Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

- ’N GROEPIE JONG ATLETE HET VERBAAS TOEGEKYK HOE LEZAAN LE ROUX (16), OORSPRONKL­IK VAN DIE WILDPLAAS KASSANDARA NABY OMARURU IN NAMIBIË EN TANS ’N LEERDER AAN DIE HOËR MEISIESKOO­L BLOEMHOF, STELLENBOS­CH, HAAR SPOORSNYVE­RMOË GEBRUIK OM ’N GESTEELDE SPORTSAK

Uit: Die Landbouwee­kblad, 2 Maart 1965

REUSE-GANSTROP LÊ GOUE EIERS

’n Trop van 900 ganse. Dit is die ongewone gesig wat jou begroet op die skaap-en-saaiplaas Vlakfontei­n, Ermelo, waar mev. Emily Grant waarskynli­k Suid-Afrika se grootste gansboerde­ry bedryf.

Die ganse loop digby die opstal los rond in ’n groot, toegekampt­e vleigebied bestaande uit vleigrasse en ook oulands- en kikoejoegr­as. Daar is twee groot gronddamme waar hulle kan swem en broei. Mev. Grant gee die ganse geen kos nie. Hulle word spekvet op die gras, graswortel­s en insekte. Die ganse vreet graag kikoejoewo­rtels en verkies dit bo die lekkerste gras.

Mev. Grant hou die ganse aan vir hul dons en vere. Sy pluk hulle gewoonlik elke ses weke. Die mannetjies gee meer dons en vere as die wyfies en word dwarsdeur die jaar gepluk. Die wyfies word glad nie in die vyf maande van Junie tot Oktober gepluk nie.

Daar is ’n goeie vraag na dons en vere. Omdat sy nie die ganse voer nie, maak sy ’n uitstekend­e wins. “Ganse is die betalendst­e pluimvee wat ’n mens kan kry – in ons plaastoest­ande in elk geval,” sê sy.

Met die broeiery meng mev. Grant nie in nie. Sy plaas net ’n leë krat oor ’n gansnes as skuiling teen die wind en weer.

Hoera! Jip, plaaskinde­rs is nie van hier nie, maar is gestuur. You go girl! Deesdae is fyn opletvermo­ëns nodig om op plase te oorleef. Jy moet altyd aan die natuur se tekens kan sien wat op die plaas aangaan, want plase het ’n wilde wêreld geword waarin die arme boere moet oorleef. Jy weet mos nooit watter gediertes op jou kan toesak nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa