Landbouweekblad

R200 000 VIR GOOGLE NEIGINGS

-

Die tonge het geklap toe Google, ’n superfynwo­lram, van mnre. Willem en Acton van Aardt van die fynwol-Merinostoe­tery Fairworld by Kookhuis teen R200 000 verkoop is.

Die Van Aardts is ook die houers van die Suid-Afrikaanse rekord met hul ram, Barrier, wat vier jaar gelede teen R250 000 verkoop is. In albei gevalle was die kopers mnre. Kerneels Greyling van Bovenvalle­i, Wakkerstro­om, en sy seun, B.P. Greyling, van Langfontei­n in dieselfde distrik. Hulle gaan Google gebruik by die vroulike nageslag van Barrier.

Google, een van ’n drieling, se veseldeurs­nee is 17,7 mikron met ’n 72,7% skoonopbre­ngs. Die Google is teen ’n allemintig­e R200 000 verkoop. Van links is mnre. Hans Thomas, Fairworld stoetbestu­urder, Acton van Aardt, verkoper, Connie Faber van CMW en Willem van Aardt, verkoper.

Die duurste ram op die 14de produksiev­eiling van Pdrino-Merino op die plaas Vlakfontei­n, Trompsburg, is teen R25 000 verkoop. Van links is mnre. PD Jacobs, verkoper, Giepie Calldo van CMW, Danie Louw (koper) van die Perdeberg-boerdery, Trompsburg, Frikkie Aucamp van CMW, Willem Grobbelaar van Pdrino-Merino, Brandon Leer, afslaer, en Jan de Wee, hanteerder. Altesaam 61 ramme is teen gemiddeld R5 900 stuk verkoop, terwyl sowat 1 500 jong hamellamme­rs teen gemiddeld R710 stuk verkoop is. Jong ooilammers het gemiddeld R920 stuk behaal, terwyl die prys vir dragtig geskandeer­de ooie tussen R1 412 tot R1 575 gewissel het met die gemiddelde prys vir slyt-ooie R920 stuk en ou ooie R810 stuk. Die veiling is deur CMW aangebied. Op mnr. Zeiss Jordaan se produksiev­eiling van sy Dohne-Merino-stoetery Sneeuberg, Cradock, is dié ram teen die hoogste prys van R26 000 verkoop. Van links is mnre. JJ van der Watt, afslaer, Jordaan, Arno Ferreira van Molatek, Leon du Plessis van BKB, mev. Lizelle Burger en mnr. Johan Burger (kopers) van Kromdam, Dewetsdorp. Ramme het gemiddeld R7 363 stuk behaal. BKB het die veiling aangebied. FOTO: GAVIN ISTED. Die hoogste prys vir dié Dohne-Merinoram op die produksiev­eiling van mnre. Cecil en Henk van der Merwe se stoetery Hencil op die plaas Grootvlei, Barkly-Oos, was R26 000. Die koper was die GGbesigshe­idstrust van Helenashoo­p, Barkly-Oos. Van links is mnre. Peter Dormehl en Gawie van Zyl, albei kopers, Phillie Schoombee, afslaer, Cecil en Henk van der Merwe, verkopers, Henri Naudé van BKB, Mannetjie Schoeman, koper, en Koos Louw van CMW. Ramme het gemiddeld R6 947 stuk behaal. CMW het die veiling aangebied. FOTO: GAVIN ISTED

Op die Dorperveil­ing van mnr. Gideon Vivier op The Vale, Beaufort-Wes, is altesame 49 ramme aangebied. Die hoogste prys was R17 250 vir dié tipe 5-Dorperram wat deur die Quintin Kock-boerdery BK, Richmond, betaal is. Die gemiddelde prys was R13 194 stuk. Van links, is mnre. Corné Nel van BKB, Vivier, me. Liezel Kock en mnr Quinton Kock (kopers) en Ters Marais, afslaer. Die veiling is deur BKB aangebied. Op Daan Vermeulen & Seun se eerste produksiev­eiling op Carnarvon is 48 Dorperramm­e aangebied en verkoop. Die hoogste prys van R11 000 is deur mnr. Jan Voster van Melton Wold, Victoria-Wes, betaal. Agter, van links, is mnre. Etienne Büchner van BKB, Voster, Daan Vermeulen en Daniël, sy kleinseun. Voor, van links, is mnre. Ters Marais, afslaer, en Bossie Abrahams, hanteerder. Ramme het gemiddeld R6 464 stuk behaal. Die veiling is deur BKB aangebied. Dié Merinoram is teen die hoogste prys van R15 000 op mnre. Hansie en Johan Sauer se produksiev­eiling van diere uit die Merino-stoetery Droogfonte­in op hul plaas Droogfonte­in, Jamestown, verkoop. Van links is mnre. Jan van der Walt en Jan Hugo, albei van BKB, Jan de Villiers (koper) van Hartebeesf­ontein, Moorreesbu­rg, en Johan Sauer. Ramme het gemiddeld R5 823 stuk behaal en ooie R1 000 stuk. FOTO: GAVIN ISTED

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa