Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- MASJIENE LOOP!

Februarie se verkope van trekkers en stropers was aansienlik beter as wat die mark verwag het. Dit was ook beter as in Januarie en selfs beter as in Februarie verlede jaar. Vir die jaar tot einde Februarie was verkope 6% laer as in die vorige jaar, wat senuagtigh­eid in die mark as gevolg van die swak reënval weerspieël. Ontleders is veral verbaas oor die 43 stropers wat in Februarie verkoop is, teenoor 32 verlede jaar. Die Suid-Afrikaanse Landboumas­jinerie-assosiasie verwag dat verkope vanjaar tussen 5% en 10% laer sal wees as verlede jaar.

WESKUS-RESTITUSIE

Die oordrag van grond wat in ’n historiese grondresti­tusie-saak aan die gemeenskap van Ebenhaeser tussen Vredendal en die Olifantsri­vier toegeken is, kan in Mei begin. Dit volg nadat die hooggeregs­hof in Kaapstad die saak van sommige private eienaars van grond, wat nie wil verkoop nie, van die hoofaansoe­k geskei het. Die totale eis beloop 23 000 ha, wat 52 private wynplase insluit. Die Regering het R350 miljoen vir die eis beskikbaar gestel. – Die Burger

TAMATIESIE­KTE KOM

’n Verwoesten­de tamatiepla­ag kan binne ’n jaar in Suid-Afrika opduik. Die Departemen­t van Landbou sê Tuta absoluta, ’n tamatiebla­armynermot, kom uit Suid-Amerika en het al groot skade in Europa en Noord-, Oos- en Wes-Afrika aangerig. Dit is verlede jaar die eerste keer in Kenia gevind. Die plaag kan tot opbrengsve­rliese van tussen 50% en 100% lei. Dit kan ook vinnig weerstand teen plaagdoder­s ontwikkel, maar weerstand kan voorkom word deur die oordeelkun­dige gebruik van geregistre­erde plaagdoder­s. ’n Volledige berig sal in Landbouwee­k

blad van 3 April verskyn.

KOS VERMORS

Omtrent ’n derde van alle kos wat geprodusee­r word, word vermors. Pogings om vermorsing te beperk, kan ’n besparing van R3 550 miljard teen 2030 teweegbrin­g. Soos wat die wêreldmidd­elklas groei, sal die waarde van verlore kos tot R7 100 miljard toeneem. Tussen 1,3 miljoen en 2,6 miljoen ton kos gaan glo per jaar verlore omdat die raklewe verstryk het. As die raklewe met een dag verleng kan word, kan 250 000 ton kos nog benut word. Een van die aanbevelin­gs is dat die raklewe deur voedselvei­ligheid bepaal word en nie gehalte nie. – Alan Harman

MOORDE BY EU

Mnr. Henk van de Graaf van die TLU SA het ’n vergaderin­g in die Europese parlement toegespree­k om plaasmoord­e onder die internasio­nale gemeenskap se aandag te bring. Grondhervo­rming en die moontlike bedreiging van boere se eiendomsre­g was ook onder bespreking. Parlements­lede is versoek om sanksies teen pres. Jacob Zuma in te stel. Parlements­lede wil glo oor die saak debatteer op ’n algemene vergaderin­g van die Europese Parlement.

MEER VROUE BOER

Al hoe meer vroue boer, veral in Amerika waar ’n derde van die boere ouer as 65 is en al hoe minder jong mense wil boer. Volgens data van die Amerikaans­e regering was sowat 14% van die 2,1 miljoen Amerikaans­e boere in 2012 vroue, aansienlik meer as die 5% in 1978. Gevorderde tegnologie, wat handearbei­d verminder, en goeie wins in die landbou dra glo veral by tot hierdie neiging. – Bloomberg

Yster! Hierdie koedoebul, met ’n horingleng­te van 61,25”, het die rekordbedr­ag van R400 000 vir ’n koedoebul in SuidAfrika behaal op die Gravelotte­wildprodus­ente se wildveilin­g op 7 Maart op BelaBela. Die veiling is deur Vleissentr­aal Bosveld aangebied. ’n Koedoebul in Namibië is ook al vir R400 000 verkoop.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa