Landbouweekblad

‘BETREK LAND BANK BY HERVORMING’

-

OM

grondhervo­rming beter te laat werk, moet grond wat deur die staat aangekoop word, aan die Land Bank oorgedra word sodat dit as sekuriteit vir finansieri­ng kan dien, sê mnr. Andrew Makanete, ’n bankkenner.

Hy het op Graan SA se kongres gesê die f i nansiering­smodel v i r g r ondher v or ming werk nie omdat die Regering die koper is. Met die Regering se betrokkenh­eid neem dit die vermoë weg van die Land Bank en ander banke om finansieri­ng te doen. Daarom sit die Regering met die verantwoor­dedlikheid om nou die boerderye ook te finansier.

“Ek weet almal wil hê boere moet self eienaarska­p kry, maar dit gaan nie gebeur nie. Die staat gaan aanhou grond koop.” Makanete sê as die titelaktes egter aan die bank oorgedra word, kan die Land Bank die grond op lang termyn verhuur en die huurinkoms­te ontvang. Dan is die nodige kollateraa­l ook beskikbaar om lenings aan die huurders toe te staan.

Hy sê as aanvaar word dat R80 miljard aan grondhervo­rming bestee is en verskeie berekening­e toon dat die waarde van die bates wat aangekoop is, nou R16 miljard beloop, beteken dit R64 miljard se waarde is in die proses gemors.

Dit gaan nie daaroor om net te kritiseer nie, maar om die werklikhei­d van die situasie tuis te bring. As ’n kommersiël­e boer grond koop, neem dit jaarliks gemiddeld met 8% tot 10% in waarde toe. As die Regering die grond koop, verminder die waarde met gemiddeld 30%. Dit is nie volhoubaar nie.”

Makanete sê dit is vir hom onverklaar­baar dat wit boere grond kan besit, maar dat die staat die grond namens swart boere wil besit. – NICO VAN BURICK

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa