Landbouweekblad

Staat se stelsel is ‘bedrog’

-

DIT

is bedrog deur die staat om op hom op plase toe te spits met grondhervo­rming. Die werklike hervorming moet in stedelike gebiede wees waar miljoene mense nie eienaarska­p van hul eiendomme het nie, sê mnr. Leon Louw, uitvoerend­e direkteur van die Vryemarkst­igting.

Hy het in ’n terugvoeri­ngsessie oor die stigting se Khaya Lam-projek – ’n projek om swart huisbewone­rs te help om titelaktes vir hul eiendomme te bekom – gesê die aakligste deel van apartheid is ná 20 jaar steeds met ons.

“Net soos wat Verwoerd dit wou gehad het, is die meeste grond steeds in die hande van die Regering. Daar is tussen 7 en 10 miljoen swart gesinne wat oor geslagte heen in huise woon waarop hulle geen eiendomsre­g het nie.”

Mnr. Eustacie Davie, direkteur van die stigting, sê die loodsprogr­am vir Khaya Lam in die Ngwathe-munisipali­teit by Parys in die Vrystaat vorder goed. Daar is sowat 20 000 huise in die swart woonbuurte wat omgeskakel kan word in eiendomme met volle geregistre­erde eienaarska­p aan die bewoners.

Elke titelakte kos R1 850 en die stigting is van skenkings afhanklik om die werk te doen. Mnr. Christo Wiese, sakereus, het in sy persoonlik­e hoedanighe­id 200 titelaktes gefinansie­r. Tot dusver is 320 eiendomme omgeskakel en ’n verdere 280 is in die proses om omgeskakel te word.

Eiendomme wat voorheen geen waarde gehad het nie, se waarde styg tot gemiddeld R100 000 die oomblik as daar volle titel daarop is en dit ’n verhandelb­are eiendom word. Vir elke 100 huise wat geregistre­er word, word R10 miljoen se waarde vir die eienaars ontsluit.

Mnr. Perry Feldman, ’n boer van Parys wat by die projek betrokke is, sê baie plaaswerke­rs wil nie meer op plase bly nie omdat daar nie geriewe, soos skole en winkels, naby is nie. Boere raak nou betrokke om te help om vir hul werkers volle eiendomsre­g in die woonbuurte te verkry. – NICO VAN BURICK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa