Landbouweekblad

REGERING WIL NOU REGULASIES HERSIEN

-

DIE

Kabinet vereis dat die voorgestel­de regulasies vir die vestiging van ’ n Suid- Afrikaanse biobrandst­ofbedryf in die lig van voedselsek­erheid hersien word.

Dít blyk uit die antwoord op ’ n ope brief aan die Regering deur die drie voorste betrokkene­s wat hulle vir die vestiging van ’ n biobrandst­ofbedryf in Suid- Afrika beywer. Hulle gee in dié brief hul diepste misnoeë en teleurstel­ling te kenne met die voeteslepe­ry om die nodige regulasies in te stel.

Dr. Wolsey Barnard, waarnemend­e direkteur- generaal van die Departemen­t van Energie, skryf in antwoord op die ope brief deur PhytoEnerg­y, Mabele Fuels en Clean Tech Africa dat die konsep- beleidsdok­ument daaroor in Desember 2014 in ’n Kabinetsve­rgadering vir goedkeurin­g voorgelê is.

SUBSIDIEMO­DEL

Die Kabinet vereis egter dat die taakspan wat daarvoor verantwoor­delik is, eers die voorgestel­de subsidiemo­del en grondstof- protokol moet hersien, in die lig van “kommer oor voed- selsekerhe­id en verwante sake”.

In Wolsey se brief, wat Landbouwee­kblad bekom het, sê hy die hersiening­sproses behoort teen einde Maart afgehandel te wees, en dan sal die aangepaste beleidsdok­ument vir ministerië­le en uiteindeli­k Kabinetsgo­edkeuring voorgelê word.

Hy neem kennis van die bel eggers se kommer, maar sê hulle moet besef die beleidspro­ses betrek verskillen­de regeringst­rukture, en is nie ’ n vinnige proses nie. — MARLEEN SMITH

AFRIFORUM HET ONLANGS ’N SAMEWERKIN­GSOOREENKO­MS MET AGRI SA EN OOK DIE TLU SA GESLUIT. SIEN AFRIFORUM HOMSELF AS DIE GEMENE DELER IN GEMEENSKAP­SVEILIGHEI­D?

Dit sal ’n verkeerde benadering wees. Die regte benadering is eerder om te sê ons het elkeen ’n rol en dan toe te sien dat daardie onderskeie rolle so bymekaar inskakel dat dit die beste is vir die mense op grondvlak. Ons doel met dié ooreenkoms­te is om te sorg dat mense, nie net ons lede nie, vry, veilig en voorspoedi­g in Suid-Afrika kan leef.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa