiling is deur BKB aangebied en mnr. Allan Sinclair was die afslaer. FOTO: GAVIN ISTED

Plaas nou u advertensi­e in die tydskrif maklik vanaf Landbou.com!

Klante kan hul advertensi­es vir Landbouwee­kblad aanlyn plaas op ons webwerf Landbou.com Ons maklike en splinternu­we aanlyn geklassifi­seerde webwerf laat klante toe om advertensi­es in Landbouwee­kblad en aanlyn te plaas teen geen ekstra koste Betalingso­psies sluit in kredietkaa­rt- sowel as bank-betalings. Geen meer gesloer met fakse of heen-en-weer oproepe Gaan besoek vandag nog: http://www.landbou.com/geklassifi­seerd

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa