Landbouweekblad

Droogte wys plek-plek tande in Mpumalanga

- – GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE

landwye droogte wat SuidAfrika­anse boere in die somerreëns­treek desperaat laat voel, eis ook sy tol in Mpumalanga. Die greep wat die droogte op dié provinsie het, is nie so fel soos in Noordwes nie, sê mnr. Hennie Laas, uitvoerend­e hoof van Agri Mpumalanga.

Dit is egter veral in die distrikte Leandra en Devon in die sentrale Hoëveld baie droog. “Vanselfspr­ekend is dit veral droëland-mielieboer­e in dié distrikte wat geknel word deur die droogte.”

Laas meen egter dele van die suide van Mpumalanga, wat aan die Vrystaat grens, het nog ’n kans om ’n redelike oes af te haal, aangesien daar tot dusver genoeg en plek-plek selfs goeie reën in die gebied geval het.

Die noordelike dele van Mpumalanga, wat Delmas en gebiede aan weerskante van die N4-snelweg tot in die provinsie Limpopo insluit, blyk ook steeds ’n goeie, gemiddelde j aar te handhaaf. “Na raming s al daar vanjaar ’ n gemiddelde mielie- oes van 3 ton/ha tot 4 ton/ha op droëlande in die gebied gestroop kan word,” sê Laas.

LAEVELD HOU NOG

In die Laeveldstr­eek van Mpumalanga, wat Nelspruit en Komatipoor­t insluit, is die reënval ook tot dusver onder die gemiddelde. Boere wat subtropies­e vrugte produseer, kon egter steeds besproei omdat hul waterbronn­e nog hou sedert verlede jaar.

“Die boere in dié deel van die provinsie het goeie water gehad, maar moes steeds te midde van hoë t emperature produseer. Die provinsie se suikerriet­oes lyk goed, juis omdat dit oorwegend onder besproeiin­g verbou word,” sê Laas.

Veeboere in die provisie is bekommerd. Daar is nou genoeg water, maar hulle is onseker of

hulle deur die winter gaan kom as die droogte aanhou. “Die boere se hooi-opbrengs is ook nie so groot soos gewoonlik nie.”

Reënval het vanjaar ’n neiging gevolg waar een plaas ’n rekord-

oes het en ’n buurplaas omtrent ’n volslae misoes. “Dit het baie kolle en strepe in dié seisoen gereën en ons sien hierdie neiging oor die hele provinsie heen.”

bod op die mark en dit druk die prys af. Tans verkoop wortels van ’n goeie gehalte teen R1,00 tot R1,40 per kilogram. Teen ’n produksiek­oste, sonder vervoer en bemarkings­koste van R0,80 per kilogram teen ’n opbrengs van 90 ton per hektaar, is dit moeilik om die somme te laat klop,” sê hy. Hy is vol hoop dat die prys later in die seisoen sal styg.

Die uieprys het goed herstel sedert Januarie toe die gemiddelde prys per kilogram skaars R2 was. Van der Merwe sê die prys vir swakker gehalte is steeds onder druk, maar vir goeie eerste klas is die prys tans tussen R3,50 en R4,50 per kilogram.

Van Zyl sê die aartappelp­rys behoort net opwaarts te neig weens die droogte. “Tans is die Oos-Vrystaat nog aan die oes aan aartappels wat goeie reën gekry het. Van einde vandeesmaa­nd sal begin word om die aanplantin­gs te oes waar produksie weens die droogte ingeboet is. Die tekort aan voorraad behoort die prys op te stoot,” sê hy.  JOHAN VAN DER MERWE

 ??  ?? BO: Die bo-loop van die Vaalrivier buite Ermelo se vlak is laag. Vir veeboere wat op dié rivier staatmaak om waterbronn­e in die winter aan te vul, is dit veral kommerwekk­end.
BO: Die bo-loop van die Vaalrivier buite Ermelo se vlak is laag. Vir veeboere wat op dié rivier staatmaak om waterbronn­e in die winter aan te vul, is dit veral kommerwekk­end.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa