Landbouweekblad

Verskuifba­re hok vang tot 10 kese op ’n slag

-

Bobbejaant­roppe het min werklik natuurlike vyande wat hul getalle in bedwang kan hou. Troppe van 100 of meer kese kom algemeen voor in feitlik alle dele van Suid-Afrika. Hulle kan verwoestin­g saai by skaapen boktroppe, in boorde en op landerye.

“Soos daar spuitprogr­amme bestaan om plae en parasiete te bekamp, behoort die bestryding van ongedierte­s – en dus ook die bekamping van bobbejane – volgens ’n vaste program aangepak te word. Dit kan help om te keer dat daar in besige groei- en lamtye op die plaas boonop aandag aan die bestryding van probleemdi­ere gegee hoef te word.”

Só sê mnr. Joseph Steyn van die plaas Rietfontei­n naby Prins Albert, diep in die Groot-Karoo. As skaapboer het hy gereeld deurgeloop onder bobbejaan-aanvalle.

Mnr. Thys Delport, voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Nasionale Wolkwekers­vereniging, het by navraag gesê bobbejane is ’n groot problem, veral in die Karoo. “Die uiesaadpro­dusente en vrugteboer­e in plekke, soos Prins Albert en Merweville, het ’n groot probleem. Volgens boere kom troppe van tot 300 bobbejane voor.”

MAKLIK VERSKUIFBA­AR

gedurig verskuif moet word, want bobbejane is slim diere en leer gou om ’n hok te vermy wat altyd op een plek staan. Elke hok kan ook net een bobbejaan op ’n keer vang. Dan moet dit eers leeggemaak word voor dit weer gebruik kan word.

“Die skuif van sulke hokke tussen verskillen­de bobbejaant­roppe was nog altyd 

Kleinveebo­ere loop deur onder rooijakkal­se en rooikatte wat skape en lammers vang, maar bobbejane veroorsaak bykans net soveel skade, veral in die Karoo. Mnr. Joseph Steyn het ’n verskuifba­re bobbejaanv­anghok gebou om die kese op sy plaas onder beheer te hou. Tradisione­el word vanghokke uitgeplaas. Die grootste probleem is egter dat die hokke

NOG ’N INSKRYWING IN ONS KOMPETISIE VIR BOEREPLANN­E EN -PATENTE WAT WERK. ELKE MAAND WORD TWEE WENNERS AANGEWYS. HULLE WEN ELK ’N KONTANTPRY­S VAN R1 000.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa