Landbouweekblad

SUKSESVERH­AAL

-

Ons weet almal boerdery is nie maklik nie en dat ’ n liefde vir die grond en diere deesdae nie genoeg is om jou deur moeilike tye te dra nie – jy het ook goeie begrip vir besigheid en finansies nodig.

Om die waarheid te sê, sakevernuf is dalk belangrike­r as boerderyke­nnis, want ’ n sakeman leer gewoonlik gouer om te boer as wat ’n boer leer om geld ( en skuld) te bestuur. Dit geld ook opkomende boere.

Dit is seker hoekom beginnerbo­ere wat besigheids­ondervindi­ng het, dikwels merkwaardi­ge sukses in uiters uitdagende toestande behaal. Neem die geval van ’n jong man wat so ’n paar jaar gelede met Boerbokke begin boer het toe hy ’n geleenthei­d op ’n dorpsmeent in die Karoo raakgesien het.

Hy het ’n heeltydse werk as ’n petroljogg­ie op die dorp, maar bedryf ook ’ n taxi- en vervoerbes­igheid met sy bakkie (wat hy baie mooi oppas). So, hy weet wat werk is en hoe om met geld te woeker.

Die kêrel het gesien dat die ander kleinboere nie die verste deel van die meent benut nie. Aangesien hulle bang is vir veediefsta­l en skade deur rondloperh­onde, hou hulle hul vee onder oog en naby die woonbuurt. Die ander probleem was dat die enigste waterbron in die verste kamp, ’n sonpomp, gesteel is en die departemen­t dit nie vervang het nie.

Hy het toe ’n groen watertenk en ’n ou waterkarre­tjie gekoop en ry nou water aan vir sy trop diere. Die les van die storie is dat hierdie entreprene­ur bereid is om te doen wat niemand anders wou (of kon) doen nie. Dit kos hom geld en produksiem­iddele, maar sy voordeel is dat hy alleen boer en dat sy vee nie met die ander boere se basterbokk­e meng nie.

As die rugryers wat ’n aandeel in sy voorspoed wil hê, hom nie pootjie nie, wag daar vir hom ’n goeie toekoms.

Manie dink die Regering probeer te veel nuwe boere vestig, pleks daarvan om entreprene­urs soos dié – wat hulself in ’n mate probeer finansier – te ondersteun. Niemand waardeer in elk geval iets wat hulle verniet en te maklik bekom nie.

GROOT MOEILIKHEI­D

Manie kry dié brief uit Bethlehem se wêreld: “Ons het nou lekker herfsweer. Selfs lekker reën ook gehad die laaste twee weke, maar dis helaas te laat vir die oeste. Hier kom groot moeilikhei­d. Die mielies is in hul moer in.

“Die prentjie raak net ál duideliker. Ek het gedink daar is meer mielies, maar soos die goed nou ryp word, is daar op my eie plaas letterlik groot blokke waar daar niks koppe is nie. Die plante staan bokant jou kop, maar hoe dieper jy instap, hoe erger word die prentjie.

“Een van my vriende in Bothaville reken hy gaan 60% van sy mielies nie eens stroop nie omdat dit nie die moeite werd is nie. Ons het self maar van laasjaar se vettigheid gevat en ’n groot deel van hierdie karige oes kontant ingesit. So, ons het darem nie groot rekeninge om te betaal nie.

“Langs my is twee plase egter vir mal pryse aangekoop. Met hierdie oes gaan jy nie eens jou regstreeks­e koste kan dek nie, wat nog te sê van buitenspor­ige grondpaaie­mente. Ons het lanklaas ’ n droogte gehad wat die skaal dalk té ver na die verkeerde kant oorgedruk het.”

GOBABIS-WYSHEID

’ n Stukkie wysheid uit ’ n deel van Namibië wat as die beste beesboerwê­reld gereken word.

Hermanus Biewenga, ’ n Boran-boer uit dié geweste, sê nou die dag vir Manie: “Gobabis is ’n bees se hemel, ’n vrou se hel en ’n bakkie se dood.”

’n Sakeman leer gewoonlik gouer om te boer as wat ’n boer leer om geld (en skuld) te bestuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa