Landbouweekblad

GRAAN SA WIL KONTANTMAR­K UITBOU

-

DIE kontantmar­k moet in só ’n mate bevorder en ontwikkel word dat dit die uitwerking van die liggingsdi­fferensiaa­l kan uitskakel,” het mnr. Andries Theron, ondervoors­itter van Graan SA, op dié organisasi­e se afgelope kongres gesê.

Hy het ná ’ n hernude debat oor die differensi­aal gesê dit is ’n JSE-instrument waaraan niks gedoen kan word nie. Graan SA moet eerder die deursigtig­heid van die kontantmar­k bevorder sodat produsente dit kan benut.

Hy sê Graan SA ondersteun die vryemark en as daar iets is wat daarmee inmeng – ongeag of dit die liggingsdi­fferensiaa­l of iets anders is – behoort hulle daarteen op te tree.

Mnr. Louw Steytler, voorsitter, het gesê daar is nie eers konsensus onder produsente in die land oor die benadering tot die differensi­aal nie.

“Die onderlinge verskille kan Graan SA skade berokken en skeur tot nadeel van elkeen van ons. Net soos in die Wes-Kaap is daar ook in die noordelike produksieg­ebiede omstredenh­eid en verskillen­de standpunte daaroor. Ons ondersoek alternatie­we vir die termynmark.” (Sien ook die brief op bl. 8)

Steytler sê hulle neem kennis daarvan dat dit ’n sakemodel van die JSE is en dat die JSE besluit het om dit te behou: “Die aanbevelin­g is dat die kontantmar­kte in die onderskeie streke verder ontwikkel word om dit deursigtig­er te bestuur.” Hy sê dit is noodsaakli­k dat ander bemarkings­metodes ondersoek word en as Graan SA sy eie silogeriew­e moet skep, sal daarna ook gekyk word.

Hy sê Graan SA sal ook voortgaan om die billike berekening van die differensi­aal deur die JSE te moniteer en indien nodig by die JSE op die herbereken­ing daarvan aan te dring.

“Ek waarsku vandag die hele waardekett­ing van voedselpro­duksie in die land: Die produsente veg om ekonomiese oorlewing en enige uitbuiting moet verwerp word omdat dit die vermoë om genoeg voedsel te kan produseer, bedreig. Ons het eerlike, ordentlike mense in die waardekett­ing nodig wat die gevolge van hul optrede besef.” – NICO VAN BURICK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa