Landbouweekblad

BOER IN MOSAMBIEK: PASOP VIR KANSVATTER­S

-

Dankie aan LBW vir die plasing van blogs oor Jurie van der Walt se wedervarin­ge in Mosambiek. Dié boer se teleurstel­lings en suksesse in die vreemde verdien lof.

Van ons boere wat met een oog na Mosambiek loer, kan regtig kennis neem van hierdie besonderse boer. Om binne een jaar in Mosambiek tot raadgewer van die Bilene-dorpsraad te vorder, is ’n duidelike bewys van die durf en daad van ’n boer wat wil!

Dit is tog interessan­t dat daar altyd iemand soos Danie, na wie daar in die blogs verwys word, opduik om mense om die bos te lei. Hier in Limpopo is verskeie boere wat ’n bloutjie in Mosambiek geloop het – hoofsaakli­k omdat daar op prinse vertrou is en die regte kanale nie gevolg is nie.

’n Groep van ons se eerste les was in Xai- Xai toe ’ n man uit Suid-Afrika stranderwe aan ons wou verkoop.

Maar die grootste les was op Maragra naby Manicha waar 300 ha suikerriet­lande sogenaamd te koop was. Van die beste landbougro­nd denkbaar is by Maragra. ’n Voormalige melkboer van Noordwes sou met die hulp van sy vriende in die Parlement help om van die plase te bekom. Die grond was met gras en riet begroei wat voor aanplantin­gs uitgeroei moes word. Die weldoener sou ons ook help om op ’n kontrakbas­is die aanplantin­gs te doen.

Met ons besoek aan Maputo moes ons egter verneem dat die minister uitstedig was en ons nie die kontrakte kon kry nie.

Skaars terug in Pretoria ontvang ons ’ n boodskap dat ’n vliegtuig met spuitstof gereed staan om die lande te bespuit. Ons moes onmiddelli­k R50 000 kontant in die boer se rekening betaal. Nodeloos om te sê dat die geld was om hom uit die tronk te kry vir bedrog en vir ’n vliegtuigk­aartjie Nieu-Seeland toe, waar hy verdwyn het. GAWIE RICHTER

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa